Watter werk kan mens van die huis af doen???

Baie belangrik!! Hierdie bloginskrywing gaan daaroor dat ons IDEES vir mekaar sal gee van watter tipe werk ‘n mens by die huis kan doen. DIT IS NIE ‘N WERKSOEK BLAD OF ‘N PLEK WAT JY WERK KAN AANBIED OF MENSE NOOI OM JOU TE KONTAK VIR WERK NIE. Sulke werksoek/aanbied-kommentare vee ek summier af. Speel asseblief saam en vertel van watter werk JY van die huis af doen of van iets wat jy weet iemand anders doen wat vir hulle werk. Dit gaan oor KREATIEWE denke. 

Hoekom sal jy van die huis af wil werk? Want dan het jy meer beheer oor jou tyd. Jy kan dalk korter ure of meer gemaklike ure werk. Jy kan beskikbaar wees wanneer jou kinders jou nodig het, en dan weer, wanneer dit niemand pla nie, kan jy aan jou werk aandag gee.  Jy kan selfs vir ‘n kleiner inkomste werk omdat jy nie vir nasorg vir jou kinders, ekstra klere, selfs ‘n ekstra motor hoef te betaal nie. Dis glad nie te sê dat jy ‘n swakker salaris sal verdien as jou “werkende” kollega nie! Dis ook ‘n goeie manier vir diegene wat later weer die arbeidsmark voluit wil betree, om in voeling te bly…

Daar is egter ook nadele hieraan verbonde:  Ander mense mag dink jy is maar net by die huis en maak misbruik van jou tyd. Jy sal goeie selfdissipline moet hê om te verseker dat jy wel jou werk doen. Vir party mense is dit beter om eerder ‘n voldag in die kantoor te wees. Ons omstandighede verskil mos!!

Hier is ‘n paar idees. Omdat ek mos maar outyds is en boonop aan kleindorpie-sindroom ly, is ek seker dat daar baie NUWE werke is waarvan ek nog nie eers weet nie!! Sal julle die lys aanvul, asseblief?

  • Plaasvrouens, hou ganse aan en maak donsduvets.
  • Verkoop juwele, skoonheidsmiddels, polisse
  • Doen boeke en ander administratiewe werk
  • Enige iets is moontlik met die internet
  • Gee ekstra klasse in wiskunde, ens
  • Doen remediëring – daar is so baie kinders wat hulp nodig het.
  • Help kinders met huiswerk – jy sal ‘n seën wees vir baie ouers
  • Haarkapster
  • Berading
  • Skoonheidsdeskundige
  • Gee musieklesse
  • Gee Yoga, Aerobiese oefeninge, Karate
  • Bak fantasie-koeke
  • Enige gebak – beskuit, koeksisters – bak vir ‘n tuisnywerheid
  • Doen naaldwerk. Maak sweetpakke vir ‘n skool. Maak Matriekafskeidrokke – daar is GROOT GELD in!
  • Gee swemlesse
  • Bied noodhulpkursusse aan
  • “edit” skripsies
  • Proefleeswerk vir skrywers
  • Tuisversorging
  • Fisioterapie en arbeidsterapie en enige ander vorm van terapie
  • Maak kaas
  • Skilder!!
  • Gee kunsklasse
  • Doen iets soos “Meals on Wheels”
  • Skryf
  • Doen vertaalwerk

As jy naby een van die land se hoofpaaie woon, kan jy dalk begin kos maak vir die Siele op Wiele. Kyk ‘n bietjie na hierdie bloginskrywing hieroor. Ek dink regtig hier is ‘n groot behoefte aan so iets.

Doen terapie-sessies by die kliënt se huis, in plaas daarvan dat die pasiënt na die terapeut se kantoor kom. Word ‘n mobiele skoonheidsterapeut/fisio-terapeut/arbeidsterapeut. Ja, dis ‘n groot opoffering, maar die moeite werd.

Ek ken ‘n haarkapster wat mense wie nie meer maklik kan beweeg nie, se hare by hulle eie huise gaan doen. Wat ‘n wonderlike diens!! Oumense in ouetehuise het ook ‘n behoefte aan mense wat hulle naels versorg, hulle klere verstel.

Gepraat van ouer mense in aftree-oorde en ouetehuise, soveel van hulle het nie meer ‘n voertuig nie. Na aanleiding van ‘n gesprek met Rondomtaliedraai, vra ek: Het jy dalk ‘n voertuig? Is jy betroubaar? Dalk kan jy jou gaan aanmeld by die naaste aftree-oord/ouetehuis en aanbied om vir die inwoners rondrywerkies te doen. Ry met hulle dorp toe, winkel toe, dokter toe, waarheen hulle gery moet word. Teen billike vergoeding, natuurlik! Daar is ‘n behoefte aan so iets.

Hierdie was net ‘n paar voorstelle. Ek maak nou op julle staat om met nog voorstelle te kom!!

Lees gerus deur die kommentare. Baie mense het al baie oulike idees hierby gevoeg.

Wees kreatief!

Toortsie

Troutip: Skryf 10 dinge waarvan jy hou van jou huweliksmaat, op ‘n papiertjie en bêre dit op ‘n plek waar jy dit maklik sal raaksien.

Toortsie se faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad.

Toortsie by Finesse: Wegbreek

140 thoughts on “Watter werk kan mens van die huis af doen???

  1. Hierdie is my tiende jaar waarin ek van die huis af werk. Daar is werklik bitter min dinge wat ‘n mens deesdae in ‘n kantoor kan doen wat jy nie ook van die huis af kan doen met die aanwending van ‘n bietjie tegnologie nie.
    Maar dit is steeds ‘n besluit wat jy baie mooi moet oorweeg. Albei opsies het definitiewe voor- en nadele en jy moet besluit watter een jy die mees gemaklikste mee voel.

    Like

    1. Hi ja ek het 10 maande terug my enkel weerskante gebreuk toe ek geval het by werk op ‘n trappie so my inkomste van R6000 pm is so skielik weg dat ek nou al groot finansiele probleme het. Ek het ‘n ouerige rekenaar by die huis wat ek dalk kan opdateer indien ek weet wat ek kan doen met hom. Ek is baie goed met syfers. Ek is 53jr oud en het regtig iets nodig waarmee ek geld kan verdien. Kan u my help met idees ek is bereid om hard te werk. Dankie Byvoorbaat.

      Like

      1. EK VERDIEN N REDELIKE INKOMSTE EN WERK VOLTYDS – MAAR TOG IS DIE GELD NET TE MIN OM DEUR DIE MAAND TE KOM – WIL OOK GRAAG IETS DOEN SOOS TIK, ADMIN – HET N GOEIE LAPTOP WAT EK KAN GEBRUIK – HELP ASB

        Like

      2. Kan iemand my help asb.? Ek wil bemarking op rekenaar doen. Kan iemand my se watter maniere is daar alles? Inbox my asb. elsieludick33@gmail. com

        Like

    2. hi daar ek soek graag iets wat ek van die huis af kan doen behalwe n rep wees of avon verkoop of goed aankoop en verkoop asb het dringend n ekstra geldtjie nodig dankie.

