Singing all the way!

Die Here bring wonderlike geleenthede oor my pad wat ek met al my hande aangryp, maar soms, vermoed ek, gryp ek nog ‘n ekstra paar ook nog by.

Annabelle Lombard het al ’n paar keer geskryf van die Capital Singers en dan kwyl ek behoorlik van lus en wens dat ek daarvan deel kan wees, maar helaas. Dis in Pretoria en ek sit mos hier onder aan die Suidpunt van Afrika. Skud julle die landkaart, val ons in die see!

Die Stellenbosch-geleentheid kon ek nie bywoon nie en toe kom die advertensie: Belangstellendes kan inskryf vir die kersuitvoering van Capital Singers in Pretoria. Ek soek maats, vra op Facebook, maar niemand reageer nie. Dis ook maar die beste so, daar is regtig nie nog daarvoor ook tyd hierdie jaar nie.

Uit die bloute vra iemand anders vir my of ek saamgaan, sy gaan dit doen, en tipies Toortsie, doen ek voor ek dink en skryf in, bespreek verblyf en betaal vliegkaartjies. Ek gaan sing in Capital Singers! 😁💃

Die verstand het wel later ingeskop, maar gedane sake het geen keer nie. Oor 6 weke sing ons!

En nou leer ons liedjies aan vir ‘n vale. Pak ek skottelgoed weg, sing my selfoontjie met Toortsie agterna. Pendel ek, blêr die musiek op die radio. Ry ek gou winkel toe, dan Jingle Toortsie All the Way. Toortsie sing in die stort en in haar slaap en op alle moontlike plekke. Dis hoog, maar sy kom by. Die keel is skoon seer!

As alles goed gaan en die Here dit so wil, sing Toortsie vanjaar by die Capital Singers se kersuitvoering. Dis nou rof, maar weet julle hoe bly gaan ek wees dat ek dit gedoen het? Dis ‘n eenmaal-in-‘n-leeftyd geleentheid en ek hanteer dit so. Ek doen dit voluit. Nog iets spesiaals wat ek op my lewenservaringslysie kan sit. En wie weet, dalk kom hulle weer eendag Stellenbosch toe en kry ek dalk weer die geleentheid. Maar vir nou gaan ek voluit.

Onthou om te kom kyk, dit gaan mooi wees! 😁💃❤️

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

39 Responses to Singing all the way!

  1. Ek dink ek moet gaan kyk

    Like

  2. Het verlede jaar een van die Capital Singers se uitvoerings bygewoon – dis werklik ‘n belewenis! Dit moet wonderlik wees om self daaraan te kan deelneem.

    Liked by 1 person

  3. travel460 sê:

    Ek gaan ook probeer kyk, Toorts. Wonderlike geleentheid wat jy gekry het, wow.

    Liked by 1 person

  4. Ek verwonder my aan jou! Jy gryp regtig elke dag en maak dit joune. Bravo!

    Like

  5. Haa..die Toorts kan kook, bak, boeke skryf en nog sing ook! Wonderlik!

    Like

  6. Mensig Toortsie jy is voorwaar ń dame met vele talente en onder die maatemmer word hulle beslis nie weg gesteek nie. Bravo vir jou

    Liked by 1 person

  7. Gaan voluit en geniet dit terwyl jy kan. Dis n heerlike vooruitsig.

    Liked by 1 person

  8. Dis ‘n wonderlike geleentheid! Geniet elke oomblik!

    Like

  9. Aspaai sê:

    Geniet die wonderlike geleentheid met albei hande aan en geniet elke oomblik daarvan!!!🤗

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s