Ai, ai, ai, die gelatine!

Ek hét mos al vertel van my stryd met gelatine. Eintlik het ek mos al 30 jaar terug besluit dat ek nie resepte met gelatine in maak nie. Maar hierdie vriendin het vir my die lieflikste mokkatert gestuur, wat ek al verander het en verander het en …

Ewe trots het ek in die vorige bloginskrywing hieroor vertel dat ek nou uiteindelik raad het. Ek het die instruksies op die boksie gevolg. Boesmanspos het ook raad gegee. Die een keer kry ek dit reg, die volgende keer het die tert korreltjies in. Boesmanspos se raad werk nog die beste.

Een aand maak ek die tert en ‘n vriendin vra hoe ek dit maak. Ek lees vir hulle die resep en ‘n ander een frons. Nee, sê sy, soveel moeite het sy nog nooit gedoen nie en hare werk elke keer. Sy stuur vir my hierdie foto:

cb2eaef1-b781-4cc1-8ac5-00a2974297cb Dames, ek dink dit is die antwoord! So hoe het ek gemaak?

Jy gooi die koue (lou) water in ‘n koppie, en strooi die gelatine bo-oor (oeps, ek het dit andersom gedoen). Dan raak die gelatien soos ‘n spons, vandaar seker die woord! Dit LYK soos ‘n spons. Dan sit jy die koppie 20 sekondes in die mikrogolfoond dat dit net smelt, dit moenie kook nie. Maklik! Wel, dit het hierdie keer gewerk! 🙂 Ek sal dit nog 50 keer toets voor ek dit in ‘n boek sit.

Groete

Toortsie

Toortsie by Finesse:

Toortsie by Finesse: Google is ‘n dame

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge. Bookmark the permalink.

6 Responses to Ai, ai, ai, die gelatine!

  1. Kameel sê:

    Tanks but no tanks!!!! Die dag toe ek die swaard neergelê het en my rug op gelatine gedraai het was die geveg verby.

    Like

  2. Kookkuns is ‘n wetenskap met allerhande prosesse,wat hierdie perdeby niks van verstaan nie!Ek is bly jy het raad vir die jellierige goedjies,Toortsie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s