      Like

      1. Hello. Hierdie bloginskrywing het ten doel dat jy sommer self jou gedagtes kan laat gaan. Hier is net ‘n klompie voorbeelde. Wat is jou sterk punte? Wat kan jy doen? Hoe kan jy dit wat jy kan doen, dalk aanwend om geld te verdien?

        Liked by 1 person

      2. Ek soek werk wat ek van af die huis kan doen ek is medisongeskuk ver klaar en mag nooi weer werk nie.Ek het Fibromyalgia in my bene.Dit is net my vrou wat werkons het nie eers kos in die huis nie en een kind

        Like

    3. Hi.. Dis goed om te lees dat jy dit al vir 10 jaar doen. Ons bly in Namakwaland, op n plaas, ver van alles. Naaste dorp 150km. Ek kan bak en brou, maar geen afset gebied nie. Ek soek ook iets om te doen van die huis af, het die tegnologie tot my beskikking en baie tyd. Ek het nou al oral gekyk op internet en dan kom n mens net af op die werke wat eers geld vra. Weet jy dalk van n site of iets waar ek kan gaan kyk wat legit is. Weet jy dalk hoe mens met iemand in aanraking kan kom bv vertaalwerk of proeflees. Ek sal dit baie waardeer as jy my dalk op n spoor kan sit.

      Like

      1. Goeiedag,

        Ek het so twee jaar terug ook die internet genader oor die moontlikheid om vertaalwerk (vanuit Engels na Afrikaans) te doen maar oor die algemeen is die aanvraag na sodanige diens nie soveel dat jy werklik kan se dit is finansieel lonend nie. Ek werk nog vandag en sal dit seker meer en dringender hanteer wanneer ek die tuinroete by die huis aanpak. Proeflees is ook iets wat nie werklik vandag tot sy reg kom nie.

        Moontlik iets wat vir Drienie sal intreseer is SA Vryskutskrywer se Nuusbrief. Ek het net nou die dag 2017 se weergawe ontvang en sal dit vir jou aanstuur indien ek net jou Eposadres kan kry.

        Ek hoop verder dit kan jou dalk op ‘n spoor sit.

        Danie Nel

        [Festive signature]

        [OO008 GARRUN GROUP DESIGN OF THE VERSMA GARRUN LOGO – CHOSEN]

        Versma Garrun Management Services (Pty) Ltd
        Licensed Financial Services Provider
        Reg No: 2009/009563/07
        FSP License No. 5321
        Tel: 021 945 4376
        Fax: 021 949 9542
        Direct: 021 974 7351
        Email: danie@versma.com
        Website: http://www.garrun-group.co.za
        Postal: P.O. Box 3597, Tyger Valley, 7536
        Physical: 1st Floor Tyger Valley Chambers Two,
        27 Willie van Schoor Drive, Bellville, 7530

        [cid:image005.jpg@01D256E5.581C87D0] [cid:image007.jpg@01D256E5.581C87D0] [cid:image009.jpg@01D256E5.581C87D0]
        Download the Garrun Assist App:
        [http://www.garrun-group.co.za/site/user_data/images/android.png][http://www.garrun-group.co.za/site/user_data/images/google-play.png][http://www.garrun-group.co.za/site/user_data/images/itunes.png]

        Like

      2. paar dinge wat ek sou doen as ek n plaas het.
        1-begin skool kampe vir laerkoolkinders van dorps areas om van dieveld te leer
        2-baie mense soek plek om net te kmp. in die veld geen geriewe
        3-as jou plaas dit toelaat begin 4 x 4 baan met basiese kamp geriewe

        Like

      1. hi ek kan mosaic en mix media en foil art en decopodge werk doen die here het my geseèn met die talent mar waar begind ek wie gan belangstel ek wil graag verder gan almal leer en wys.

        Like

        1. Nou toe. Begin net!! Maak goed. Vertel jou vriende. Begin staan op straatmarkte, of is daar nie meer sulke goed nie? Maak vir jou visitekaartjies wat jy orals kan afgee. Gaan na kunswinkels of geskenkwinkels en bied jou goed aan. Maak ‘n Faceboekblad oop, let wel, ‘n PAGE, wat oop is vir die publiek om te sien waar jy jou goed ten toon stel. Bemarking. maar die belangrikste, BEGIN OM DIT TE MAAK!! EN VIR ANDER TE VERTEL!!
          Sterkte

          Like

      2. Hallo alle dierbare mense,
        Ek wil net deel wat ek gedoen het toe ek geen werk kon kry na ek my werk verloor het op 55 jarige ouderdom. Ek het n Europese paspoort gehad en het England toe gegaan en n huishoudster geword. Ek het by n kennis gewoon vir 3 weke, en van dag een af op internet gegaan en aansoek gedoen by agentskappe. Ek was baie uitgestres maar moes net vasbyt. My 1ste onderhoud was ook my eerste werk. Ek dra alle eer op aan God.
        Ek het selfrespek en laat niemand toe om met my te mors nie. Ek is nie opgesmuk en self voldaan nie. Ek glo net ” You teach people how to treat you” selfs my baas. Dit werk vir my.
        Ek moes my trots in my sak steek en n onderdaan word van iemand anders. Ek het baie trane gestort en ergernis beleef maar altyd net my oog op die doel gehou nl; Spaar vir n pensioen.
        Die grootste les wat dit my geleer het is dat ek n waardering vir my liewe huishulp van jare in SA, gekry het. Ek kon leer oor my gesindheid en my motiewe en verwagtinge teenoor mense en ook van ander mense teenoor my.
        Ek het ook geleer dat deur iemand se toilet skoon te maak “does not define me” Its all a means to an end. Ek weet wie en wat ek is en dankbaar vir wie ek is.

        Ek was baie spaarsamig en kon meeste van my geld spaar vir aftrede in SA. Nie eers n kantoor werk kon my laat spaar soos die inwoon huishoudster possisie nie.
        Soms moet ons ons trots stuk en doen wat nodig is. Vrees is mens se grootste vyand, glo my, ek het dit eerstehands ondervind. Vertrou God en bring jou kant, dit het vir my gewerk. Soms moet ons uit ons “cumfort zone” kom om te sien dat ons nie altyd kan doen en kry wat ons wil he nie, maar moet soms van ons troontjie afklim sodat God ons kan gebruik.
        Hy het my geskaaf en gebruik soos jul nie kan glo nie, en steeds besig met my. Ek het net my SA vriendinne en my 2 dogters en 2 kleinkinders wat my vermaak en ondersteuning. In England het ek net 1 Hollandse vriendin. Die internet is my beste vriend wat, ek leer geweldig deur enige iets te lees, muziek te luister en flieks te kyk wanneer dit my pas.

