Jare gelede het Bokbaaivygie hier geskryf saam met my en Kameel. Sy het ‘n wonderike storie geskryf, maar nooit klaargekry nie. Of klaar gepost nie. Lees bietjie hierdie eerste hoofstukke voor jy nou verder lees:
En nou … hoofstuk vyf ná ‘n volle agt jaar!
Ja, dis sowaar Bokbaaivygie aan die woord!
Eers wil ek net om verskoning vra dat ek so wreed my storie (Ware Verhaal!) onderbreek en gestop het 8 jaar gelede!! Ek hou self niks van ‘n onvoltooide storie nie, so ek is baie jammer dat ek dit aan julle gedoen het. Maar werk en verantwoordelikhede het onverwags oorgevat daai tyd…. en ek moes net swem sussie swem!
Ek wil egter baie graag my storie verder deel met julle….
………………………
Hoofstuk 5
Op my laaste dag van my Honeymoon met die Here, nooi die Here my toe mos vir ‘n ‘stappie’ langs die see….’Kom saam met my?’
En ons gesels en Hy sê Hy wil my ‘mooi maak, help volwasse word’…. Maar net ‘as ek wil en Hom sal toelaat’…
En ek besef hoe ‘n Gentleman God is. Hy dwing my nie. Hy nooi my uit!
En ek sê: ‘Here, dit klink wonderlik. Wanneer kan ons begin!?’
En Hy sê: ‘Ek is reeds besig……Jou pyn en swaarkry is jou leerskool.
As jy na My kom met allles, sal jy dit maak. Alleen en op jou eie krag en metodes aangewese, gaan jy verdrink.’
‘Here, maar hoekom is dit so moeilik?
‘Niks wat die moeite werd is, is maklik nie, my kind. Maar aan die einde, sal jy My volwasse Bruid wees wat rein en vry is en wat gesag het oor jou grondgebied. Jy sal ‘n gevormde en bruikbare instrument wees wat in My hand wonderwerke verrig. Dan kan ek jou launch op jou nasies!!’
‘Here, wat is ‘my nasies’?
‘Jou nasies is eers jou onmiddelike omgewing waar jy woon en werk, jou naaste verhoudings. Waar jy ook al kom.Maar ek berei jou ook voor vir n spesifieke werk en invloed in My koninkryk. Jou pynlike pad in jou huwelik is deel van jou voorbereiding.
Maar Ons gaan ook jou besondere gawes en vermoens nodig he in die bediening wat Ek vir jou het. EN dit gaan jou soos ‘n handskoen pas! En dit gaan vir jou BAIE joyful wees. En dit gaan baie stukkende mense help en genees!!.’
Hy het so opgewonde geklink daaroor!
‘Ek gaan jou gesag herstel. Maar, jy gaan My input konstant nodig hê. Sonder My kan jy niks. Bly afhanklik van my. Vra My oor alles en vir alles!’
Die gesprek was ernstig en swaar, maar tog ook hoopvol. Gewigtig, soos voor n nuwe ooreenkoms. Dit was soos opdrag en aanmaning en aanmoedig en uitnooi alles ineen….. Asof Hy die nuwe manier van leef vir my uitspel en vra of ek wil deel wees van dit…
Toe ons ver, baie ver gestap, ek was al moeg, sê Hy: “Gaan was jou nou in die see.”
Ek het in die see ingestap… en my laat was deur God. Al die hartseer, verliese, teleurstellings, lelike woorde, kwaad en trane van baie alleenjare is weggespoel.
Ek’t gevoel God doop my en laaf my, verkoel die brandplekke, olie die verwondings en lig my uit ‘n diep donker plek op….
Toe ek uit die water stap was ek so lig, ek kon sweef.
‘n Woeste wind het begin waai op die strand, soos ‘n nuwe seisoen wat in my inwaai.
En ek het geweet, niks gaan meer dieselfde wees nie. Iets het permanent in my binneste verander. Ek het rigting gekry.
Toe ek terugstap, kon ek weer sing. My hart was lig en vol lewe.
Toe ek amperby my motorkom, sê God vir my: “Tel ‘n klip op, so ‘n gewone ronde seeklip.”
“Here, wat beteken hierdie klip?”
