Dit was gister ‘n luilekker Sondag en my spyskaart vir die dag het só gelyk:
Vroegoggend in die bed: Dubbelroomjoghurt met ‘n klein piesang daarin opgesny. (Hier’s die Toorsie weer!)
Ontbyt: 2 eiers (Daar moes mos nog ‘n tamatie of iets ook by wees!)
Middagete:
Braaivleis. Skilpadjies (lewer in netvet) vir voorgereg.
Skaaptjoppies en ‘n heerlike mengelslaai met kropslaai, tamatie, komkommer, avo, feta, en nog ‘n paar lekker dinge daarin.
Laatmiddagversnapering: Die vinnige roomkaastert uit Toortsie se Bantingboerekos.
Aandete: Kool- en Tunaslaai uit Toortsie se Bantingboerekos. (As jy dit nog nie gemaak het nie, maak dit gerus. Dis heerlik en verfrissend.)
Toortsie se Banting resepteboeke is tans teen ‘n spesiale prys beskikbaar as julle direk by my bestel.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif