
Marnus Middelkind verdwyn tussen sy twee broers, hul misbruik hom om hulle werkies te doen. Dan klop daar ‘n meisie aan hulle voordeur met ‘n petisie en sy hele lewe verander.
Geen mens kan dieselfde bly as jy vir ‘n paar dae dag en nag in ‘n boom sit om sodoende die boom te red nie. Om die waarheid te sê, as jy so iets doen, kan jy reaksie verwag. Soms ander reaksie as waarop jy gehoop het, maar so ‘n aksie beïnvloed meer mense as wat jy sou dink.
In die proses leer hy homself ken, leer hy ook nuwe vriende ken. As gevolg van hierdie aksie verander dinge tóg.
Marnus is 13 jaar oud en ‘n oulike boek vir kinders so van 11 tot 14 jaar. Ek het die boek baie geniet en sal dit graag aanbeveel. Jaco Jacobs is ‘n uitstekende skrywer.
Toortsie