Toortsie se Toeka Tokkel oor die see

Vandag is die see grou. Dit reën en mens kan nie so ver oor hom uitkyk nie, dit lyk of die horison vas is aan die wolke.

Ander kere is hy woes, onstuimig en kyk ons hoe die groot skepe beur teen massiewe branders wat soms bo-oor hulle slaan.

Soms is die see die mooiste turkoois, pragtig, kalm, met seilbootjies of vissersbote, of ‘n ou wat windsurfing doen, man-alleen in die groote oseaan hou ure lank ons aandag.

Partykeer, net soms, ná baie dae se woeste wind, skop die see bollings skuim uit, vuil skuim wat selfs tot by die pad lê.

Die see. Ek is mal oor hom. Ek het hom nodig vir my geestelike gesondheid. Net om soms te sit en kyk en kyk en kyk met gedagtes ver weg, maak dit rustig in my hart.  Ek swem nie graag in hom nie, maar lief is ek beslis vir hom.

In opdrag van Scrapydo

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Overberg, Toortsie se Toeka Tokkel stories and tagged . Bookmark the permalink.

14 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor die see

  1. Pragtig geskryf,Toortsie!

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Jy is gelukkig om hom dikwels, en in al sy buie te sien!!!

    Like

  3. Woon julle so naby aan die see dat jy elke dag daarna kan kyk?

    Like

  4. Die see gee my ook n mate van rustigheid. Die baai en hawe waar Wellington gebou is het ook daardie altyd veranderende beweging en kleur, afhangende van wind en temperatuur. Jy is gelukkig om so naby te wees om jou siel met die see te verfris. Dankie vir jou bydrae vit TT

    Liked by 1 person

  5. maatjiema sê:

    Ek sien hom ook maar min, maar ek mal hom as dit so grou is dan waai die wind al die trane weg.

    Liked by 1 person

  6. Heerlik gelees soos gewoonlik

    Like

  7. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 21: Verandering – I scrap 2

  8. seegogga sê:

    Elke dag is hy anders en elke anders is mooier as d vorige. Ek sien hom so 3x per week maar ek woerts net so heen er weer voor hom verby. Eendag sal ek hopelik weer sit en kyk.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s