        Wees daar vir iemand wat jou nodig het, mens weet nooit wat daaruit kan voortspruit nie. My hart ween vir alle mense in SA wat suffer en swaar kry. Ons moet bymekaar staan en mekaar help, dis al wat kan werk.
        Ek sal nie meer vir jare in England kan werk weens gesondheids redes, en sal maar ook in SA weer n werk moet doen want my omstandighede vereis dit. Al moet ek mense se huis schoon maak. So moet nie dink ek skryf uit n positie van rykdom nie. Ek is al 6 1/2 jaar hier en het n beseerde dogter in SA en sorg vir haar ook.
        Wees braaf, sterk en glo in jouself en moet nooit toelaat dat enige iemand jou afbreek nie.

        Liked by 1 person

  2. Bedank die bediende eerstens, en spaar so geld (ek weet, ek weet, nou trap ek op tone, maar mens leer gou self skoonmaak en ook vinnig) dan het mens tyd vir ander dinge.
    Ek weet nie of jy werk offer, en of net voorstelle maak nie? Dis great artikel, egter MOET bygelas word, dit vat reuse aanpassing in die begin vir enige iemand wat eers salaris verdien het… die ergste skrik kom wanneer ‘debit orders’ begin ‘bounce’ en dies meer!
    En gepraat van talente, mens moet OOK maar vinnig leer om jouself te VERKOOP, wat nie maklik is vir almal nie. ( Glo my, ek ontdek meer talente by die dag 😆

    Like

    1. Ek maak net voorstelle. 😉 Snaaks, dat sodra jy die bediende laat gaan het, almal skielik netjieser leef!! Ek is inherent iemand wat ander wil help, daarom hierdie skrywe.

      Like

    2. Terwyl daar nou op tone getrap word oor die huishulp 😉 – Ek sê altyd ‘n mens spaar 3 keer die salaris. Dis eerstens die salaris, tweedens die kos, en derdens… gaan ek nie nou noem nie.

      Like

    3. My gedagtes bly by jou kommentaar. Ja, mens MOET leer om jouself te VERKOOP.
      Maar hoekom het ek dit geskryf? Ek kan nie onthou wat TOE in my kop gedraai het nie, maar… Ek is my hele lewe lank ‘n boervrou wat ook verplig was om ‘n manier te vind om die rande in die sak meer te kry. Maar ons het te ver van die dorp af gewoon om REGTIG daar te werk, ek sou moes “inbetaal”. (Deesdae ry ek 2 x per week om musiek te gee, maar dis meer vir die stimulasie as die geldwaarde!!). Hierdie jare by die huis en ‘n geldnood daarby, het gemaak dat ek al hoe meer innoverend begin dink het oor HOE kan ek, in my situasie, tog ‘n inkomste genereer? En deur dit te tik, glo ek, kan ek dalk iemand anders help wat in ‘n soortgelyke situasie is, of een wie sy werk verloor het en net nie weet HOE nou nie.

      Like

      1. Hi, ek wil asb ook ietsie bysit. Ek gaan troue vologende jaar Mei maand en dan plaas toe trek. Ek voel ek wil ook ‘n ekstra inkomste inbring.. Huidiglik werk ek by Kaap Agri in Stampriet, doen die admin. Dit is te ver en dit os te veel kostes om in en uit dorp toe te ry. Enige idees wat ek dan op die plaas kan doen. Ek verkoop reeds Annique produkte vir ekstra inkomste. Ek sal nou al ook met iets kan begin as ek net weet wat en waar. Almal rondom ons is boere. Ek hou baie van foto’s neem. Ek sal baie graag eendag trou, verjaardae en fuknsie foto’s wil neem. Maar ek moet ook eers spaar vir ‘n goeie kamara en intussen moet ek iets anders ook doen. Enige idees. Ek lees ook verder aan om julle idees te kry. Lekker gesels almal. E-pos asb vir my.

        Like

        1. Spaar doelbewus van jou Annique geld vir jou kamera. Begin nou al fotograaf speel waar jy ook al kan om jouself bekend te maak. Kry vir jou ‘n faceboekblad waar jy jou foto’s plaas en adverteer daarop dat jy troues, kinders, wat ook al wil afneem. Bou jou Annique uit. Dalk is daar iets soos Tupperware wat jy sasm met jou Annique kan bemark.

          Like

          1. Ek doen ook reeds Tupperware, maar bitter swak. EK het 1 of 2 kliënte wat elke maand by my een dingetjie koop. Maar ek is van plan om vir my page oop te maak of facebook. Dankie vir jou raad.

            Like

            1. Facebook is gratis. ‘n Fantastiese medium. Enige iets wat jy maak (naaldwerk of wat ook al) wat jy wil verkoop, adverteer jy op jou blad. In die begin sal dit stadig gaan maar met tyd kan dit net groei en groei. Sit gereeld iets op, amper daagliks om die aandag te trek en te behou.

              Like

              1. Goeie dag Toortsie – goeie idee deur op Facebook te adverteer – hoe gaan mens te werk – ek het my eie goeie kwaliteit Velsorgreeks en is baie bekostigbaar – die verkoopsvoor- waardes is ook so uiteengesit dat elkeen wat aankoop bo ‘n sekere bedrag kry afslag en kan dus self ook ‘n geldjie maak deur dit weer te verkoop. Help asb!!

                Like

  3. ek soek ook werk vanaf die huis. het nie ondervinding nie. werk al van n jong ouderdom. bereid om koeverte te vul of ettikete te skryf. help asseblief. DANKIE

    Like

    1. Vanessa, ek is nie ‘n werksoekagentskap nie. Dit wat ek hier skryf is sommer net om vir mense idees te gee van wat om te doen. Die belangrikste is om self te besluit wat jy kan doen en waarmee jy goed is en dan te dink hoe jy dalk jou eie talente kan omskep in geld. Sterkte.

      Like

    1. Jy het deesdae nie meer ‘n faksmasjien nodig nie. As jy Fax to email gebruik kan jy jou fakse by jou eposse ontvang. Gratis.
      Jy kan ook email to fax, teen ‘n tarief, wat ek nie weet hoeveel nie. Jy kan dit google

      Like

    2. As jy op die internet wil werk, sal jy egter MOET KYK NA JOU SPELLING. Jammer dat ek dit sê, maar ek kan net nie dink hoe ‘n mens tikwerk/internetwerk kan doen met swak spelling nie.