‘My kind, hierdie klip is ‘n teken van my ooreenkoms met jou. Naamlik dat:
”Al verander Manlief nooit nie, al bly hy grumpy en al is hy dalk nooit weer vir jou lief nie, sal EK, GOD, sorg dat jy altyd plekke en mense en okkasies het van groot vreugdes, baie lag en fun!!”
Verder het Hy gese: ‘Jy moet hierdie belofte van My aan jou op die klip gaan skryf en dit nooit vergeet nie.’
Dit was amazing! Dit was hard en duidelik in my ore asof iemand langs my gepraat het! Want ja, Iemand het seker!
Dit was soos die cherry op die koek! Ek het my volledig getroos laat voel, want God het AL my belangrikste behoeftes raakgevat met daardie woorde! Want sien, ek is iemand wat eintlik so lief is vir lag, maklik humor sien en inbring in ‘n situasie, (maar ek het baie ernstig en swaar geraak oor die laaaste jare). EN ek lief okkasies met die significant mense in my lewe!
Dit was asof God vir my kom sê het: ‘Gaan aan, of eerder, Begin óór met jou lewe, Doen jy wat reg is, Ek wat IS, sal vir jou sorg,
EK dra jou belange op die hart en sal sorg vir lag in jou lewe.
Bly net by My. Hou jou oë op My.
For I AM your Source! I AM your Ishi, your Husband.’
God het ‘n lied in my hart gesit. Ek kon weer sing. En ek kon huis toe gaan.
Ek was vry!!
Tuis het ek God se belofte woorde op die klip geskryf.
……………………………………….
Hoofstuk 6
6. Honeymoon met die Here
‘n Paar jaar later…
Ek is nie meer my man se caretaker nie. Ek dans nie meer so al om hom nie. Ek praat meer eerlik oor wat ek voel en is nie meer so bang dat hy my gaan los as ek iets sê wat hom gaan upset nie.
Ek is getrou aan my man, en het hom nog nooit verneek nie en sal ook nie. Ek het dit lankal besluit, en deur God se genade sal dit so wees.
Ek sorg en doen wat reg en eerbaar is teenoor hom. Maar ek tree nie meer op asof ek verantwoordelik vir alles is nie en voel ook nie meer dat alles wat verkeerdloop my skuld is nie. Ek weet nou, dit is nie!
Ek is baie gelukkiger en op ‘n meer stabiele plek as tevore. God het regtig my lewe so volgemaak met goeie dinge en Godly vriendinverhoudings dat ek baie joy en diep bevrediging beleef. Ek het weer by ‘n selgroep aangesluit, vir ‘n paar jaar alleen gegaan.
Toe op ‘n dag het Manlief saam begin gaan. Soms. Maar hy is meestal net ‘n observer daar, neem nie eintlik deel nie. Bid ook nie wat ek van weet nie.
Soms is ons nader aan mekaar, maar baie maal is daar maar afstand tussen ons, want hy kies steeds meestal om sy eie ding, weg van my, te doen. My verwagting is egter nie meer op hom om my in te sluit in sy lewe of om my gelukkig te maak nie.
Ek het wel nog tye van groot eensaamheid, veral as ek oormoeg is of as ek sien hoe ou getroudes mekaar koester en liefhet. Maar God troos my altyd en kom herstel weer my stukkende plekke. Hy herinner my hoe kort ons aardse lewe is en dat die bietjie swaar wat ek op aarde moet dra niks is in vergelyking met die vreugdes van die ewigheid.
Ek besef ook daar is verskeie vorms van huwelike. Myne is defnitief nie my eerste keuse nie. Ek sou baie graag ‘n vervulde veilige vertrouensverhouding met wedersydse koestering wou hê, en het dit vir jare op my eie probeer bewerkstellig. Maar ek weet nou, dit verg twee consenting adults om dit te hê.
Omdat ek nie meer ‘n oorverantwoordelike kloekende moederhen is nie, en hyself nooit poging aangewend het om nader te kom nie, het ons verhouding wel vervlak. En ek is jammer daaroor. Maar ek dra nie meer ‘n skuldlas daaroor nie. Ek besef dat dit eintlik vir jare al ‘vlak’ was tussen ons, maar dat ek valslik geglo het dat ek alleen die verhouding kan ‘bymekaar hou’.
