Toortsie se Toeka Tokkel oor Safari

In opdrag van Scrapydo. Ek vra vir haar of ‘safari’ ‘toer’ beteken en sy sê ‘n bietjie meer avontuurlustig. Nou ja, ek hét haar gewaarsku!

Hierdie is ‘n ou bloginskrywing wat ‘n bietjie opgedollie is, so sommige mense sal dit dalk herken, dié met geheues soos olifante! 😉 Om die waarheid te sê, hierdie vorige bloginskrywing was alreeds ‘n herhaling van ‘n nóg ouer weergawe wat op my ou blog, Madele oor Leef, geskryf was.

Ons was op ‘n tent-safari in Namibië. Ons het eers by Palmwag geslaap, in tentjies in die oopte – ek bedoel, daar is nie omheinings om die kamp nie! So, as jy in die nag ‘n draaitjie wil loop, lig jy net met jou  flits so in die rondte en dan spring jy vir die toilet.

By Palmwag is die bekende Sebastiaan, ‘n olifant. Ons word mooi geleer dat ons hom glad nie mag pla nie. Hy beweeg maar daar rond, dan vreet hy naby jou tent aan die boom, netnou is hy weer iewers anders. Sou hy in die pad wees as jy wil toilet toe gaan, dan knyp jy maar totdat hy weer besluit om aan te skuif!

By Brandberg waarsku hulle ons teen die woestynolifante wat soms deur die kamp beweeg, waarop my man so ‘n lekker snork gee. “Watse olifante! Hulle bly waarsku en ons sien hulle nêrens.” Elke tentjie is heerlik onder ‘n boom opgeslaan, tog te lekker. Terloops, by daardie “kamp” het die badkamers nie eintlik deure nie. Ook nie dakke nie!!! Dis sulke riet-“mure”. As jy in die badkamer is, sit jy ‘n stokkie so skeef neer, dan weet iemand anders dis beset! Daardie nag stap ‘n tienermeisie alleen toilet toe en toe sy klaar is en weer so met haar flits lig, sien sy geel oë.

Die een nag hoor ons ‘n vreeslike lawaai. Dit was ‘n klomp donkies wat deur die kamp hardloop, maar die groot lawaai was ‘n trop olifante wat ook die kamp betree het. Hulle kom baklei toe styf teen ons tent. Ons lê doodstil, te bang om te beweeg of om ‘n geluid te maak. Jy kon die olifante se mae hoor rommel! En hulle was OMGEKRAP!  As olifante baklei kyk hulle nie waar hulle hulle pote neersit nie!! Die volgende oomblik skuur daar net ‘n tak teen ons tent, ‘n tak wat hulle bokant ons tent afgeskeur het!

En dan het ek nog nie eers vertel van ons stap in die Kruger Wildtuin nie! (Kliek op die skakel en gaan lees ‘n bietjie!) Nee man, 400 woorde is te min! Wat van die lekker kameelrit by die Rooi See?

Scrapydo, kwalifiseer hierdie storie vir die safari-uitdaging? Die OLIFANT op die STAPROETE in die WILDTUIN. 

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Reis-ervarings and tagged , , . Bookmark the permalink.

23 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor Safari

  1. Kameel sê:

    Jou man het daardie olifante geroep .et sy aanmerking. Weet nie hoekom nie… maar “jy roep die olifant” werk elke keer.

    Like

  2. Haha,oulik geskryf,Toortsie.Ek en manlief het ook al by Brandberg gekamp en die donkies het ons mal gemaak…geklink of hulle deur ons tent wou hardloop.Ai die woestynolifante…my gunstelinge…dog gevaarlik!

    Like

  3. Nee dankie vat maar verby met my!

    Liked by 1 person

  4. Janee, ek en Tina sal maar tuis bly en tee drink.

    Like

  5. Jy kwalifiseer met vlieënd vaandels. Beide is goue safaries. Olifante so naby is seker ook maar skrikwekkend as mens so stap. Het die vertellings werklik geniet!

    Like

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 30: Broer/s en/of Suster/s – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s