      Like

  4. Hi daar ek is al 10 jr wat ek van die huis af werk.. ons bly op n klein hoewe.. ek verkoop lewendige hoenders en so ook verkoop ek hoender stukke ,eiers, ek maak pap en vleis en so aan.. dis nie maklike nie want daar is baie kompetisie in ons omgewing maar Jesus voorsien in alles..
    ek maak ook kos vir ons kerk en verkoop een keer n maand wegneem etes (kook is n passie vir my)
    ek bak ook kleinkoekies en koeke .. so ek dink as jy jou mind (gedagte) op iets sit druk deur en moenie tou opgooi nie sterkte aan almal.. as julle raad soek ook kontak my gerus .daar is baie idees met blikkies bottels ek gooi niks weg nie ek maak van niks iet en verkoop dit .. mense soek altyd iets snaaks om te koop .. ek bly in benoni kleinhoewe fairleads .sterkte almal…

    Like

    1. More da, wil net hoor of u my kan help met idees met blikkies en bottels en so aan, ek moet iets begin doen vir ekstra geld asb. Ek sal dit waardeer as u my kan help. Dankie en n leke dag vir u.

      Like

    2. Ons het ook hoenders op die plaas, maar broei net nie die jaar nie. Ek het daaraan gesink om koekies en koeke te bak, naby aan ons is ‘n swartmark. Ek maak klein pakkies op wat bekosbaar vir hulle is en verkoop dit. Baie dankie vir jou idee, ek kan sommer nou al begin met dit…

      Like

    3. Hi Fransien, ek sien dis ‘n ou blad, maar ek het onlangs buitekamer skoongemaak. Selfde idee met die blikke en bottels, my kind is ook baie kunstig, so ons het bokse vol bymekaar, as jy dalk sou belangstel. Ons sal weer bymekaar maak wanneer ons plekkie het om dit te verwerk. Hoop ek kry jou nog

      Like

    4. Hi Fransien, as jy belang stel, ek het buitekamer skoon gemaak en blikke, bottels en houers in bokse gepak om weg te gee. Sien jy het dieselfde idee. Ek ken my dogter het al die idees, maar nie die plek om dit te doen nie. Kontak my gerus, ek gee als vir jou. Dit is skoongemaak, om te gebruik. Groete Maryke

      Like

  5. Goeie dag, ek het ‘n idee maar weet nie hoe om te begin nie. Ek kan ‘n keybord slaan so my keuse was eenvoudig, data capturer van die huis af vir ‘n paar maatksappye. Maar hoe begin ek?

    Like

    1. Almal wil ‘n huisie by die see he 😉

      Nou die aand het ‘n persoon op die tv gese: “as jy faal in jou eerste \ tweede \ twintigste probeerslag, onthou net dit… om te faal en klippe te koue is deel van jou sukses op die ou einde van die dag. Hou net aan!

      Like

  6. Goeie dag
    Ek het so pas klaar gemaak by my vorige werk. Die maatskappy warvoor ek gewerk het het geskuif met amper 50 km so ek is dus op soek na ander werk. Baie dringend het ‘n gesin om voor te sorg. Ek wil graag iets van die huis af doen, het gedink om 2 de handse motors te verkoop nie aan te koop nie net te verkoop. Of anders is ek dadelik opsoek na enige kantoor poste. Ek het bietjie van ‘n hulp dringend nodig die maand het begin as jy weer sien is dit aan die einde so ek moet iets gou begin of kry. Daar is betaling wat wag aan dei einde van die maand help asb Baie dankie

    Like

    1. Hello. Jammer jong. Maar hierdie is maar net n bloginskrywing waar ons bietjie gesels oor tipes werk wat jy kan doen van die huis af. Ongelukkig is ek nie n agent om mense wat werk soek te kan plaas nie. Ek hop jy kom gou reg.

      Like

  7. Ek word nou die jaar 20 en ja ek weet almal se ek is nog so jonk maar ek bly op n klein dorpie in Delmas en hier is nie werk nie , en eke wil grag n geldjie maak om my verloofde te help met skult ens, ek hu da van om heeldag voor my rekenaar te sit en tik.. ek wil graag he julle moet my asb help om n webpage te kry wa ek kan an stell , enige iets sal doen asb hoop julle kan my help!!

    Like

    1. Hou bietjiejou ore op. Luister waar mense se hulle papierwerk is te veel en bied aan om hulle daarmee te help ten ‘n uurtarief. Jy kan selfs by hulle huise of kantore gaan help of die werk na jou huis toe bring. Hoor by plaaslike prokureure ouditeure of selfs die plaaslike spar of jy nie deeltyds kantoorwerk by hulle kan doen nie. Of die boere se papierwerk is ook vir baie ‘n nagmerie. As jy eers by een ingekom het en hy is tevrede met jou werk sal nog deure oopgaan. Onthou doen jou beste van dag een af selfs al is die geld dalk min. Bou jou nam en mak jouself onmisbaar.

      Like

  8. Hi daar, ek wil net graag vir jou dankie se vir die idee om die blad te skep. Ek is ook nou in die proses om my loopbaan te beeindig en wil graag my eie ding doen. Ek het baie inerlike struwelinge daaroor – maar ek moet se nadat ek jou komentaar gelees het is ek meer geinspireer. Ek soek nog na my idee maar sal dit vir jou aanstuur sodra ek iets het.

    Like

  9. Goeie more Mensies.

    Ek is een van die wat ook maar min salaris kry. Ek het al die Internet sif gesoek vir tikwerk of data capturer werk wat ek van die huis af kan doen. Die meeste wat jy kry, moet jy iets vooraf betaal en dan gebeur die werk nooit eers nie. Daar is deesdae so baie “scams” daarbuite. As daar een mens was wat so iets kon behartig het, waarvoor jy werk, en sy fooi die maand daarna kan vat, jy jou werk daagliks kan aflaai of ontvang per epos..en jy ‘n maandelikse salaris kon ontvang, dit sou baie mense gelukkig gemaak het.

    Lekker dag
    Jason

    Like

    1. Liewe Elanie, ek verstaan waarvan jy praat. Ek is ook ‘n boervrou, en dis juis uit al my pogings om ‘n geldjie te verdien wat ek hierdie dinge probeer het wat ek hierbo beskryf het. Dink wat is jou talente, en gebruik dit, en hou jou ore op die grond. Kyk wat ander mense doen om kreatief te wees, doen hulle na of laat dit die begin wees van groot dinge wat jyself doen en uitdink om geld te verdien. Sterkte

      Like

    2. Waar bly jy? Ek kan jou aanstel as Annique konsultant, jy bepaal jou eie inkomste elke dag. Waar bly jy? Jy kan my mail asb. Dan kan ons gesels.

      Like

  10. Hi Toortsie,

    Geluk met jou blog dit is werklik motiverend. Wel ek sien hier is baie mense wat werklik werk soek.

