Geestelike flieks

Daar is ‘n paar geestelike flieks wat ek regtig graag wil aanbeveel.

Die eerste een is ‘War Room’. Ek weet nie wanneer hy uitgegee is nie, maar doen jouself die guns en kry hom. Koop hom of leen hom by iemand en kyk hom en maak sy inligting joune. Dis lewensveranderend en in die tye waarin ons vandag leef, van uiterste belang.

Dis deur dieselfde mense uitgegee as ‘Fireproof’, net so ‘n fantastiese fliek vir veral getroude pare. Huwelike verkeer onder geweldige druk. Dis absoluut satan se missie om huwelike op te breek, want as ons huwelike val, val ons gesinne en die samelewing val. Gesonde huwelike en gesonde gesinne is die ruggraat van gesonde gemeenskappe. Kry asseblief vir jou die fliek en sommer die boek wat saam met hom kom, ‘Waag dit om lief te hê.’ En as jy die moeite doen om die boek te kry, DOEN hom. Lees hom, maak dit joune. Deur dit te doen het in ‘n krisistyd in my huwelik, het wondere gedoen.

Nou is ek nie meer seker of die naam reg is nie, ek dink dis ‘Facing the giants.’ Wat ‘n fliek! ‘n Moet kyk!

Ag, dan is ‘The Horse whisperer’ ook ‘n gunsteling. En natuurlik ‘Faith like potatoes’, beide ou flieks, maar beslis die moeite werd om te kyk.

Die belangrikste egter bly steeds dat ons die flieks sal kyk, maar dit ook ons eie maak en toepas in ons lewe. Dán was dit die moeite werd. Om dit net te kyk en te sê, ‘Haai, dit was nou oulik’, en klaar, help min. Kom ons laat toe dat hierdie lewensveranderende flieks met God se hulp, ook óns lewens verander.  Dis goed waaroor ons nooit spyt sal wees nie.

Mooi dag

Toortsie

Toortsie by Finesse: Tjoklits op ons pad

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos Faceboekpage

12 thoughts on “Geestelike flieks

  1. War Room word sterk aanbeveel. Kerke wys hom vir hulle gemeentes. Het hom by een van my kinders persent gekry…. baie goed.

    Like

Gesels saam, asseblief!