Manlief kies steeds negatiwiteit en is sinies oor baie dinge. Ek sien hoe die bitterheid in sy binneste vir hom swaar is om te dra, en ek kry hom jammer oor dit. Maar ek is nie meer uitgelewer aan dit nie.
Ek sing nog steeds en die joy het my nog nie gelos nie, want God is steeds my anker, my regte veilige plek.
Ek weet nie wat die toekoms inhou nie, maar vir nou is ek op ‘n plek waar ek kan oorleef EN waar ek ervaar: God se genade is genoeg vir elke dag!
My lewe is significant en maak saak vir God, vir myself en vir verskeie baie spesiale mense in my lewe. God het my kosbare geesfamilie gegee, meer as ooit tevore! En ek lag baie en oor baie dinge.
En, onthou die klipstorie en God se belofte aan my…..
God het my toe sowaar voorberei vir ‘n baie besondere werk in Sy koninkryk, wat, nes Hy gese het!. vir my ongelooflik baie joy gee, EN wat mense wat baie verlore en stukkend is, vrymaak en en hulle vrede en vreugde herstel.
AL God se beloftes aan my WAS en IS waar!
……………………..
Hoofstuk 7
Honeymoon met die Here – Naskrif
So, my hartseer in my huwelik het my in God se arms in, of onner Sy vlerke in, of in Sy tabernakel ingedryf. En op my laagste verdrinkendste plek, toe ek God so nodig gehad het, WAS HY DAAR!
Wat my baie gehelp het, benewens my Godly vriendinne se wyse woorde en aanmoediging, was ‘n paar spesifieke boeke….Die soort boeke wat ek Toegepaste Teologie noem.
So, benewens my Bybel, het ek ook oa gelees:
– ‘Boundaries face to face’ (deesdae is dit ‘How to have that difficult conversation’ oor konflikhantering) en
– ‘Boundaries in marriage’ boeke (van Cloud en Townsend) en
– ‘Codependant no more’ van Melonie Beattie begin lees ……en ek het begin wakker word uit my slaap.
(Wat het ons arme ma’s en pa’s gedoen sonder boeke julle? Daar was mos nie daai tyd sulke toerusting-vir-die-lewe boeke nie..)
Ek het begin besef dat ek ‘n paar goedjies nog altyd verkeerd verstaan het. Ek het vir die eerste keer verstaan dat:
– NIKS wat ek doen of nie doen nie, sal maak dat my man weer terugkeer tot die verhouding nie. Hy moet self kies.
– Hy is verantwoordelik vir homself en sy keuses en ek vir myne. Sy FAB is sy FAB, en my FAB is my FAB! FAB is natuurlik: Feelings, attitudes and behaviour! 😉
– It takes two to tango. ‘n Verhouding benodig twee mense wat wil en volgens die rëels speel! (Hallooo, stupid ek het vir jare nie dit geweet nie!!) As hy nie wil nie, kan ek nie allleen die verhouding maak werk nie, al wil ek hoe graag. Ek kan wel myself beskikbaar stel vir verhouding en herstelproses as dit nodig is, maar ek kan nie alleen n verhouding maakwerk nie!
– Ek moet ophou om sy verantwoordelikheid te probeer dra, en eerder net let op dit wat ek moet doen (EN my geval ook, wat ek NIE moet doen nie)
– Ek moet goeie keuses vir myself en my kinders begin maak.
– Ek mag ook behoeftes hê en dit uitspreek.
– “n Volwasse verhouding het Gee en Neem in balans. Ek kan nie net moet gee nie en het ook nie die reg om net te ontvang nie.
– Ek mag eerlik sê as iets my pla. (Anders help ek dat die sonde van oneerlikheid voortgaan in ons verhouding.)
Daar het intussen nog heelwat dinge bygekom wat ek geleer het, …… op n ander dag skryf ek dalk meer oor dit.
Oor God:
– God is regtig in elke detail van my lewe geinteresseerd. Ek en hoe dit met my gaan , maak saak vir Hom. Hy gee om oor my….EN oor jou
– God stel meer in my karakter belang as in my gemak….mmm daai was minder lekker.
