Hierdie foto het blykbaar, van al my foto’s in 2017, die meeste aandag getrek, volgens Facebook. Ek dink die een op Facebook wys net my hele gesig.

Een lawwe foto van ‘n lawwe vrou met ‘n lawwe rooi kopdoek. Een rooi kopdoek. Kan ‘n kopdoek ‘n mens se lewe so verander? Sjoe!
Dit was ongeveer Oktober 2015 wat ek besef het dat ons die kos moet maak om foto’s te neem vir die boek wat ek beplan het om uit te gee. Ek was oorspanne. Dit was ‘n rowwe week waarin ek baie administratiewe werk moes doen en daar was net nie tyd om die kos reg te kry nie. Daardie middag het ‘n vriendin ook nog verjaar en ek het die geheim uitgelaat: Ek is besig om ‘n BOEK te skryf. Een van die dames het my baie duidelik laat verstaan dat dit nie sommer enige persoon is wat ‘n resepteboek skryf nie en dat daar ‘n kuns is aan die fotograveer van kos. Eintlik word die kos nie regtig gemaak nie en gebruik hulle nagemaakte kos vir die foto’s van resepteboeke. Die hare het regop gestaan. Ek was bang. Ek was reeds bang, hierdie was net olie op die vuur.
By die huis gekom, moes ek daardie aand in aller yl begin kosmaak vir die volgende dag se fotonemery. Vir Toortsie se boeke word regte kos gemaak! Die spanning was voelbaar, ‘n blinde sou dit met ‘n mes kon sny.
Ek sit my voorskoot aan en besef ek moet iets om my hare bind, netnou val daar ‘n haar in die kos! Ek het ook kleur nodig gehad vir energie.
Die volgende dag is ek met voorskoot, serp en stapels gaar kos gelaai in my kar Struisbaai toe vir die foto’s.
Die res is geskiedenis.
In een onbewaakte oomblik is die ‘Toortsie Look’ geskep en selfs al het ek probeer om dit te verander, is die rooi kopdoek steeds die ding wat mense laat glimlag as ek daarmee by ‘n Toortsiefunksie opdaag.
Groete
Toortsie
Dit bly vir my die oulikste, pragtigste storie, hierdie een van ons eie Toortsie en haar kookboeke!🤗
LikeLike
Ek lag steeds daaroor! Ek bly sê, mens moet net laf genoeg wees! Dan is enige iets moontlik. 🙂
LikeLike
Did SO deel van Toortsie, jou eie stempel en dit is eie aan jou. Ek is mos mal oor n band op n doek op my kop.
LikeLike
Ek sal dit nie kan verander nie. 🙂
LikeLike
Dis jou beeld en dis pragtig en prettig!
LikeLiked by 1 person
Ag dis lekker om jou te sien. 😁
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie…dis lekker om terug te wees!
LikeLiked by 1 person
Jou eie handelsmerk. Dit pas jou. Rooi vir energie. My man sê altyd ‘n rooi motor ry vinniger as enige ander motor, net omdat hy rooi is.
LikeLiked by 2 people
Dis beslis waar. My skoonpa kon ook nie stadig ry met sy rooi kar nie en hét hom omgegooi.
LikeLiked by 1 person
Eisj.
LikeLike
Die rooi voorskoot is net so pragtig!
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Hoe rooier hoe mooier!!! 😗
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike