Pantoffels op safari

Scrapydo se toeka-tokkel: Safari

Die naaste wat ek nog ooit aan ‘n safari gekom het was die tyd toe mans safaripakke gedra het. Wanneer ek die woord safari hoor sien ek kakie of donkergroen, maar definitief nie ligblou soos die een wat Ken gehad het nie. Pienk was ook buite die kwessie, dit is nou totdat ek Scrapy se foto gesien het. Dus sal my prentjie van die woord safari nou kakie, groen en pienk wees.

Aangesien ek nooit self op safari was of enige begeerte het om ooit te gaan nie, vertel ek maar Marcia se storie. Marcia is my eks skoonsus. Sy is met ‘n man getroud wat vir die natuur lewe, en hulle is gedurig êrens in Afrika met hulle 4×4. So slaan hulle eendag hulle tentjie in die wye natuur op, en gaan slaap heel rustig. In die middel van die nag kry Marcia ‘n nood, en manlief word wakker gemaak om met die flitslig pad te maak tot anderkant die 4×4. Dit is met die terugkomslag dat hulle sien daar het intussen ‘n padblokade – in die vorm van ‘n renoster – bygekom. Ek was nog nooit van aangesig tot aangesig met ‘n renoster nie, dus weet ek nie wat ek sou doen nie, maar Marcia en manlief besluit om te wag totdat die renoster sy loop gekry het. Poedelnakend met net haar pantoffels aan staan Marcia langs manlief en wag, en word by die minuut kwater. Die renoster is egter nie tydgebonde nie; hy staan sy staan. Dit is toe meneer sy kop eenkant toe draai dat Marcia ‘n gaping sien, en hom in spoed vat. Sy hardloop verby die renoster, duik deur die lug die tent binne, en trek gou die rits toe. Manlief en die renoster staan toe vir die res van die nag wag, en dit is eers met sonsopkoms dat die resnoster sy pos verlaat.

Nou verstaan julle hoekom ek nie op safari wil gaan nie, ek het nie pantoffels nie.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

26 Responses to Pantoffels op safari

  1. ekmyselff sê:

    Bawhaaaa – sy wou mos kaal “slaap”

    Like

  2. Hahaa!dis kostelik,Kameel!Ek verstaan heel goed hoekom jy nie op safari wil gaan nie.
    Ek onthou nog die safaripakkies wat die manne in die staatsdiens gedra het…nogal met kniekouse,soms met ‘n kam in.😂😂

    Liked by 1 person

  3. Ag tog, nou het ek te lekker gelag. Joune is die beste verskoning ooit om nie op safari te gaan nie.

    Liked by 2 people

  4. Hehehehehe … dis waarom ek ook nie die Safari ding wil aanpak nie

    Like

  5. Baie snaakse storie, Kameel. Dapper vrou wat Eva-Eva op safari speel. Newwermaaind die renosters, kaal waar daar slange en spinnekoppe en skerpioene kan wees? Nie hierdie bangbroek nie.

    Liked by 1 person

  6. Toortsie sê:

    Lekker lag ek nou! Jy sal beslis pantoffels moet kry! Defnitief! En sy het heelnag veilig gevoel met die renoster wat wag gestaan het voor haar tent! Mooi man! Jis, dis ‘n goeie storie! 🙂

    Liked by 1 person

  7. Oooo nou het ek lekker gelag. Dis n baie oulike safarie storie, met of sonder pantoffels. Die safariepakke was ook my man se gunsteling. Kortbroeke, kouse en kam in die kant. Hy het ook n langbroek een gehak waarop hy baie trots was. So n ligte bloue. Gelukkig(ongelukkig vir hom) het hy the groot vir die safariepakke geword en moes hy ander kortbroeke met spesiale t-hemde kry en steeds die kouse met die kam. Ha ha, nou smile ek weer van vooraf. Regte Hotnot se kind gewees.(Dis mooi bedoel hoor!)

    Like

  8. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 30: Broer/s en/of Suster/s – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s