Baie draaie

Op Facebook het daar ‘n tert rondgeswerf: Super soet, superryk, beslis nie Banting nie. Dit lyk héérlik! Maar ja, nie vir Toortsie bedoel nie. Toortsie sal net daar dood neerslaan as sy dit eet! Skok op die niere, sien!

Maar Toortsie is ook maar mens en is mos eintlik ‘n suikerverslaafde, sy sien sulke goetertjies raak.

Sy volg die skakel totdat sy uiteindelik by die webblad uitkom. Dit lyk na ‘n veranderbare resep!

‘n Stuk papier word nader gesleep. Die koekiekors moet vervang word en daarvoor word Toortsie se Bantingboerekos nader gesleep. Ahaaa!, die neutekors sal werk!

Nou, die vulsel. Aanvanklik word die resep amper dieselfde gehou. Suiker word met xylitol vervang en orals word die ontoelaatbare vervang met toelaatbare.

Die tert word gemaak. Dis so ‘n dun, plat tert. Heeltemal te min vulsel en ONDRAAGlik soet!

Hoeveelhede moet verander word, maar nie verdubbel nie, dan is die bak weer te klein.

By poging nommer 3 word daar weer eens aan die hoeveelhede verander. Steeds te veel xylitol, heeltemal te min aarbeie.

Poging 4? Smaak amper reg. Steeds te soet. Hoeveelhede verder reg, tert lê bak net mooi vol.

Daar is ’n ander probleem! So 2 jaar gelede het ek my menger laat werk dat die rook uit hom trek! Letterlik! Daarvandaan is sy oemf uit. Ek was juis die dag van Pasella so bang dat hy kalf terwyl die kameras rol! Maar hierdie tert sit vir masjientjie ore aan, daar is net te veel klitswerk en sy asem is net te kort. Dis tyd vir ‘n nuwe menger.

Poging 5. Of is dit poging 6? 7?, wie sal weet, word gedoen met die nuwe menger. Hy klits soos ‘n droom. O gits! Die tertbak loop heeltemal oor! Té veel vulsel!

Hoeveelhede word weer eens verander. Daar is ook ‘n ander probleem: Dit word styf, maar dis tog maar of die vulsel wil uitpeul. Daar moet ‘n plan gemaak word.

Poging nr 9!

Ek dink hy is nou perfek! En al hierdie pogings moes verteer word in Toortsie se maag! Gelukkig Bant sy mos, en mag sy dit eet, anders het sy nou al weer gerol tot waar sy wil wees!

Ongelukkig te laat vir boek 2, hy moet nog sy beurt afwag, en nee, ek gaan nie nou al sy resep uitlap nie, dit wag vir ‘n spesiale dag. Wie sou ooit kon raai dat ek suinig sou raak met ‘n resep en dit op my oudag?

Terloops, mens sal, as jy dit vergelyk met die oorspronklike Facebookresep, maar min ooreenkomste sien. Dis heeltemal vertoortsie!

Ja, dis dieselfde foto as gister, ek wou sommer vertel hoe lyk die pad tot hier. Dis blykbaar navorsing! Ek hoor altyd die skrywers doen navorsing en dan voel dit of ek so ver te kort skiet!

Maar daar is baie lekker ander terte in beide die 2 Toortsieboeke, julle hoef glad nie afgeskeep te voel nie! Nou is ek eers klaar met die aarbeiroomtert. Dis tyd om ‘n nuwe iets te probeer.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge and tagged . Bookmark the permalink.

12 Responses to Baie draaie

  1. balijati sê:

    Jy mag maar suinig wees met ń resep waarin soveel navorsing (tyd,geld en geduld) gegaan het.

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Dit was nou lekker om te lees hoe jou proses verloop. Lyk werklik heerlik.

    Like

  3. Dit lyk sommer vreeslik lekker. Ek het te min geduld om te prober en weer en weer te prober, so mense soos jy moet die prober vir my part doen. Dankie vir mense soos Toorts

    Liked by 1 person

  4. Kameel sê:

    Jy het genoeg woema….. en spasie vir die etery….. vir ons ander. Na eerste probeerslag het ek tou opgegooi…. en my storieboek verder gaan lees. Doen so voort!!!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s