woorddroogte

Ek het seker in die 20 klaar geskryfde goed, so eintlik behoort ek mos darem vir amper ‘n hele maand nie ‘n probleem te hê om iets te plaas nie. Maar nee! Nie een van daardie goed is lekker vandag nie. Ek het iets geplaas so vir 20 minute en dit vir eers afgehaal tot dit reg voel… Is julle ook so? Ek is vandag sommer net lus vir iets ligs en my goed voel so SWAAR!!! Sjoe! WAAR kry ek al hierdie goed???

Ek het wel iets om vir julle te vertel. My pa was ‘n stoere boer. Liefdevolle mens. Wonderlike mens. Almal was mal oor hom. Ek dink nie hy het een vyand gehad nie. Het graag khaki gedra, maar as hy dorp toe gegaan het, het hy hom netjies aangetrek. Natuurlik nog steeds dalk ‘n kortbroek of ‘n langbroek, lang kouse, en ‘n netjiese hemp. My ma was lief vir die mode. Eerder dood as uit die mode. Toe kom SAFARI-PAKKE in vir mans! En die hoogste van hoogmode? WIT safari-pakke!???? Wel, met die volgende trippie Kaap toe moet pa toe ‘n wit safari-pak kry met ‘n lang broek. Pa se hele liggaamshouding vertel dat dit beslis nie is wat hy wil hê nie, maar hy DURF dit nie in woorde omsit nie. So is ons toe na Friedman en Cohen by die Strand en wit safari-pak word gekoop, langbroek en al. En daarby moes glo ‘n SWART onderbroek gedra word. So, swart onderbroek is ook in die pakkie. Pa het ook SKOENE nodig, onthou hyself. So, hy kon vir hom ‘n lekker paar skoene uitsoek. Netjiese skoene.

Baie kort daarna word daar mense genooi vir ete en pa moet natuurlik sy wit pak aantrek. Om een of ander rede het hy dit nie lank aangehad nie… dalk het daar rooiwyn op gekom??? Mens weet nooit!!!  Maar hy het baie gou gaan skoon klere aantrek. Ek het NOOIT weer die wit pak gesien nie. Wonder wat van dit geword het? Een of ander tyd het hy net gesê dat toe hy weer by die huis deur die kasregisterstrokie gekyk het, die skoene nie opgelui was nie. En hy het nie sleg gevoel nie. Want hy wou in elk geval nie die wit pak hê nie. So, hy het eintlik net vir die skoene betaal!! 🙂

Kyk hierdie ou se oulike idee vir woorddroogte. (Ek het nou die dag gelees dat die enigste manier om uit ‘n skrywersblok te kom, is om jou uit dit uit te SKRYF!)

Troutip: Dis volmaan! Of baie naby daaraan. Wat soek julle in die huis??? Gryp daardie Amarula en uit is julle!!

Groetnis,

Toortsie

Toortsie by Finesse: Google is ‘n dame

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to woorddroogte

  1. demoerin sê:

    😆 nou wonder ek, hoekom juis ‘n swart onnie?

    Like

    • BB sê:

      🙄 nee heng – ek wonner ook…

      Like

      • toortsie sê:

        ekself het ook nooit die antwoord op daardie een gekry nie. dit was die winkel-assistent se voorstel. maar gelukkig is die baadjie mos lank genoeg – dit hang oor!! wel, met ‘n swart ontie SKYN NIKS DEUR NIE!!! HEHE

        Like

      • BB sê:

        Ek het nie eens gedink mense het daai jare woorde soos ‘onnie’ gebruik nie – die mense wat veels te propper om die konnotasie met dinge soos onderklere hardop uit te spreek. (die onderklere afdeling in die Wecke & Voigts destyds was so weggesteek en jy’t nie hard daar gepraat nie – alles baie hush-hush gewees…) 😳

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s