Wêreld Koor Olimpiese Spele

Weet julle dat daar so iets is soos die Wêreld Kore Olimpiese Spele? Miskien is julle baie ouliker as ek, maar ek het maar eers in hierdie jaar daarvan gehoor. Dit word elke twee jaar gehou en hierdie jaar was dit in Pretoria!

My dogter het my saamgenooi en Woensdagoggend het ons Pretoria toe gekom vir die belewenis van ‘n leeftyd.

Sommer net vir die interessantheid:

Volgens Wipikedia is die WCG die grootste koregeleentheid in die wêreld. Ek het iewers gehoor dat daar 66 lande was wat deelneem en 27 kategorieë. (Google: World Choir Games)

Ons het ‘n verskeidenheid kore gesien van dwarsoor die wêreld in verskeie pragtige lokale en ‘n groot variasie van klein kore met 9 lede, tot groot kore met oor die 100 lede. Sommige was energiek, ander formeel, party het gedans, ander staan doodstil.

Die kostuums was almal so mooi en elke keer het ek gedink: Nóú het ons die beste gesien.

Die kamerkore was mooi verby, die jeugkore in ‘n klas van hul eie, die folkloreklas net elkeen spesiaal. Die koor wat elke keer vir my uitgestaan het, is ‘n jeugkoor uit Namibië, wat by die Spirituals was en weer by die Folklore. Die skoolkore uit Suid-Afrika was elke keer van uitstekende gehalte en ek was nie een keer skaam as daar ‘n koor uit SA opgetree het nie.

Die heel eerste koor wat ek gesien het, was ‘n Chinese koor by die Folklore-afdeling. Dit was totaal vreemd op die oor, maar so mooi! Ek het Chinese kore by ‘n hele paar afdelings gesien, en elke keer was hulle mooi, met die mooiste klere.

Ek is so dankbaar vir hierdie voorreg wat ek kon hê. Ek sou graag ‘n paar blog- en ander vriende wou opsoek, maar daar was net nie tyd daarvoor nie. Ek gaan met ‘n vol hart huis toe en begin al klaar droom oor die Wêreld Koor Olimpiese Spele 2020 in België. Wie weet of dit nie dalk iewers in ‘n verrassingspakkie sal wees nie?

Groetnis

Toortsie

29 thoughts on “Wêreld Koor Olimpiese Spele

  1. Hier by ons is koor geleef, gepraat en geslaap die afgelope twee weke, want my dogter is ‘n selferkende “choirnerd”. Sy het deelgeneem as lid van die Rheinberger Kamerkoor,in die gemengde kore afdeling, en hulle het ‘n derde plek en goud behaal. Sy het ook baie van die optredes gaan kyk en kan nie uitgepraat raak nie

    Like

      1. Komende Vrydagaand repeteer ons, die East Rand Choral Artists, hoeka aan die Requiem wat ons in September uitvoer. Ek gun myself nie weeklikse koor nie, maar die projekte pas my. Capital Singers lê ook voor 🎶🎵

        Like

        1. Ek is Jaloers! Ek is dankbaar oor die een Vapital Singers wat ek kon doen. Ek twyfel of ek ooit weer die geleentheid sal kry vir CS omdat my rug regtig te swaar kry. Verlede jaar Des het gewerk omdat oms net een optrede per dag gehad het en ek bedags kon rus. My lyf sal nie die druk program soos dit in Sept is, kan hanteer nie.
          Weeklikse kooroefening is tans ook vir my uit. Ag wat, ek doen ook maar my ding! Geniet joune!

          Like

  2. Jy het nie dalk ook Laerskool Garsfontein se koor sien optree nie, Toortsie? Ons skool is vreeslik trots op die kinders se harde werk.
    En het jy dalk by die Sun Arena ook na n optrede of twee gekyk? Dan was jy so km van ons huis af!

    Like

    1. Ek het min laerskole gesien. Ek kan nou regtig nie onthou nie!, is mos swak met die name, maar ek dink nie so nie.
      Ons was by die Aula, Unisa, Loftus Park, Boys High, St Alban’s Cathedral, Musalon.

      Liked by 2 people

    2. Ek dink eerlik dat elke skool wat gaan deelneem het, werklik trots mag voel. Dit moes geweldig harde werk wees om die kinders op daardie hoë vlak te kry en elkeen se program was 15-20 minute as ek dit reg het. As hul aan meer as een kompetisie deelgeneem het, dubbeld die werk. Well done!

      Liked by 1 person

    1. Wel, hulle was regtig uitstekend. Ek het hul die eerste keer by die spirituals gesien, toe het hul al uitgestaan. By die folklore het hulle boesmans voorgestel. Ongelooflik! Hul het dit regtig verdien.

      Like

  3. Pragtige fotos wat die internasionale aspek daarvan beklemtoon. Ek het voordat my kind se betrokkenheid by hulle skoolkoor van die koorspele geweet ‘n kollega se dogter is in HS Stellenberg se meisieskoor en hulle 2 jaar terug bae goed gevaar in Riga

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!