‘n Kompetisie binne ‘n kompetisie!

Hierdie Banting Gewigsverlieskompetisie raak net al hoe opwindender by die dag! Hoor net hier: Mrs Martin’s Mikrobes wat die wonderlikste skoonmaakreeks het, bied ‘n Mrs Martin’s beginnerspak aan as prys! Die waarde daarvan is R800 en hulle sal dit self koerier na die wenner hiervan, wat die waarde van die prys R950 maak.

Maar dis nog nie al nie! Hulle bied ook ‘n kompetisie in die kleine aan vir hierdie selfde kompetisie. Hulle gaan ‘n gratis kaartjie skenk aan een van hulle kliënte (waarde R650). Noem dit nou besigheid, né?

Hoe werk mikrobes vir skoonmaak?

Mrs Martin’s skryf:

So onlangs as 150 jaar gelede het Joseph Lister eendag voorgestel dat dokters hulle hande moet was en instrumente moet steriliseer voor operasies. Die skoner teatertoestande het daartoe gelei dat prosedures oneindig suksesvoller was as voorheen. Skielik het mense verstaan hoe belangrik higiëne is. Vandag nog word gereelde was van hande ’n baie belangrike aspek van gesondbly gereken.

ALLE BAKTERIEË SKADELIK?

Maar êrens het ons alle bakterieë as ‘skadelik’ begin aanskou. Oormatige gebruik van anti-bakteriële middels uitwendig, en antibiotika inwendig, het wel aansteeklike siektes laat minder word, maar nou sit ons met allergieë en outo-immuunsiektes en wonder hoekom. Nuwe navorsing dui al hoe meer op hoe voordelig meeste bakterieë regtig is, en hoe kompleks jou verhouding met jou eie mikrobioom is.

WAT IS BAKTERIEË EINTLIK?

Bakterieë is eintlik mos eensellige fabrieke. Hulle gebruik die boustowwe wat hulle in hulle omgewing vind, om allerhande nuttige samestellings te vervaardig. Ons gebruik reeds bakterieë om goed soos antibiotika, vitamines, proteïene, inentings en ensieme vir ons te vervaardig.

Afval word ook baie doeltreffend deur bakterieë afgebreek. Wanneer ’n besoedelde area deur mikrobes herstel word, word dit bioremediëring genoem. Miskien het jy al gelees van groot olie-stortings soos die Exxon Valdez (wat 380 miljoen liter olie in die see gestort het), of die Deepwater Horizon boor (wat 800 miljoen liter olie gelek het). Omdat ru-olie ín die natuur voorkom en soms in die see inlek deur die seebodem, is daar reeds bakterieë in die see wat die koolwaterstowwe in ru-olie, kan verteer. Wat opruimwerkers moes doen, was om hierdie bakterieë se getalle groter te maak deur nog daarvan in die see te spuit. Dit word biologiese aanvulling genoem.

INHEEMSE BACILLUSBAKTERIEË

Hier in Suid-Afrika is daar al meer as ’n dekade gelede besef dat bakterieë wat behoort tot die bacillus genus, baie nuttig aangewend kan word. Bacillus bakterieë is staafvormige, aerobiese bakterieë wat spore vorm. Die spore is bestand teen hitte, koue, bestraling en uitdroging asook ontsmettingsmiddels. Dit beteken hulle is nuttig as aktiewe agente in skoonmaakmiddels.

Beide die beginsels van bioremediëring en biologiese aanvulling word ingespan. Kom ons dink aan ’n stortvloer. Die goeie bacillusbakterieë is klaar teenwoordig op jou stortvloer. Jy kan dit nie help nie en dit beteken nie jy is vuil nie. Hulle is daar omdat bakterieë oral is en omdat daar vir hulle kos is. In plaas daarvan om daarteen te stry en jou stort steriel te probeer kry (onmoontlik, want die lug is ook vol bakterieë; onnodig, want dis nie skadelik vir jou nie!), kan jy die beginsel van biologiese aanvulling toepas. Gebruik ’n skoonmaakmiddel wat die populasie aanvul!

Ek gebruik al ‘n geruime tyd Mrs Martin’s se mikrobes in my huis en dis regtig lieflike produkte. Baie dankie vir hierdie wonderlike prys. Ondersteun gerus hierdie borg.

Vir meer inligting rakende die kompetisie en die inskrywingsvorm, kliek op die gemerkte woorde. 

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Groete,

Toortsie

Vir meer inligting rakende die kompetisie en die inskrywingsvorm, kliek op die gemerkte woorde. 

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees.

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.

1 thoughts on “‘n Kompetisie binne ‘n kompetisie!

Gesels saam, asseblief!