    Ek is op soek na agente wat BEREID is om hard te werk en baie goeie kommissie te verdien. Het al agente gehad in JHB, PTA sonder enige sukses.
    Groetnis

    Deon

    Like

    1. Sal jy moontlik ‘n agent in Namibië wil hë op ‘n plaas. Ek bly tussen 2 dorpe kan 1 keer ‘n week in ry dorp. Ek stel belang, wat behels dit?

      Like

        1. Goeiedag,
          Ek is heeltemal onkundig wat Banting Boerekos betref. Eerstens neem ek aan dit is die verspreiding van ‘n resepteboek waarin boerekos die hooftema is. Verder wil dit vir my voorkom asof jul reeds suksesvol is in Gauteng. Ek is woonagtig in die Weskaap en weet nie heeltemal of dit hier al so aktief is nie.
          Kan jul asb die verskil tussen gewone boerekos en Banting boerekos aan my deurgee? Dan ook die kommissiebasis waarop dit werk indien die Weskaap ook ingeskakel kan word wat die aksie betref.
          Kontak my gerus by 0828994572.

          Like

          1. Banting is die leefstyl waar stysel en suikers uit die dieet verwyder word en vetinname verhoog word.
            Die leefstyl word landwyd gevolg.
            Die Bantingboerekosboek is ‘n resepteboek wat ekself geskryf het waar die Bantingreëls toegepas word in boerekos.
            Ek woon in die Wes-Kaap. Die boek is al in ‘n paar winkels in Bredasdorp, Struisbaai en Agulhas verkrygbaar. Verder deur posbestellings.
            As u as agent wil optree, koop u ‘n minimum van 5 boeke per keer tern ‘n verminderde bedrag en herverkoop dit teen rakprys.

            Like

    1. Ek weet nou nie waar sy adres is nie. My blog is darem nie ‘n plek waar mense kan “werk soek” of “werk adverteer” nie. Hyself het dit nie hier geskryf nie. Die doel van hierdie blog is om mense kreatief te laat dink oor WAT jy dalk in jou omstandighede kan doen van jou werk af. Groete Toorts

      Like

  11. Hallo Toortsie! Ek wil ook graag iets doen vir sakgeld – my belangstelling is naaldwerk,maar niemand wil betaal vir die tyd wat ek daaraan spandeer nie! Ek woon op ‘n klein dorp, ly aan MS(Multiple Sklerose) maar moet myself besig hou en dit sal lekker wees om ‘n gereelde sakgeldjie te kan verdien. Ek kan nie bestuur nie, so om uit te gaan en te bemark is uit! Het jy enige idees wat ek kan maak wat maklik sal verkoop?
    Emsie

    Like

  12. Ek het in 2002 met dieselfde probleem gesit… van vaste salaris na niks in rekord tyd. Dit was nie lekker om geen inkomste skielik te verdien en afhanklik te wees van ander. Ek het toe besluit om meer geld te spandeer en my huis te laat vergroot wat ek toe op die ou einde in ‘n gastehuis omskep het. Dit is harde werk, maar was beslis die risiko werd. Vandag kyk ek nie terug na die salaris wat ek een verloor het nie. Ek weet nie almal kan skielik dieselfde doen, maar vir my was dit ‘n groot uitkoms en in die proses het ek ook aan ander ‘n werk geleentheid gebied want sonder personeel is sukses ook onmoontlik. 🙂

    Like

  13. Uitstekende artikel. Baie dankie! Ek werk al vanaf die huis sedert 1995. Ek moes my kantoorwerk bedank toe my man verplaas is na ‘n klein dorpie waar werk vir myself skaars was. Ek het vir ‘n buurvrou begin klere maak, en my naaldwerk het van daar af gesneeubal. Later het ek vir Markhams mansbroeke nouer en korter gemaak, vir ‘n binneversiering-plek het ek romeinse blindings en toiletstelle gemaak, en klere en herstellings vir privaat kliënte. Toe trek ons terug Pretoria toe in 2000. Ek het net weer hierdie kant begin adverteer en aangegaan met naaldwerk. Ek vind baie mense weet nie hoe om ‘n knoop aan te werk of ‘n ritssluiter te vervang nie. Nouja, later het begin voel ek het ‘n verandering nodig en oorgeskakel na fotografie en grafiese ontwerp. Ek het ook proeflees en vertaalwerk begin doen en baie vraestelle getik en vertaal vir ‘n tuisskool-instelling. Nog later het ek begin juwele maak en skilder. Ek is gelukkig – ek leer vinnig en nuwe tegnologie skrik my nie af nie, dus kon ek vir my juwele en kuns “blogs” opstel (wat gratis internet blootstelling is), en ek verkoop ook my goed aanlyn op Bidorbuy. Nou my grootste struikelblok: alhoewel ek baie dinge goed kan doen, is ek bitter sleg met die bemarking van my eie werk. Ek voel altyd so half – ek het nie sertifikate of diplomas, of ander formele kwalifikasies wat my die “reg” gee om te sê: Ek is ‘n fotograaf, grafiese ontwerper, kunstenaar, ensovoorts nie. Dit veroorsaak ‘n soort van minderwaardigheidsgevoel wanneer ek begin dink aan bemarking van my werk. Ek weet wat ek doen, doen ek baie goed. Daarom voel ek my werk moet “vanself” verkoop. Maar deesdae het mense nie geld vir luukshede nie – kuns en juwele is sekerlik onderaan enigeen se lys. Ons almal wat probeer iets maak met wat ons het bly maar op ons knieë… en onthou vir wie is ons kosbaarder as die lelies van die veld. Sterkte julle almal.

    Like

  14. hi almal, nou net afgekom op die blog… en bietjie gelees. Het toe besluit ek sal maar bietjie deel.

    Ek is a Qualified Hairdresser, al vir 11 jaar, doen hare letwel vandat ek kan onthou (ek is nou 29),
    ek is ook n Qualified beauty therapist, al vir 10 jaar (met city and guilds), ekt begin werk in a Salon op die ouderdom van 19 (vir a tip slip R1290.00 waarvan daar uif afgetrek was ens ens) toe ek 21 was toe het ek my eie salon oop gemaak met die help van my ma en my ouma se vriend, Ekt n bestaande salon gekoop en quite frankly die vrou wat die salon voor my gehad het was nie so great nie, so moes weer kliente op bou van scratch af…
    Anyway ekt daai salon gehad vir 5 jaar, toe koop n vriendin in vir helfte aandele (sy het toe vir my gewerk voor die tyd)… groot fout.
    toe skuif ons die winkel na n nuwe persiel toe wat na n jaar nie so lekker gewerk het nie. Ek verwag toe my eerste dogtertjie en besluit toe ek gaan van die huis af werk.

    Ok so eventually i am getting to the point… ekt 6 weke na baba se geboorte begin werk… harde werk om n salon van die huis af te run en baby happy te hou, huis skoon te maak en hubby happy te hou… Maar ons was fine… 3 maande later vind ek uit ek is alweer swanger “YIPPY”!

