Hoe om ‘n klomp tieners stil te kry

Vloek het ‘n algemene ding geword. Dit is nie meer vreemd dat mense vuil taal gebruik nie. ‘n Ding word in die ergste graad gesê en klaar. Geen filters is meer voor die mond nie. Jy is ook die verkeerde een as jy dit bevraagteken, wie is jy in elk geval?

Wel, ek haat dit. Ek haat ‘n gevloek en baie keer is ek in geselskap waar daar lelik gepraat word. En ek haat dit wanneer daar per ongeluk, wanneer ek myself regtig nie kan beheer nie, ook ‘n vuil woord uit my mond ontsnap, en dit gebeur wel, ek belowe. Gewoonlik bly ek maar stil, maar as dit iemand naby aan my is, sal ek die persoon attent maak daarop, en wel, ek het ook baie sulkes in my baie naby familie, jammer om te sê. Die waarheid is dat ‘n mense regtig nie ouliker is as jy vloek nie. Inteendeel.

Maar wanneer ek NIE kan stilbly nie, is wanneer mense my God se naam gebruik asof dit sommer net ‘n lekker stopwoord is. Wanneer hulle Sy naam gebruik omdat hulle geen ander woord het om te sê nie. Ek haat dit ek haat dit ek HAAT DIT, want of ons nou vir God wil erken of nie, HY HAAT DIT WANNEER SY NAAM SOMMER NET GEBRUIK WORD ASOF DIT ‘N NIKS IS NIE. Hy stel dit baie duidelik in Sy Woord en as ons verkies om dit te ignoreer, wel, dan is dit regtig jou saak!

Ek probeer gewoonlik op ‘n mooi manier vir die persoon attent maak daarop, sodat die persoon nie geaffronteerd voel nie. Wel, eintlik behoort hy geaffronteerd te voel, want God voel geaffronteerd daaroor!

Een dag, in Switserland, ry ons met die kabelkar van die Jungfraujoch af. Die kabelkar is vol gillende, jillende, Amerikaanse tieners en God se naam word in elke tweede sin uitgeskree. Ek kon later net nie meer nie, regtig, ek kon nie! My hart klop. Ek bewe. Ek hiperventileer.

En toe sê ek vir die meisie wat die naaste aan my staan, baie saggies:

‘May I tell you something, please? This God, who’s name you say in every sentence, is my God. He is a Living God and He really hates it that we use His name unless we talk TO Him, or ABOUT Him. ‘

Hulle het geen verdere woord gepraat nie, tot heel onder waar ons uitgeklim het nie. Doodste stilte in die hele kabelkar. Want sien, as hulle nie my God se naam kan sê nie, het hulle niks anders om te sê nie. Hul het ‘n tekort aan woorde gehad! En ek het nog lank daarna gebewe. 

(Terloops, ek het al gehoor dat mense sê die mense weet dit nie. Wel, ignorance is no excuse! Dan is dit my en jou plig om hulle in te lig.)

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Reis-ervarings and tagged , , . Bookmark the permalink.

43 Responses to Hoe om ‘n klomp tieners stil te kry

  1. AwethentiQ sê:

    Volpunte en ‘n goue sterretjie. En ‘n #LCHF #Banting-roomys want jou bekkie verdien jêm!

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Om ons Here se naam ydelik te gebruik, maak my ook siek op my maag, Toortsie. Gelukkig kom ek baie selde in situasies waar dit gebeur. En indien wel, tree Bertus dadelik op en vat die persoon aan.

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Jy weet ek “like” dit baie!!!!

    Like

  4. OOOOO ek is BAIE skuldig as dit kom by vloek. Die dag as my bloed kook dan brand jou ore rooi maar mens weet ook waar en wanneer jy so kan praat. Mans wat onder die belt praat voor vrouens maak my naar en natuurlik die alewige Amerikaanse super vloek woord. Wonder hoekom altyd God of Jesus en nooit iets soos Buddha of Allah.

    Liked by 1 person

  5. Ek hou hiervan – ek verdra glad nie hierdie lastery nie – selfs as daar op die tv die “sg oh my god” shows is, wys ek onmiddelik my verontwaarding sommer met my huismense ook omdat hulle dit nie dadelik oorgeskakel het nie. Ek kyk nie juis tv nie. God se naam is hedendaagse spreektaal vir die Amerikaners en dit is ons plig om hulle daarop te wys dat hulle ons Here wat lewe se naam verwoes! En ja, baie van ons jeug begin ook daarmee. Ek vervies myself ook as ek ‘n kras wrd gebruik – en werk hard daaraan om myself in ordentelike woorde uit te druk, maar partykeer, net partykeer soos gisteraand toe ek op my man afpyl toe kon ek weereens my die inhou nie ek was so vol verontwaardiging en kon net nie ander wrde vind om my beter te laat voel nie.

    Like

  6. Ek kan ook nie sê dat vloekwoorde my vreeslik beïndruk nie. Mens kan sekerlik probeer om jouself op ander maniere uit te druk.

    Liked by 1 person

  7. Andorize sê:

    So ‘n goeie voorbeeld vir die res van ons wat maar net stilbly en ‘n dowe oor gooi. Dankie hiervoor. X

    Liked by 1 person

  8. seegogga sê:

    Mooi gesê, Toorts! En toe is hulle tjoepstil. Ek fink r3gtug die Amerikaners kom nie eers agter dat hulle die heeltyd so praat nie. Ek het eenkeer n klient in ons restourant gevra om asb op sy taal te let omdat dit nie aangenaam is vir my en ook andet gaste om die heeltyf swetstaal te hoor nie. ( Hy het darem nie die Here se naam ydelik gebr nie, maar in elke sin was een of twee swetswoorde. Hy het groot omverskoning gevra- almal praat so by sy werk en hy het nooit agtergekom dat hy vloek nie.

    Like

  9. Storieklong sê:

    Ek swets, met of sonder rede, en dit sou oneerlik van my wees om verskoning te maak daarvoor omdat ek weet ek gaan dit netnou weer doen. In geselskap soos joune sal ek werklik probeer om myself soos ‘n semi-opgevoede barbaar te gedra, en die donker Afrikaans diep te bêre.
    Selfs vir ‘n gewoonte swetser soos ek is daar perke. Jy vloek nie enige mens, man of vrou, onder sy klere uit nie, en jy gebruik niemand se God se naam as ‘n vloekwoord nie. Nie Christen, Budhis, Moslem, Hindu of enige ander geloof nie

    Liked by 1 person

  10. Welgedaan … ek het met die skoolhou ook geleer dat mens baie bereik deur sag maar deurdringend die waarheid uit te spreek.

    Liked by 1 person

  11. Pragtig..So n bek moet jem kry.

    Like

  12. Ek vloek vreeslik, maar meestal my rekenaar as daai uurglasie so draai.

    Liked by 1 person

  13. ekmyselff sê:

    Ek kan ook vloeg, beslis doen ek maar God se naam is n groot NEE – ek sal ook mense reghelp wat dit doen, mens is nie altyd gewild nie en soms is die mense verbaas en stomgeslaan.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s