– God sal soms toelaat dat ek baie ‘rowwe dinge’ beleef wat vir my groot ongemak is, as dit my sal help om met my eie ‘stuff’ te deal. God is an ‘exposing God’, but He exposes us to HEAL us, not to HURT us!
Dit is dalk plein en simple vir julle, maar waar ek vandaan gekom het was hierdie dinge ‘n eye opener!
My storie het ‘n verdere opvolg, dalk met ‘n nuwe titel, maar ek sal vir eers hier moet halt roep, want die werk roep weer binnekort!
Dankie dat julle my storie gelees het en saam met my hierdie pad gestap het. Dalk kon dit iemand bemoedig, hoop herstel in ons God wat ons NOOIT los om, op ons eie, te moet sien komklaar nie! Veral nie as ons in ons swaarkry tye is nie.…
So, as jy deur ‘n Woestyntyd gaan, raak rustig by die Here, gaan sit by Hom, skryf jou dinge, bring dit voor ons Abba Vader. Hy weet reeds al jou dinge, maar Hy wil graag jou stem en uitroep na Hom hoor…en jou help. En jou strategie gee IN jou situasie. Onthou Hy weet reeds die detail!
Hy is regtig IMMANUEL, God met ons! Mag jy Hom so beleef!
…………………………….
Bokbaaivygie
Op die regte oomblik moes ek hierdie hoofstukke lees. Die lewe druk maar dis alles deel van die groei nader aan God. Hy is die ware weg.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly.
LikeLiked by 1 person
Jy’s vroeg wakker scrapydo2! Mag jy God persoonlik beleef, in jou situasie. Hy is saam met jou in jou drukte.xx
LikeLiked by 1 person
Ag baie dankie vir jou mooi woorde. Ek is mos in NZ en ons is omtrent twaalf ure voor julle. Dus as jul gaan slaap staan ek op en andersom. Ek het so ondersteuning nodig wat vertroue aan betref. Het gister na ek jou stuk gelees het werklik weer rigting en rus kon vind aan die hand van God. Mag jy ook veredere Vrede beleef.
LikeLiked by 1 person
Scrapy, jy moet praat met my as dit nodig is, hoor. ❤️
LikeLike
Dankie ek sal. Jy moet ook maar praat as jy voel .
LikeLiked by 1 person
BAie dankie! Jy is dierbaar.
LikeLiked by 1 person
Hope liefde vir jou!
LikeLiked by 1 person
Daai man klink so na aan my gewese man. Hy het my stukkend gemaak. Genadiglik het hy besluit om te gaan. Nou het ek n tweede kans op geluk
LikeLiked by 1 person
En ék is so bly oor daardie 2e kans niggie! ❤️😁
LikeLike
Appeltjie, ja daar is soms n tyd wat genoeg genoeg is. Bly vir jou 2de kans! 🙋🏼♀️
LikeLiked by 1 person
So bly vir jou, Bokbaaivygie, dat jy gered is en nie verdrink het in die depressiewe lewe nie. Soy graag meer wou weet oor jou roeping.
LikeLiked by 2 people
Hi daar Seegogga!
Ek hou van jou naam! 😁 Oor my roeping…Ek wou altyd mense gees siel liggaam help, is opgelei in die laaste een, maar was altyd gefrustreerd met die enkel dimensie uitkyk….. So, ek het oor baie jare klomp beradingsmursusse gedoen. En het mense probeer help, saamgebid, pastoraal gewerk.
Maar ek was selde tevrede met die uitkoms want mense het maar baie gebroke gebly…. Het aanhou soek. Ek was seker 18 jaar swanger met Jesaja 61 toe Transformasie Gebedsbediening oor my pad gekom het! . Destyds Theophostic prayer ministry genoem…
So, nes ons Toorts maatjie, doen ek TPM, en omdat God Self die heling en waarheid bring, is daar permanente herstel en vrede! Ons God is Wonderbaar! …. die afgelope 12 jaar lei ek studente op in TPM. Maar God het n snaakse sin v humor né, want hoewel Hy my oor baie jare toerusting gegee het en ek betrokke was by hulp aan individue wat sukkel en swaarkry, het Hy die laaste jare couples or my pad begin stuur. Nou vra ek jou!🤷🏼♀️ hoe werk dit!
