1 Jaar van Banting

Vandag, 27 Julie 2015, is dit presies een jaar sedert ek begin Bant het, en nee, ek kyk nie een oomblik terug nie.

Ons was die Saterdagaand op Struisbaai en vriende van ons, wie die week tevore begin Bant het, het by ons kom eet. Toe ek hoor dat hul huisdokter dit vir hul voorgeskryf het, het ek net daar besluit om dit te probeer. Op daardie stadium hét ek ook al sterk in daardie rigting begin dink. Ek het die aand baie vrae vir hulle gevra, en toe hul ry, het ek onmiddellik die e-boek vir my gekoop en begin lees.

Die volgende oggend het ek, met eintlik geen Banting-vriendelike kos in die huis nie, begin. Daar was darem twee eiers en ‘n stukkie botter in die yskas en iemand wie die huis gebruik het, het ‘n pakkie baie onsmaaklike wors in die vrieskas vergeet, wat ek kon gaarmaak.

Dit was net die begin. Dat dit ‘n groot omwenteling vir my was, is nie altemit nie!  Wat mag ek eet?  Wat mag ek nié eet nie?  Maar mettertyd het dit ‘n leefstyl geword. Ek het Pinterest ontdek waar baie Banting-vriendelike resepte is, maar die meeste van als het ek, en doen ek steeds, my eie resepte net aangepas.

Ek kook nie snaakse kosse nie, net gewone boerekos. Regte kos, soos ons so graag by Banting sê. Soveel so dat ek al begin dink daaraan om ‘n boerekos resepteboekie uit te bring: “Toortsie se Banting Boerekos”… of dalk… “Kook met Room”! Nie Gourmet Foods nie, net gewone elkedagse kos, soos Waterblommetjiebredie, Kerriekos, Tamatiebredie, Gebakte snoek, Skaapboud, ens.

Nou ja, ‘n jaar later, 13 kg ligter en baie opleeswerk verder. Ek glo ek is op die regte pad. Ek kry opmerkings soos, “Jy lyk gesond”, “Jy lyk al hoe jonger”, ens en dit wil al vir my lyk of die altyd teenwoordige donker kringe onder my oë ook ligter raak. Kosse wat ek voorheen nie sommer kon eet nie, kan ek skielik eet…

Steeds probeer ek niemand oortuig om die Banting eetplan te volg nie. Sou jy dit wou volg, raai ek jou aan om eers jou dokter te raadpleeg.

Maar vir my? Ek kies om dit te doen.

Lekker verjaar, ou Banter!

Toortsie

Ek lys alle boeke wat ek bespreek, op Pinterest.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

38 Responses to 1 Jaar van Banting

  1. seegogga sê:

    As jy nou suksesvol wil wees, wil geldmaak(en beroemd raak): skryf daai boek so gou moontlik! Dit sal n treffer wees! Gee dit uit in Afrikaans en Engels papier en e. Jy kan mi verkeerd gaan nie. Pasop vir lank draai anders doen ander dit vir jou.
    Ek plaas solank my bestelling.

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    Neewat daar is nog heeltemal te min resepteboeke daaroor. Laat waai!

    Like

  3. Veels geluk met jou Banting verjaarsdag! Dis n mylpaal om dit vir n jaar te gedoen het. Sal ook graag van die eboek ding wil weet. Wil my kort storietjies in n eboekie sit en dalk my Toeka-Tokkel ook.

    Liked by 1 person

  4. Manewales sê:

    Daai boek klink vir my heerlik. Nie omdat ons Bant nie, maar wel vrek oor die soort kos van tyd tot tyd.

    Like

  5. Kameel sê:

    Die jaar het voorwaar gevlieg…. net nou die dag het jy oor banting begin skryf. Geluk…. mag daar nog vele roomryke jare vir jou voorlê 🙂

    Like

  6. Vlindersag sê:

    ‘n Afrikaans banting boek sal ‘n plus wees, so ek sal beslis in die ry staan, veral met gewone boerekosse! Ek het begin vind dat ek soos die ouderdom aangaan regtig weerstandig begin raak vir te veel witbrood en carbs. Dit vererger my migraines en my dikderm hou ook nie daarvan nie. Ek wens net ek het die motivering gehad om net te begin bant en my gunsteling brood en lekkernye uit te sny! Ek kry dit net vir klein rukkies reg met baie slegte gevolge. Hou so aan, jy is wel ‘n inspirasie, want ek lees alles wat jy skryf oor banting en prosesseer dit. So eendag is eendag, dan join ek jou 🙂

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Dankie vir die “inspirasie” deel. Ag wat, jy moet doen wat vir jou goed is.
      Probeer gou hierdie een:
      Roerbraai in botter: 2 jonguie (Leeks), en ‘n pakkie groenboontjies, grof gekap. Geur met vars pietersielie, neut, swartpeper.
      Breek een ringetjie fetakaas en voeg dit by, asook 2 E suurroom…
      mmm

      Like

  7. ekmyselff sê:

    Geluk! Cheers! Banting bo – werk vir my ook.

    Like

  8. Aquileana sê:

    Eating well is the wisest choice we can make!…. Cheers to you for saying yes to a healthier way of Life! All my best wishes. Aquileana 😀

    Liked by 2 people

  9. seegogga sê:

    Ek het nou almal se kommentaar gelees. Jy sal moet begin skryf aan d resepteboek, self publish, beroemd raak, en dan ons leer om ook te self publish.

    Like

    • Toortsie sê:

      Hy gaan 50 resepte in hê. Gewone kos. Jy sal moet help om die formaat reg te kry en die kos te maak. Daar ís wel al 2 afr banting kookboeke wat ek kon raakloop. Tim se boek, en Low Carb is lekker, wat glo ‘n ware wenner is.

      Like

  10. seegogga sê:

    Ek is nou sooo opgewonde oor jou boek! 50? Dalk kan dit bietjie meer? E

    Like

  11. seegogga sê:

    Ek is nie goed met kosmaak nie maar ek is baie goed met eet! my kind Gerda. wat ook deesdae banting doen,, is ‘n fynproewer. Jy kan op ons nommer druk.. Wat van Toortsie se boerekos banting? of boerkos banting kookboek ? of so-iets?

    Like

  12. seegogga sê:

    klink sommer lekker!

    Like

  13. seegogga sê:

    as ek dit regkry om die kos te maak sonder dat dit flop,, moet jy weet dis ‘n wenner!

    Like

  14. Terug pieng: Mag ek dit maar noem? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  15. seegogga sê:

    Nou kyk nou net. D droom het toe waargeword! Toortsie was nou al glad op d radio ook en hou Pasella volgende jaar dop! Kyk hie vroe Mei uit vircToorts op TV. TV TOORTS!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s