Christa doen tans ‘n dankbaarheidsuitdaging van 21 dae, dink ek. Ek was dadelik lus vir saamspeel, maar destyds het ek dit gedoen en toe sommer vir 200 dae aangehou … Vandag vra sy:

Wat het ander vir my gedoen waarvoor ek dankbaar is? Sjoe! Soveel om op te noem! Soveel mense oorlaai my met liefde.
Soos dat al my kinders en kleinkinders by ons kom kuier het. Watter groot geskenk is dit?
Soos dat my kleinkinders nie omgee om saam met hulle eksentrieke ouma op ‘n driewiel met hulle fietsies te ry nie. Joe! Ons ry Struisbaai plat, maar die verkeer raak nou meer, so ons moet ekstra versigtig raak. Soos die motoris wat betyds stop …
Soos die predikant wat Sondae al die pad van Bredasdorp af ry om, nadat hy reeds daar gepreek het, ook vir ons by die see ‘n wonderlike boodskap te bring.
Soos die lekker Kersete wat ons gisteraand gehad het en almal se mooi gesindheid en hulp en liefde en lekker kuier.
Soos dat my dogter vir ons ‘n kleine ou babatjie in die wêreld gebring het. Waarvoor meer kan ‘n mens vra?
Soos soveel vriende wat my arms hoog gehou het toe ek dit baie nodig gehad het. En hét ek dit nodig gehad gister!
Soos die ou by die fietsstalletjie wat ewe vriendelik vir my toestemming gegee het om my driewiel veilig by hom te parkeer solank ek winkel toe gaan.
Soos my kleinseun wat my tee aandra en my kleindogter wat tog te graag vir ouma help werkies doen.
O nee! Nou moet ek ophou! Daar is te veel om te noem.
Toortsie
Daar is beslis baie wat mens kan opnoem wat ander vir jou doen. Sommer so in die verbygaan.
LikeLiked by 1 person
Soos dat iemand my genoeg vertrou het dat ek sy boek as ‘n e-boek mag uitgee.
LikeLiked by 1 person
Dit is besonderse vertroue.
LikeLiked by 1 person
Ek voel ook so.
LikeLiked by 1 person
Jou lewe is vol liefde en jy het baie liefde om te gee. Dit is wonderlike om te weet dat jou familie kom kuier het. Ek hoop dat hierdie feestyd ‘n gelukkige periode sal wees vol laggery en liefde.
LikeLiked by 2 people
Dankievir jou mooi woorde. ❤️ Mag jy ook ‘n geseënde feestyd beleef.
LikeLiked by 1 person
Ek onthou daardie kwaai verkeersknope in ‘n andersins rustige stranddorp! Julle maak sekerlik ‘n mooie prentjie, jy en jou kleinkinders op julle fietse 🥰
LikeLiked by 2 people
❤️😁
LikeLiked by 1 person
Dit is pragtig, dankie vir die saamspeel.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Wat ń lieflike voorbeeld van ń lewe vol seën, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
❤️🎈Amen
LikeLike
Dis goed as ons nog kan raaksien hoe mensliewend ander is … het dit nou weer ervaar van totale vreemdelinge op ons “road trip”.
Toortsie, jy moet jou kleinkinders geniet daar in die strate van Struisbaai – bou heerlik aan daardie vakansie herinneringe!
LikeLiked by 1 person
Dankie! Ja, ons bou!
LikeLiked by 1 person
Ek dink dat mense oor die algemeen goed is.
LikeLiked by 1 person