Dis nou maar een ding wat waar is: As die towerinne ‘n gebied betree, gebeur daar dinge in daardie gebied. Die stad of dorp of plaas wéét van hulle.
Die towerinne kuier mos tans in Pretoria, soos ons orals op die blogs sien. Hulle spring valskerm, ontstig die opera, wat nog alles, en vertel van al hulle herinneringe.
Wanneer julle hoor dat die Toortsiespan Pretoria toe kom, moet julle ook maar vroegtydig koes. As daar nie ‘n kragonderbreking van hoeveel dae gebeur as sy kom kuier nie, skuil Toortsie agter ‘n flipfile vir ‘n donderstorm en laat mense hoe lank in die reën staan en wag omdat sy so verskriklik bang is vir die weer. Sy parkeer met haar kleine huurkarretjie op die VIP-parkering en laat Uber verrrr terugry vir haar koorlêer wat sy in die gastehuis vergeet het.
Of die Toortsie en haar dogter neem ‘n hele toer van Gauteng in ‘n middag se tyd op soek na PRETORIA! Elke liewe bord wys Pretoria, maar hulle hou verby in hulle soeke na Unisa. Dankie tog vir bloggers en vriende wat die kersie se liggie helder hou!
En dan was daar die dag wat die Toortsie en haar boerderyvennote met die 4×4-vlug vlieg en genadiglik Lanseria haal en daardie aand die hele Pretoria op horings het toe hulle die Gautrein met 2 minute mis, amper ‘n taxi-oorlog veroorsaak het, nie hulle voertuie by die Gautreinstasie kon afhaal nie, amper dubbel soveel mense in die gastehuis sou huisves, maar tog, baie ure later, almal veilig by hulle huise was. (Mag ek sê, ons het lekker gelag daaroor?)
Toortsie en haar vriendin het ook een aand voor die Staatsteater gestaan en wag vir die Uberkar wat haar moet oplaai, maar hy draai en draai en draai en die Staatsteater loop leeg, totdat daar op die ou end net drie dames en een man staan … Uber hét opgedaag en gewag tot die ander dame se mense haar kom oplaai.
In daardie Pretoria het Toortsie ‘n Unisa musiekkompetisie van haar dogter beleef, wonderike tye saam met Capital Singers beleef, wonderlike blogmaats ontmoet, en ook die Wêreld Koor Olimpiese Spele beleef. Toortsie het regtig wonderlike herinneringe aan Pretoria.
Dit het gebeur op die trein na Pretoria
Die weer was bitterlik koud
In ‘n hoekie sit ‘n meisie
Sy lyk vir my skaam en benoud
En ons towerinne? Ons kuier tog te lekker in Pretoria!
Die towerinne se virtuele toer kan hier gelees word: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Groetnis
Toortsie
Julle is ń wille klomp mense as julle diè kant ń draai kom maak!!!😉
LikeLiked by 1 person
Man, dis soos om goed wat op hok staan, los te laat!
LikeLiked by 1 person
Toortsie op volstoom, banting energie tot die mag twee. Onse Toortsie Twister, tornado deur Pretoria…ek is uitasem gelees. 😉😉
LikeLiked by 1 person
Dis darem ‘n paar keer se kuiers! Genadiglik nie alles op een slag nie! Maar ek wás bang dat Pretoria vir my ‘n brief sal stuur en vra dat ons eerder verbyhou. 😂
LikeLike
🤣🤣🎢
LikeLiked by 1 person
Jou ervarings het my nou skoon benoud gemaak, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig nie alles op een slag nie!
LikeLiked by 1 person
😁😁😁😁 Jip dis Toorts in Pretoria!!!
LikeLiked by 1 person
Jajaaa, jy weet!
LikeLiked by 1 person
Kom doen dit weer….ons looovvveeee julle wat van die plaas af kom kuier!!!
LikeLiked by 1 person
Ons krap jullebesigheid totaal om, veral as ons ‘n klompie bymekaar is.
LikeLiked by 1 person
” … op ‘n trein na Pretoria …” klink amper soos ‘n liedjie van die Briels. Lyk my jy sing nog eenstryk deur Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Scrapy het my aan hierdie liedjie laat dink. Kom ek sê so: ‘n Vriendin van my dogter het een keer gesê my
dogter se ma sing altyd: In die kar, in die huis, as sy skottelgoed was. Al waar ek nie sing nie, is in die stort.
Die waarheid is egter dat ek deesdae eintlik baie min sing.
LikeLiked by 1 person
My Zulu buurvrou by die vorige kompleks het ‘n pragtige stem gehad en sy het so gesing terwyl sy huiswerk gedoen het. Ons kon mekaar nie sien oor die heuwel nie, maar klank trek ver deur die bosse en ek het haar uitvoerings geniet.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop nie ek werk op mense se senuwees nie!, ek dink ek doen soms. Veral wanneer mense moeg is of gespanne, dis juis sulke tye wat ek aan die sing raak, dis vir my ‘n weerligafleier.
LikeLiked by 1 person
Ek sou juis dink dat sang en musiek ‘n kalmerende invloed het.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop so. 🙂
LikeLiked by 1 person
Lekker ou Toortsie en haar Pretoria dinge! Waar jy is gebeur dinge sommer in die hardloop. Dis lekker om so saam te kuier en saam te beleef. Die “ou” Pretoria maak ons ststalgies en die “nuwe” Pretoria laat Toortsie op n hoë noot terug vlieg huistoe.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Seegoggaherinner my nou net van ‘n keer wat ek en sy vir Una loop red het. Wat het toe nou weer gebeur?
LikeLike
https://seegogga.com/2018/07/04/skryfsafari-una-gered-en-skryfgedagtes-oor-blog
LikeLike
Wonder ek ook????
LikeLike
Toorts, ek neem aan jy het ‘n sjarmante Overbergse aksent? G’n wonder jy slaan die Pretorianers se voete onder hulle uit nie…
LikeLiked by 1 person
Sjarmant? Ek weet nie! Maar duidelik!
LikeLiked by 1 person