    Toe raak dinge even meer hectic… begin to kyk vir ander maniere om van die huis af te kan geld maak, maar daar soveel scams, en dan soveel legit goed maar alles include networking en bemarking ens… so toe my 2 de baba gebore is (my 2 kids verskil 13 en n half maande) raak dinge tight. Toe verkoop ons die huis en koop n grooter huis… waarvoor ons 5 maande gewag het voordat ons kon intrek. so toe in daai 5 maande het ek na die kliente toe gegaan om hulle hare bydi husi te doen. Inkomste het geval.

    Ek registreer toe n nuwe besigheid, wat my n paar rand gekos het. In Virtual assistant, recruiting, algeme filing ens… met nog n paar dinge… Nou ja toe, nou bly ons in ons nuwe huis, biqi verder van my kliente af… so in die laaste 2 maande was dit baie stil met die hare… en nou probeer ek myself so bemark en my naam daar uit te kry maar dis nie maklik nie.

    Ekt soveel idees as dit kom by ander mense se besighede en hoe hulle dit kan verbeter of meer aantreklik maak dat ek skoon van die pad af dwaal as dit by my eie dinge kom. Maar ek glo en vertrou dat daar nog groot dinge oppad is vir my, en ek glo vir al die ander mense daar buite ook.

    Ek is ook nogal kunstig… nou nie a pro nie maar akriel verf so maklik en dis so bright en mooi… so met my skilderye het ek ook al n paar rand gemaak. En dees dae kan jy jou eie canvases maak wat baie goedkooper uitwerk as wat die kuns winkels vra. Die nuutste nou is ook hout canvases wat redelik goedkoop is. En dan gaan google jy sommer, easy canvas art, of abstract art of whatever en dan sit jy net jou eie twist aan jou kunswerk en moenie probeer copy nie, just have fun… maak n prys en verkoop dit sommer vinng vinnig.

    Daar is so baie dinge wat mens kan doen vir n extra geldtjie… maar die gehuim is om iets te kry wat vir jou gaan werk, en wat by jou persoonlikheid gaan pas. Sodat jy dit dan doen met passie en nie n half job nie.

    N personal concierge is ook nou nogals n groot ding want mense het net doodeenvoudig nie die tyd om by alles uit te kom nie.

    anyway, eks jammer my msg is so lank… hoop nie ek Trap op iemand se tone nie 😉

    mag julle n wonderlikke week verder beleef.

    Like

    1. Dankie, dit was baie interessant, en ek hoop jy maak ‘n groot sukses. Nee, ek weet jy gaan ‘n groot sukses maak.
      Die belangrikste van alles wat jy gesê het: “Daar is so baie dinge wat mens kan doen vir n ekstra geldtjie… maar die geheim is om iets te kry wat vir jou gaan werk, en wat by jou persoonlikheid gaan pas. Sodat jy dit dan doen met passie en nie n halwe job nie.” Ja, dis BAIE waar~! 🙂

      Like

  15. Nog ‘n opsie (as jy kan ordentlik skryf) is om vryskut skryfwerk vir ‘n tydskrif te doen. Dis nie te maklik om jou voet in die deur te kry nie, maar dis moontlik. Skryf iets in jou beste taal oor ‘n onderwerp wat die lesers van die spesifieke tydskrif interessant sal vind en stuur dit vir die redakteur(trise). Jy mag hulle dalk net so beïndruk dat dit geplaas word en van daar af het jy ‘n kontak punt vir verdere artikels. ‘n Mens moet dikwels ‘n paar skryf om een geplaas te kry, maar gaande weg begin jy ‘n beter idee kry waarin hulle belangstel en dan gaan dit makliker.

    Like

  16. Ek loop al n rukkie met n idee. Hoekom nie huishoudings onderhou nie? Ek dink spesifiek aan meer welgestelde families. Let wel, jy doen die werk nie self nie. Maklike goed. Kyk dat tuindienste opdaag, probleme met bediende, vat hond vir inspuitings, sorteer rekeninge uit waar nodig, onthou tv lisensie moet betaal word, vat sussie vir musiekklasse, meld probleme aan met telefoon, elektrisiteit wat af is, ens, ens. Die geheim is om die regte gesin te kry. Mense wat dikwels oorsee is…… weet nog nie hoe om dit in plek te sit nie, maar gaan nog. Sterkte almal.

    Liked by 1 person

    1. Fantasties! Jare gelede was daar ‘n fliek van so iemand. Ek dink die fliek se naam is The Housewife, of so iets. Het jy dalk lus om dit te doen? Adverteer. Ek dink baie alleenlopende mans sal ook belangstel in iemand wat die huisjoudelike sleurtake op hul skouers te neem. Tarief per uur, of tarief per werk.

      Like

  17. Maggies ek moes nou amper n uur gebruik om aan die einde te kom!
    Ek het baie handgemaakte hanswors-lappoppe gemaak. Almal was gaande en ek kon nie voorbly nie. Hier in NZ het ek seker 2 jaar baba of kotkwilts gemaak en een Sondag in die maand by n kunsmark verkoop. Sakke gekwilt ook wat netso gewild was, ook serpe gebrei vir Afrika.(2014 het ek afgeneem van enige handwerk en my Internasionale student versorg) Waar daar n wil is, is daar n weg

    Liked by 2 people

      1. Mede SA inwoners,
        As daar so n hoe werkloosheid syfer is, waarom doen ons nie ons bes om n werk goed te doen en dit te behou nie. Waarom begin blanke dames nie huise soon maak vir n inkomste nie. Daar is so n vreeslike behoefte vir mense met “commonsense” netheid en betroubaarheid.
        Ek werk al 5 jaar oorsee as huishoudster omdat ek nie werk kon kry in SA nie. Ek het n EU paspoort wat dit moontlik gemaak het. My dogter in Wes Kaap sukkel om n huishulp te kry vir 1x per week. Mense watvir haar gewerk het breek haar goed, steel haar goed, daag net nie op vir werk nie, will altyd geld leen, werk half en sonder trots en selfrespek.Vertel leuns en wil net altyd he he he.Meeste mense het geen trots in wat hulle doen.
        Die lewe het my geleer dat jy moet hard werk en ALTYD JOU BESTE gee. Dit is nie altyd maklik nie maar wel nodig. As daar so n nood is, waarom draai die SA blanke vroue nie die persepsie om en begin huise skoon maak soos in die “first world countries’ nie. Ek dink BAIE mense sal indiens geneem word omdat daar n behoefte daarvoor is.
        Dis nie altyd maklik vir my nie maar ek moet deurdruk om vir my en my beseerde dogter te sorg.
        Soms is ons trots die grootste probleem wat ons weerhou om geld te verdien. Ons Suid Afrikaner vroue is baie bederf in vele opsigte. Ek het my hele lewe lank n huishulp gehad en ek is nou 60jr oud. My oe het oop gegaan van ek hierdie werk doen en ongelooflik baie geleer van myself en ook van my eie tekortkominge.
        My hart gaan uit vir ieder en elk wat moedeloos is en finansieel sukkel. Weet net niks gaan verander as ons nie iets gaan doen nie. Ek moet soveel keer my trots in my sak steek want, dit gaan nie die brood op die tafel sit nie. Ek het nie n jolly lewe hier in die buiteland nie en spaar meeste van my geld. Dit gaan oor my oorlewing in SA as ek klaar maak met die werk hier. Ek spaar vir n pensioen!!. Opoffering bring sy eie vergoeding.

