Oom Angus

As daar van oom Angus gepraat word, kry jy baie opinies, veral op sosiale media. Party maak ‘n grap van hom, ander neem hom ernstig op. Party mense aanbid amper die grond waarop hy loop, terwyl ander hom in dieselfde grond in wil vertrap. Ek gun elke persoon sy opinie.

Ek het nog nooit een van sy saamtrekke bygewoon nie, maar wanneer ek by mense wat al daar was, daarvan hoor, of wanneer ek op blogs daarvan lees wat mense wat dit beleef het, skryf, is dit net goeie goed. Ek het ook nog nie so baie van sy programme op TV gekyk nie, maar die enkele kere wat ek dit wel gekyk het, het ek gehou van wat ek sien.

Gisteraand het ek ‘toevallig’ een van sy programme gekyk, en die gedagte wat in my kop opgekom het was: ‘Hy is ‘n profeet.’ ‘n Tipiese profeet.

Hy sê wat hy voel gesê moet word, of die mense daarvan hou of nie. Want, tipies soos in die Bybelse tye, het die mense ook nie daarvan gehou as die profete gepraat het nie. Vir hom is die waarheid van kardinale belang. Vir hom gaan dit oor God, ons verhouding met God en dat God verheerlik moet word, nie oor homself nie. Vir hom is sy stiltetyd saam met God nommer een. Dís waar hy sy krag vandaan kry. Hy lees, bestudeer en oordink die Bybel daagliks, hy vertel van sy eie belewing van God. Sy hoofdoel is om mense na God toe te laat draai. Niks anders nie. Dis sy roeping en dis wat hy doen, of ons daarvan hou of nie, of die skoen ons pas of nie.

So, hierdie is my opinie, jy mag met graagte ‘n ander opinie hê en ons gaan nie mekaar hieroor verskeur nie. Ek gaan ook glad nie ‘n opinie gee oor wat sy uitlatings is en of ek daarmee saamstem of nie, ek wou maar net skryf wat my gewaarwording daaroor is. Ek sal graag in die toekoms Sondagaande na sy program kyk.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Stel jou voor!

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

12 thoughts on “Oom Angus

  1. ‘n profeet is hy definitief…. en dat hy teenstand gaan kry is te verstane. Profete was nie geliefd nie en moes darem die eienaardigste dinge doen. Soos Esegiël wat vir ‘n jaar op sy linkersy moes lê, en Israel se sonde vir daardie tyd op hom neem. Oom Angus het genade van ons nodig, al verstaan ons nie aldag nie.

    Liked by 2 people

  2. My persoonlike mening: geliefde profeet van God die Vader. Ek het baie respek vir hom en die feit dat als wat hy sê en doen aan die Bybelse waarheid gemeet kan word. Ek sal nie mense wat die woord verkondig slegmaak nie want elke keer as iemand dit doen vra ek hoeveel siele het jy al vir die Here gewen? Nou ja toe…

    Liked by 3 people

  3. Ja, profete word nooit in hulle eie land geeër nie. Toorts, jy bring my nou by ‘n ander gewaarwording. Die onwillinge, wegkykende, kritiserende, woedende gelowiges wat so lelik praat oor mense soos Oom Angus, hoe en wie is hulle Jesus. Ek ken nie die weergawe van Jesus wat mense se tonge in swaarde en harte in klip verander nie. Die Jesus wat ek ken is nederig, is lief vir almal ten spyte van soveel tekortkominge. Jesus se pad en voorbeeld was nie maklik nie, hy belowe dit vir sy volgelinge ook, die dat Oom Angus voortbeur. Ons moet ook maar liewer ongewild wees as ons moet kies tussen mense en ons Here se weg.

    Liked by 3 people

    1. ‘n Vriendin het een keer in ‘n baie ongemaklike situasie vir haar hoof en die hoof van die beheerraad gesê dat sy kies om eerder na God te luister as na mense. Hul het nie so erg maklik daaraan gesluk nie.
      Jy praat baie waar.

      Like

        1. Sy het maar baie hindernisse gehad om te oorkom, maar dit gaan deesdae goed met haar. Ek is seker sy het sterker anderkant uitgekom en dat die 2 here oor die saak sou dink, want al drie van hulle is ware kinders van God.

          Like

Gesels saam, asseblief!