Olifante in huise

Olifante in huise móét aangespreek word, hoe pynlik dit ook al is. Olifante in huise bring ongelukkigheid, ongemak, dit versmoor die gesin. Olifante in huise neem die gesin se ruimte op, hulle moet altyd in ag geneem word. Dis sleg vir ELKE persoon in daardie opset, selfs vir die een wat die olifant veroorsaak en vertroetel.

Olifante in huise word vertroetel, gevoed tot nadeel van ALMAL in die gesin, ook vir die een wat die oorsaak van die olifant is. Dis nooit maklik om ‘n olifant aan te spreek nie, dit gaan gewoonlik gepaard met ‘n groot ontploffing, groot ongemak, maar gewoonlik, as daardie olifant erken is, is daar meer spasie, meer plek vir asemhaal, meer ruimte vir beweeg.

Baie huise het olifante. Dis daardie ding waarvan almal weet, maar níémand mag daarvan praat, dit noem nie. Ons kyk TV onder sy maag deur, die tee word aangegee oor sy slurp. Wanneer jy iets wil doen, is sy oor in die pad. Hy moet in alles wat jy doen, in ag geneem word, selfs al is jy met vakansie. (Ek haal hier ‘n baie goeie vriendin aan.)

Olifante in huise moet VERWYDER word. Dit verg BAIE moed, veral vir die een wat dit WAAG om dit aan te spreek. Gewoonlik is die aanspreker dan die verkeerde een, die uitgeworpene, maar dit MOET aangespreek word. Dit maak nie saak watter pad die aanspreker volg nie, die kans is goed dat dit ‘n verkeerde pad sal wees. STEEDS is dit NODIG om dit aan te spreek.

Wanneer die bom klaar ontplof het, die oorlog verby is, daar weer spasie gekom het, is dit tot verligting van ALMAL. Almal is bevry en almal kan dan asemhaal en leef as bevryde mense.

Ons moenie olifante in ons huise toelaat nie. Olifante is vir die Kruger Wildtuin. Nie vir ons huise nie.

Sterkte

Toortsie

Here, maak my asseblief vreesloos.

Toortsie by Finesse: Ek vra ‘n veer

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings and tagged , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Olifante in huise

  1. Ja, wel – in ons geval het die olifante die huis verpletter.

    Like

  2. Ek stem saam, maar dis nie maklik nie.

    Like

  3. Kameel sê:

    Hy laat hom nie sommer net wegjaag nie. “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, magte ……van die duisternis in die lug.” Jy kan hom aanspreek ja, maar definitief nie in eie krag nie.

    Liked by 1 person

  4. Goeie beeld gebruik vir “dinge wat pla”.

    Like

  5. ‘n Toorts wat inskyn blog

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s