        Blessings vir alle vrou in SA
        Mary

        Like

  18. Ek het ‘n seun van 23. Hy kan nie lees en skryf nie, want hy kom uit ‘n skool vir verstandelik gestremdes. Ek is al raadop want hy kry nie werk nie en hy sit net heeldag by die huis en vervelig wees. As jy dalk vir my raad kan gee oor iets wat hy dalk van die huis af kan doen sal ek baie bly wees! Groete Miems Schoeman

    Like

    1. Laat hy leer sweis en dan kan hy sweis werke maak, my ma is ook met ‘n verlamde man getroud en hulle het so ‘n besigeid, doen soms baie goed.

      Like

  19. Wel ek het jare gelede al my eie raambesigheid by d huis begin, maar het ook koek gebak, geskilder, geskryf( vryskut vir plaaslike koerant ), kinders opgepas, speelskooltjie gehad, stalletjies beman by kermisse en feeste, kindergesiggies beverf by einste feeste, en tans doen ek selfsorg verhurjng van ons stranhuise. Waar daar n wil is is daar n weg. Die geheim is om op te hou dink dat iemand anders vir jou n werk moet gee. Jy moet dit self sskep! Begin bv om koekies te bak ( as dit jou passie is) en plaas n advertensietjie in jou plaaslike koerant, vertel al jou vriendinne en hulle huishulpe, sit mooi netjiese pamflette met n prentjie op , gratis op by jou supermark, dir apteek, die haarkapper ens. As dit nog te onbekend is, gee n bakseltjie af by bv die haarkapper of die skool en by elke koekie kry d persoon n kaartjie wat se dat jy op bestelling bak…..Sommige mense maak maaltydgeregte van d huis af. Gaan bv na privaatrestourant wat hierdie groothandel puddings verkoop en se jy sal vir hulle tuisgemaakte brandewyntert/ malvapudding of watookal op bestelling verskaf. Mense wat skoonheidsprodukte, skoonmaakppodukte juwele ens vd huis af vekoop maak ook iets ekstra. So het my dogter al op skool begin om egte skaapvelpantoffels ( wat sy groothandel aangekoop het), tuis te verkoop en lekker sakgeld gemaak, want daar is niemand anders op ons dorpie wat dit doen nie.

    Like

    1. Dankie Seegogga.
      Nou wonder ek. Een keer het my tweeling by die huis fekon met geverfde fesiggies. So opgewonde. Teen die tyd wat ek die foto wou neem het een syne al begin afwas. Die foto was tipies van due kaggende en huilende nar. Sou dit jou of jou kinders se handewerk wees? Dink dit was by ‘n Voet fees.

      Like

  20. Hi julle, is ek darm nou bly om op hierdie blog af te kom!
    Ek en my man trek oor 2 weke na ‘n ander dorp toe waar hy vir ‘n boer gaan werk. Dit beteken ek sal ook ‘n werk moet kry, en dit is wat versoorsaak lat my gedagtes begin oortyd werk om ook ietsie van die huis af te begin doen.
    Ek het nogals ‘n idee om dalk ‘n plaaswinkeltjie te begin vir al die plaas werkers. Goed aan te hou soos chips, koeldranke ens.. hier is iemand in die dorp waar ons tans bly wat dit doen en hy doen verskriklik goed met dit.
    Hoop dit help ook dalk vir iemand.
    Lekker dag julle

    Like

    1. O ek hoop jou winkeltjie doen sommer baie goed. Suiker is ook iets wat altyd goed verkoop. En stokkiesroomyse. En dan kan jy sommer koek bak vir die werkers ook. Hulle soek altyd iemand om ‘n koek te bak. ‘n Lekker dubbellaagkoek met chockolate icing.

      Like

    2. O Gits! Van iets het ek vergeet, toe hoor ek dit nou op die radio.
      eintlik raai hulle boere deesdae af om winkeltjies te hou vir hulle werkers. Die gevaar rondom dit. Jy weet?

      Like

  21. Hallo!

    Ek sien daar is lanklaas kommentaar gelewer op hierdie inskrywing, maar ek wil nogtans ‘n paar dinge bylas.

    Ek het oor die jare op verskeie maniere ekstra inkomste probeer genereer, onder andere deur agent te wees vir Herbalife & Annique, 2de handse klere te verkoop, begrafnis polisse verkoop, vryskut tikwerk en werks kontrakte opgestel vir bediendes en tuinwerkers. Ek het ook ‘n paar randjies gemaak deur opnames te doen op Toluna South Africa en M4JAM – die nou nie duisende rande nie, maar dis genoeg om ‘n gaatjie toe te stop – ‘n baie klein gaatjie let wel! Ek glo dat elke bietjie help.

    Ek stel ook CV’s op vir mense en help met werks aansoeke. Enige iemand wat belangstel daarin kan vir my ‘n epos stuur: info@deliciously-ambitious.co.za. Ek het ook ‘n Facebook blad: Deliciously Ambitious.

    Ek hoop om binnekort my blog bekend te stel wat fokus op hoe om ekstra inkomste te verdien, van die huis werk af idees en hoe om geld te bespaar vir Suid Afrikaners! Ek het reeds my twitter rekening waarop mense my kan volg vir raad en idees! @ChickOnBudgetSA

    Like

  22. Hi,

    Julle het sommer baie lanklaas iets op die blad geskryf!!

    Ek wil nogtans iets byvoeg, is nie eers seker of julle dit wel sal lees nie.

    Ek is swanger met my eerste kind, is ‘n plaasvrou en ‘n onderwyseres. Ek ry 90km ‘n dag op en af skool toe. Ek speel al ‘n geruime tyd met die idee om iets van die huis af te doen. Moet bieg dat ek egter meer kere misrabel en nikswerd voel nie, dit voel of ek geen talente het nie. ‘n Paar weke gelede het ek op ‘n webpage gekom wat vryskut kusrusse en werk adverteer. Dit het my idees gegee en verseker beter laat voel. Ek is mal oor tale en merk en lees en sal verseker floreer in ‘n proeflees en redigering werk. Dit sal lekker wees om my eie ure te werk. Wanneer baba daar is, wil ek graag aanpas by haar tye. Ek wil graag my eie kinders groot maak.
    Die webpage is egter veroudert en ek het vir nog gaan soek. Elkeen vra dat jy moet registreer. Nadat registrasie ens plaas gevind het, sal hulle ‘n e-pas stuur met verdere inligting.
    Ek kry niks.

