Waar is die see?

Scrapydo se Toeka-tokkel: Die See

“En die see het nie meer bestaan nie.” Die eerste keer toe ek hierdie woorde in die bybel gelees het, het dit my tussen die oë getref. Ek was verslae; ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde maar sonder ‘n see!!! Ek kon myself nie ‘n wêreld sonder ‘n see indink nie. Om nooit weer die geruis van die see te hoor nie; om nooit weer te sien hoe branders op die rotse breek nie; om nooit weer langs die see te stap of in hom te swem nie!!!

En toe lees ek verder en my verslaentheid neem toe. Die nuwe stad se muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos ‘n skoon spieël lyk. Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande edelstene versier. Daarna volg die twaalf name van die edelstene waarvan ek die meeste nog nooit gehoor het nie. Die twaalf poorte van die stad is twaalf pêrels, en die strate van die stad is suiwer goud, en blink ook soos ‘n spieël. Vir ‘n persoon wat lief is vir goud en edelgesteentes moet dit seker wonderlik klink, maar dit het net die teenoorgestelde vir my gedoen. Ek is nie ‘n “bling” mens nie, ek hou van klein en “cozy,” en natuurlik.

Dit het my ‘n rukkie geneem om vrede te maak met die idee van ‘n seelose wêreld, en ‘n stad met strate van goud, maar nou sien ek uit na dit wat die bybel sê “What no eye has seen, what no ear has heard, and what no human mind has conceived, the things God has prepared for those who love him.” Maar terwyl ek op hierdie aarde is sal ek die see geniet, en opreg dankbaar bly vir die ure se genot wat ek op sy rug deurgebring het.

 

 

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

26 Responses to Waar is die see?

  1. Jip, ek stem saam, ons moet dit geniet terwyl ons kan.

    Liked by 1 person

  2. Toortsie sê:

    En jy IS so lief vir die branders!

    Liked by 1 person

  3. Nee wat alles roes! – reken ek ewe jaloers

    Like

  4. Nou slaan jy my ook met n “pap/slap snoek” tussen die oë. Hoe kan daar nie see wees nie? Stem saam geniet tewyl dit daar is, dis al manier! Dankie vir jou bydrae, jy’t my nogal geskok hoor!

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Nou het jy nie net gelees nie maar gevoel hoe geskok ek was. Die Here het vir ons ‘n groot geskenk gegee deurdat ons die see wat hy gemaak het so kan geniet.

      Like

      • Ja beslis, mens waardeer nie altyd wat ons het om te mag geniet nie. Ek voel self elke dag so klein met die aanskou van die pragtige omgewing waardeur ek elke oggend vroeg ry. Dis elke dag weer uniek en wonderlik. Ek kyk maar die mensgemaakte vernietging mis soos wat ek ry. Die gebrande berg bv is nog steeds aaklig.

        Liked by 1 person

  5. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 21: Verandering – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s