
Dinge wat ek nie van skape geweet het nie – Jaco Jacobs.
Ek het ‘n oulike jeugboek gesoek om vir my kleinkinders te lees, toe iemand Jaco Jacobs voorstel. Wat ‘n oulike boek! Die seun in hierdie storie is 14 jaar oud, so ek dink dit was ‘n bietjie te gevorderd vir my kleinkinders op hierdie stadium, maar ék het die boek baie geniet! Om die waarheid, te sê, ek wou die boek nie neersit nie en sla dit graag oor ‘n paar jaar vir my kleinspan aanbeveel.
Luan is in groot moeilikheid en word ‘gestraf’ deur vir die vakansie saam met sy ouma in die Karoo rond te kuier. Sy ouma, wat hy eintlik glad nie meer ken nie omdat hulle mekaar so min sien.
Hy leer ‘n oulike meisie ken, doen ‘n behoorlike belaglike ding, en leer hy om verantwoordelikheid te neem vir sy keuses, raak hy en sy ouma groot maats.
Hierdie is beslis ‘n boek vir alle jong tieners, en hulle mammas en oumas!
Toortsie
Ns. Ek het die boek uitgeneem by Libby, ‘n e-boek biblioteek. Om lid daarvan te wees, moet jy lid wees van ‘n biblioteek wat by hulle ingeskakel is.
Ek was ook baie beïndruk met hierdie jeugverhaal vir alle ouderdomme!
LikeLiked by 1 person
Ek wil nou kyk vir nog boeke deur dieselfde skrywer.
LikeLiked by 1 person
Eks mal oor jeugboeke. My jare in die biblioteek was ek by kinder en jeugboeke betrokke. Al die nuwe boeke gelees daardie jare. Hierdie een klink beslis die moeite werd om te lees.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet ook ‘n jeugboek al lees ek heeltemal te min van hulle. Ek het hierdie boek baie geniet. Ken jy Libby?
LikeLike
Nee, ek het myself gespeen van jeuglektuur omdat ek soveel ander leeswerk het. Ek het my jeug boekies saamgebring. So ek kan op die ouetehuis se stoep sit eendag en lekker Afrikaans lees uit ‘n regte boek.
LikeLiked by 1 person
Ek kom net nie by lees uit nie.
LikeLike
Selfde hier. Is asof daar altyd iets is wat afgehandel moet word voordat daar gelees kan word.
LikeLiked by 1 person
Jajaaa
Jy moet ‘n geseënde kersfees hê.
LikeLiked by 1 person
Ek lees graag jeugboeke (dalk laat dit my so effe vergeet dat ek nou wil-wil raak aan 50 😉) … maar ek vind hierdie boeke altyd so eerlik.
LikeLiked by 1 person
Ja ek is mal daaroor.
LikeLiked by 1 person