    Ek weet nie of ek op die verkeerde plekke soek of wat ek dalk verkeerd doen nie, maar ek voel weereens moedeloos.

    Enige raad van mense wat so iets al aangepak het? Ek sal dit hoog op prys stel as iemand my net kan help in die regte rigting.

    Verderwil ek ook se, dat hierdie ‘n uitstekende en interessante blog is. Ek het voorwaar baie geleer en dit laat mens beter voel as mens weet ander vrouens sukkel ook. Somige suksesverhale is ‘n riem onder die hart en laat my sommer weer gemotiveerd voel om iets aan te pak.

    Baie dankie.

    Like

    1. Dankie vir jou inset. Hierdie spesifieke blogpost word daagliks gelees en jou inset sal ook baie help.
      Begin om vir jouself ‘n faceboekpage te maak waarin jy jou proefleeswerk adverteer.
      Ek het ‘n vriendin wat proefleeswerk doen en sy doen baie goed. Probeer om advertensies by universiteite op te sit waar M studente dit sien. Hulle soek altyd proeflesers.
      Dit begin maar klein maar met tyd kan dit groei.
      Terloops, hierdie is maar net ern blogpost in ‘n baie aktiewe blog. Kliek bo-aan op die blog se naam dan sal jy ander bloginskrywings ook sien.
      Sterktwle. Hoop jy kom reg!

      Like

  23. Goeiedag,
    Volgende jaar word ek 65 en moet ek ekstra inkomste verdien ten einde die finansiele verpligtinge na te kom. Ek dink daaraan om iets vanaf die huis te doen soos bv vertaalwerk vanaf Engels na Afrikaans of andersins proefleeswerk van Afrikaanse skrywers voordat hul die boek uitgee vir publikasie. Of dit werklik ‘n noemenswaardige inkomste sal voorsien is ‘n ander vraag. Idees van mede leesgenote is welkom.
    Ek is tans werksaam by ‘n korttermyn versekeringsmakelaar waar ek adminwerk doen.

    Like

      1. Hallo Toortsie,

        Ja, ek skop nog. Ek het gelees van Cheetahs se blogs. Ek het nie ‘n spesifieke program nie maar as dit moontlik is sal ek moontlik kan help met spelling.

        Vra dat hy of sy my nader via Epos.

        Vriendelike Groete.

        Danie Nel

        [OO008 GARRUN GROUP DESIGN OF THE VERSMA GARRUN LOGO – CHOSEN]

        Versma Garrun Management Services (Pty) Ltd
        Licensed Financial Services Provider

        Reg No: 2009/009563/07
        FSP License No. 5321

        Tel: 021 948 3100
        Fax: 021 949 0122
        Direct: 021 974 7351
        Email: danie@versma.com
        Website: http://www.garrun-group.co.za
        Postal: P.O. Box 3597, Tyger Valley, 7536
        Physical: 1st Floor Tyger Valley Chambers Two,
        27 Willie van Schoor Drive, Bellville, 7530

        [cid:image013.jpg@01D2028B.21CF0210] [cid:image014.jpg@01D2028B.21CF0210] [cid:image015.jpg@01D2028B.21CF0210]
        Download the Garrun Assist App:
        [http://www.garrun-group.co.za/site/user_data/images/android.png][http://www.garrun-group.co.za/site/user_data/images/google-play.png][http://www.garrun-group.co.za/site/user_data/images/itunes.png]

        Like

  24. Ek werk al 25jr+ vir myself, ek het ongeveer 400 werkers wat vir my en deur my werk. Ek is moeg dit is beslis nie ‘n huisbesigheid nie, my kantore is bewys daarvan. Ek het vir eers by my huis gewerk en toe vinnig agtergekom als en almal in my huis kry swaar daarmee en toe na kantore toe geskuif.
    Maar as ek noodgedwonge na my aftrede moet werk het ek vir my man gesê sal ek ‘n vensterwas besigheid begin, jy het 3 mense op ‘n voertuig nodig, lere, asyn, druppels sunlight liquid, en lappe/koerante en daar gaan jy.
    Ek betaal oor ‘n R1000-00+ om 8 kleinvenstertjies in ‘n toring by my huis te laat skoonmaak, die mense is altyd besig.
    Maw ek dink dat daar altyd werk is in dienslewering. – maar ‘n vensterwas besigheid lyk vir my beslis die aantreklikste.

    Like

  25. hi
    dit alles is so interesant , ek werk tans maar dink om iets van die huis af te doen.
    wonder..daar is so baie mammas en pappas wat werk..gedink om elke saterdag
    n dogter dag te hou…soos koekbak…naaldwerk…raampies..hul kan elke naweek iets nuuts leer

    wat dink julle

    Like

  26. Goeie dag.

    My man kan dalk op ‘n ander dorp ‘n werk kry hy is gese om ander werk te soek na hy gekwalifiseeer het as werktuigkundige. Ek werk ook op die oomblik en my skoonma pas ons 8 maande oue seuntjie op. As my man op ‘n ander dorp reg kom en ons moet trek wil ek nie hê my skoonma moet saam trek nie sy het ook ‘n huis en ‘n man wat haar aandag nodig het en haar skoonma is in die kliniek sy is siek so dan gaan ek sleg voel sou iets gebeur en sy sit ver en kan nie kom as haar ma of skoonma haar nodig het nie. Ek wil verkieslik nie weer voltyds werk nie wil iets doen wat ek by die huis kan doen en self verder my kind kan grootmaak want ons gaan nog geld kort my man se inkomste alleen kan nie vir ons sorg nie. Enige idees? EK werk huidiglik as ‘n klerk vir ‘n boekhouer en ek hou van tik.

    Like

  27. Liewe dierbare Toortsie hierdie vrou is mal oor jou en geniet jou skrywe’s baie. Nog n idee vir n ekstra inkomstetjie of n werk van die huis af is n hondesalon. Ek is 60 en is gelukkig om nog te werk maar wanneer ek die dag aftree sal ek n kurses gaan doen en my met die nodige kennis bemagtig om n everste grand groomer te word. Ek wag in opwinding vir jou volgende boek vriendin. Blessings vir jou en jou positiewe karakter.

    Like

    1. Baie dankie vir die mooi woorde en ‘n hondesalon klink wraggies na ‘n uitstekende plan!
      My graad 3 juffrou se naam was Breggie. Ons was baie lief vir haar. Rooikop. Dit was nie dalk jy nie, maar sy moet al ‘n bietjie ouer wees. Omtrent 70. 😁

      Like

Gesels saam, asseblief!