Mag ek dit maar noem?

Mag ek dit maar vertel? Mag ek dit maar noem, sonder die bedoeling om te spog? Sommer net omdat ek so geseënd voel?

Toe ek durf waag het om met die heel eerste druk van my Toortsie se Bantingboerekos sommer 500 (VYF HONDERD!) te druk, het ek gebewe soos ‘n riet. Genade! Wat het my besiel? 500! Dit was Desember 2015.

In Februarie 2016 moes ek weer druk en waag toe 400.

Ek het weer laat druk, en weer … die laaste keer het ek sommer ‘n GROOT sprong gemaak.

Ek lees by SA Vryskutskrywer se blok dat in Suid-Afrika, ‘n boek blitsverkoopstatus kry wanneer 3 000 verkoop is. Drie duisend boeke! Genade!

Wel, ou Toortsie is nog verrrrr van 3000 af, om die waarheid te sê, sy is nog nie eers halfpad nie!

Tog voel ek nederig dankbaar, nederig bly om te kan sê dat daar defnitief al 1 200 boeke base gekry het. 1200 boeke! EENDUISENDTWEEHONDERD Toortsies!  Die Afrikaans verkoop baie beter as die Engels. Om die waarheid te sê, vandat die Engels uit is, doen die Afrikaans soveel beter. Iemand het destyds vir my gesê dat elke Afrikaanse boek wat verkoop, die pad oopmaak vir ‘n Engelse een. Die Engels is nog baie onbekend en ek weet eintlik nie hóé om dit te bemark nie, maar dit voel vir my of die Engelse boeke die pad vir die Afrikaanses oopmaak.

Ek voel trots. Dankbaar. Bly. Steeds nederig. Want Toortsie is ‘n self-publikasie. Toortsie word nie in boekwinkels landwyd versprei nie. Toortsie is maar in ‘n paar winkels waar ek al aangeklop het. Verder help Toortsie die SA Posdiens om op die been te bly met die boekies wat elke week gepos word.

Toortsie word verkoop in die vreemdste plekke: ‘n Boekwinkel, ‘n velsorgkliniek, ‘n SKOENwinkel, geskenkwinkels, padstalle, ‘n klerewinkel, restaurante en KOEKWINKELS! 🙂 Vir ‘n volledige lys van winkels wat dit aanhou, kan jy HIER kliek.

Ek sien WordPress skryf soms van bloggers wat boeke gepubliseer het, ek wonder hoe ‘n mens by hulle sal uitkom?

Maar eintlik wou ek maar net vir julle vertel. Ek was so verskriklik skaam en bang om die boek uit te gee. Op 27 Julie 2015 het ek terloops genoem dat ek dalk ‘n boek wou uitgee en die blogmaats het die geleentheid gegryp om my aan te moedig. Gaan lees ‘n bietjie in die kommentare hoe oulik die blogmaats was.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Eerder kwaliteit as kwantiteit

Toortsie op Pinterest

toortsie_2016_photographybylize-33

22 thoughts on “Mag ek dit maar noem?

          1. Baie dankie = ek sal op jou blad gaan loer. Ek kon vaagweg onthou dat jy voorheen daaroor geskryf het. Die polldaddy.com is egter net ‘n klomp hierogliewe.

            Like

  1. Hiep hiep hoera! Geluk Toortsie, 1 200 boeke is fantasties. Ek glo dit is omdat jy ñ ‘gee’ mens is. Van jouself, van jou woorde, van jou liefde. Daardie 3 000 status lë om die draai en wag. Dankie vir jou deel met ons.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!