Swart Maandag

Ek weet dat dit dalk voel of dit by ons ore en neuse en waar nog orals ingedruk word, of ons wil skree!

Ek vas vandag en dra swart vir elke boer in hierdie land, en ook vir elke ander persoon, boer of nie boer nie. Ek bid en vas vandag vir die veiligheid van elke persoon in hierdie land, ongeag ras, kleur, geloof, werk of wat ook al. Ek bid vir elke saamtrek wat op verskillende plekke gebeur, elke gebed, elke persoon wat vas. Mag God ons hoor. Ek beroep my op God en op Hom alleen. Ongelukkig het ek geen ander plek of iemand om my op te beroep nie en ek bid dat God sal hoor en sal help. Ek wéét Hy sal.

Ek bid vir wonderwerke wat sal gebeur dat mense Sy grootheid sal ervaar en in verwondering sal staan. Ek beroep my op die profesie wat iemand vir my gestuur het, dat die tyd van wildernis verby is en die tyd van verwondering hier is. Mag dit waar wees vir ons land.

Mag mense terugdraai na God toe. Hy is ons antwoord, ons enigste antwoord.

Mag ons God se wonderwerkende krag sien en ervaar en as ons selfs die kleinste wonderwerkie gewaar, dit verkondig, dat die klein vlammetjie wat God in ons harte asnsteek, ook iemand anders se hart verwarm. Ons mag nie stilbly as ons ‘n wonderwerk ervaar nie. Mag ons die eer aan God bring wat Hom toekom. Hy alleen is Koning.

Kom ons draai terug na Hom!

Toortsie

3 thoughts on “Swart Maandag

Gesels saam, asseblief!