Q? Afrikaanse woorde wat begin met Q? Hoe bedoel mevrou dan nou? Nie eers die HAT weet van hulle nie, die halwe bladsy woorde in die HAT is almal Latyns en ek belowe jou, ek het van nie een van hulle al gehoor nie!
Al Q wat ek ken is die queen. Die een in Engeland! En dan praat ons mos van ‘n queen as ‘n vers- en bulkalftweeling gebore word. Maar na al die jare wat ons al met beeste boer, hoor ek toe eers nou die dag dis g’n ‘n queen nie! Dommieee! Dis ‘n KWEEN! Daar het jy dit! Ek was al die dae nog verkeerd. Maar as jy meer van ‘n KWEEN wil weet, kliek maar op die woord wat onderstreep is, jy sal dan daarby uitkom. Dis nogals ‘n interessante een, dié dat die verskalfie gewoonlik onvrugbaar is as sy deel van ‘n tweegeslag tweeling is. Klink amper soos tweegesig! Genadig darem nie!
Ag, en hier in Suid-Afrika is daar mos darem Queenstown. Moet sê, hulle is maar baie Engels daar. Of is ek nou verkeerd?
In Aussieland is Queensland. As jy nou van Sydney af ry vir baie, baie kilometers wat jy net bloekombome, bloekombome, bloekombome sien, kom jy in Brisbane. Dis 920 km deur ‘n digte bloekomwoud. Mense, ek het in my lewe nog nooit so iets gesien nie. Dis erger as die Knysnawoud en ‘n mens ry stadig daar, jy kyk die hele tyd of jy nie dalk per ongeluk ‘n koala sien nie, orals is dan koalabordjies op! Ek dink steeds my man het te vinnig gery, dís hoekom ons hulle nie gesien het nie! Tog, toe ons later in ‘n koalatuin gaan kyk en ek sien hoe hulle vasklou aan die bloekombome dat ‘n mens hulle amper nie kan raaksien nie, het ek besef dat dit eintlik ‘n saak van onmoontlikheid is om hulle, as jy met die Pacific Highway ry, raak te sien. Ek wil net sê, ek het noutevrees. Ek het later bedruk geraak tussen al daardie bloekombome wat nie wil opraak nie en het toe sommer met my man begin knorrig raak. By Brisbane het ons toe die pad binneland toe gevat en met ‘n ompad weer by die see uitgekom, net om ‘n bietjie oopte ook te ervaar. Genade! Genoeg is genoeg!
Dan praat Scrapydo van quiche, die meer opgedolliede souttert. Of is dit kische? Hoe spel ‘n mens dit? Weet iemand?
Quoortsie
April gaan al lankal om wees dan is hierdie alfabet nog nie klaar nie! Help! En julle weet nie van die mal idee wat al weer in hierdie kop broei nie. Slaan my met ‘n plank oor die kop! Sjoe!
Toortsie by Finesse: Foto’s en die vreugde van saamwees
Toortsie se Faceboekpage
Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad
Ja jong Afrikaans het nie regtig Q woorde nie. Mens moet hom sommer uit die woordeboek haal. Toemaar agter os kom ook in die kraal noudat jy van beeste praat. Vertel bietjie wat broei nou weer daar in jou gadagtes uit? Is dit respteboek no 2?
LikeLike
Dit ook, vir volgende jaar. Laat ek net eers deur hierdie alfabet kom, dan draf ek hom weer deur … hierdie keer met ‘n tema soos dit bedoel was om te wees, maar my ou verstandjie vat mos eers ‘n ruk om aan die gang te kom. Ek gaan skryf oor vroue.
LikeLike
Dit gaan baie interessant wees. So vir elke letter n vrou.
LikeLike
Ja, suiwer fiksie. Kaapse vroue wat in verskillende tye in die Kaap gewoon het. Hoop dis interessant.
LikeLike
Laat my nou dink aan aan die grappie van Bill Clinton wat met die kelnerinetjie flankeer tot sy hom aanmoedig om sy bestelling te plaas. Hy kyk na die spyskaart en sien die quiche wat vir hom lekker lyk, maar is nie seker van die uitspraak nie. Toe bestel hy: “I’ll take a quickie, please”. Dan is daar ook James Bond se Q wat al die gadgets maak.
LikeLike
Ek wonder darem … 🙂
LikeLike
Sal ook nie van daardie bloekomplantasie gehou het nie!!!
LikeLike
Nou verstaan jy hoekom ek so bakleierig geraak het! Maar dis ook goed om dit te beleef. 🙂
LikeLike
Geen Bybelnaam met Q?
LikeLike
Dit los ons vir Qameel! Quartus, maar in Afr Kwartus. Ek het in my jongdae ‘n Kwartus geken en nou die dag toe is hy sowaar op ‘n Afrikaanse vasvraprogram op TV.
LikeLiked by 1 person