Ek maak graag ingelegde uie, in ‘n mosterdsous. Slaphakskeentjies. Maar slaphakskeentjies is veronderstel om klein, heel uitjies te wees. Ek het ‘n resep vir rooi slaphakskeentjies, wat tamatiesous en rosyntjies inkom. Die een wat ek egter die graagste maak, is die een in die mosterdsous, ‘n resep wat ek baie jare gelede in die Landbouweekblad gekry het. Ek koop groot uie en sny dit in ringe, dit werk net so goed en gaan baie gouer as om honderde klein uitjies te moet afskil.
Die resep:
3 Kg uie, skil, kook sag, maar nie pap
Sous
9 eiers – klits goed
Voeg by eiers: 1 kg suiker, 7.5 ml sout, 30 ml mostertpoeier.
Maak 50 ml maizena (ek gebruik heelwat meer) aan met ‘n klein bietjie asyn en voeg by eiermengsel. Meng als tot suiker opgelos is.
Roer die res van die asyn (560 ml minus die bietjie wat jy gebruik het vir die maizena) in.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt. Laat prut tot die sous begin verdik. Roer deurentyd en wees versigtig dat die sous nie aanbrand nie, dit bevat baie suiker.
Voeg die uie by die sous en bottel warm.
Heerlik om vinnig by braaivleis uit te haal.
…….
Nou kom die kleurding.
Ek het pers uie present present gekry, ‘n hele sak vol 🙂
Skil die uie… en sny dit in skywe…
Volg die res van die resep. Ek dink ek het die uie ‘n bietjie te vroeg ingegooi. Ek gooi ook altyd ekstra maizena by, en aan die einde dink ek ek het te veel gegooi! 😉
Dit het sowaar ‘n PIENK skynsel, anders as die gewone geel weergawe…
As jy jou oë toe maak, proe dit presies dieselfde, maar met oop oë wil jou brein aanmekaar dink dit proe pienk. Interessant, die skeppies pienk uie is aansienlik kleiner as die skeppies geel uie…
Wys jou net!
Toorts
Op Pinterest sit ek skakels na ingelgde produkte. Dit sal so met tyd aangevul word.
Laat jy my nou kwyl!
LikeLike
Saam met vis!
LikeLike
Lekker!
LikeLike
Moet ons kombiismeisiekind vra om dit te maak. Sy kan dan vir my gee om te proe 🙂
LikeLike
Yummy, lyk heerlik. Kan dit selfs in my verbeelding ruik
LikeLike
Jinne – ek dink die rooikleur daarby maak dit baie meer aantreklik. Lyk heerlik.
LikeLike
En hier dog ek dis moeilik om ingelegte yummies te maak. Dalk doen ek dit nog eendag, as ek nie te veel huil nie! 😉
LikeLike
Ingelegde slaaie is almal baie vinnig en maklik om te maak. ‘n Klomp kos wat jy soveel keer van kan eet sonder om elke keer hard te moet werk. Een keer se werk, min moeite. Lek maar jou lippe af as die huil kom en was hou hande gereeld. As jy groot uie gebruik gaan dit so vinnig.
LikeLiked by 1 person
Ek het gevind dis bietjie makliker as ek die klein uitjies kookwarm in die warm bottels sit en dan die sous bo-oor gooi tot bo. As ek slaai inlê wat vir die spenskas is maak ek gewoonlik ‘n bietjie meer sous as wat die resep sê, soos bv. ook met die kerrie-pastaslaai. Die pasta absorbeer baie van die sous as dit staan. Ek voel net altyd meer gerus as ek weet daar is genoeg sous met asyn by vir preservering. Maar dis maar net paranoid ek! 😀
LikeLike
Ek sorg ook dat dit tot teen die rand vol is. Het darem nog nooit probleme gehad nie. 😀
LikeLike
Dis dalk veiliger as die uitjies ‘n bietjie in die sous kon kook en van dit intrek.
LikeLike