Toortsie se Bantingspyskaart -Dag 4

Vandag begin die Toortsie by die stoutigheid, by die aarbeiroomkaastert wat ek gister gemaak het. As hier so iets in die huis is, eet ek aanmekaar daarvan tot dit op is. Wie het in elk geval gesê dis nie kos nie? Dis dan roomkaas en room en neute en aarbeie?

Nou ja, julle sou mos die kaaskoek in Toortsie se Bantingboerekos maak in die plek daarvan.

Ontbyt:

2 gebakte eiers en tamatie.

Middagete:

Broccoli- en speksop uit Toortsie se Bantingboerekos

Aandete:

Op die vuur gebraaide skaapribbetjie. Jy kan dit natuurlik in die oond ook gaarmaak, kyk in Toortsie se Bantingboerekos.

Vars slaai met kropslaai, tamatie, komkommer, gherkins, olywe, bloubessies, fetakaas en wat jy ook nog wil bysit.

Daar is ook nog ‘n bietjie kool- en appelslaai oor wat sommer nou bedien word.

Lekker eet!

Bantinggroete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

5 thoughts on “Toortsie se Bantingspyskaart -Dag 4

Gesels saam, asseblief!