In die begin het ek net gesê, Here ek ken nie van dit nie, U weet hoe lyk my eie lewe en huwelik! En hoe ek nie die regte persoon is vir dit nie…etc etc. … En Dan sê Hy net…’Loop jy maar net agter My aan, Ek sal jou wys, jou leer. Jou hart is nou reg vir dit…. Want dit was al genoeg gebreek om regtig te verstaan as mense met groot pyne in verhouding en vertrouensbreuk na jou kom. Om nie te judge nie, deernis te hou, selfs al is dit die skurk vd verhaal wat voor jou sit!
Maar ek moes natuurlik eers my eie pad stap om getroos te raak vir my eie verliese,EN om my kwaad te laat gaan,ens…. Want mense wat berading doen, ander probeer help, maar wat nog klomp stuff vd verlede saamdra, maak ander nog meer seer. So, my motto is, wanneer jy bewus raak v n ding, DEAL MET DIT! KEEP SHORT ACCOUNTS! laat ABBA Vader toe om jou te help met die dinge.
Lief jou liewe Seegogga! Lees soms jou skrywes. Kosbare vrou! 🤗😍
LikeLiked by 2 people
Bokbaai, Seegogfa is van my beste eate maatjies denkbaar hier op my eie dorp. ‘N Seesmarag, as jy my vra.
LikeLike
“God stel meer in my karakter belang as in my gemak….mmm daai was minder lekker.
– God sal soms toelaat dat ek baie ‘rowwe dinge’ beleef wat vir my groot ongemak is, as dit my sal help om met my eie ‘stuff’ te deal. God is an ‘exposing God’, but He exposes us to HEAL us, not to HURT us! ”
Ps 119:65-73 en ek kan saam getuig.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die deel, Bokbaauvygie. Sjoe God het n wonderlike plan met jou. Soms sien mens eers later die doel van alles in, né. Ek glo nou jy weet hoekom.
LikeLiked by 1 person
Ekis so bly jy het hierdie skrywes van jou nou kom deel. Juis op ń aand waar moedeloosheid en trane my kom omvou. Net vanaand sê die Here vir my, “Kyk ek kom maak alles nuut”. Hier lees ek jou skrywe in die middernagtelike ure en my gees getuig saam. Dankie Bokbaaivygie
LikeLiked by 1 person
Trommeltjies ❤️ jy moet na my toe kom.
LikeLike
Eendag as covid weer toe laat dat dinge normaliseer, tot dan bly ons maar op hok.
LikeLiked by 1 person
Reg so. ❤️
LikeLiked by 1 person
Ek sê ook baie dankie Bokbaaivygie. Mag die Here jou getuienis seën.
Liewe Here Jesus, seën samblief vir Bokbaaivygie en Toortsie en Trommeltjies en almal hier wat ander bemoedig. Maak stukkende harte heel soos U alleen kan en laat alles ten goede meewerk in elkeen se lewe. Laat wat ons oorgekom het, die evangelie en U koninkryk bevorder en laat ons saam met U meer as oorwinnaars wees. Laat U vreugde ons beskerming en beskutting wees. Baie dankie Liewe Heer, amen.
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Marietjie
LikeLike
Dankie Marietjie en Amen op dit!
LikeLiked by 1 person
Hi Trommeltjies, ek is jammer oor jou moedeloos en trane, want dis hoe mens voel as dit lyk of dinge net nooit gaan verander of beter word nie of as jy voel niks wat jy doen kan n verskil maak nie, of jy weet net nie meer wat jy NOG moet doen nie, dan voel mens soos opgee…
MAAR God! Hy wil jou troos, jou help, jou strategie gee! Hy is n God in action en nooit passief nie. Ek wil jou aanmoedig dat jy praat, al is dit nou net telefoon of zoom, met trustworthy mense wat lynsny agter God aan… Daai flitsie is een v hulle wat jy verseker kan vertrou.
Vir solank het ek geglo, soos ons voorgeslagte mos geglo het, jy praat nie uit die huis uit nie! Want ‘wie sy neus skend, skend sy aangesig’, maar dis absolute snert en tjol! God het ons ‘Body’ gemaak sodat ons mekaar kan help en aanmoedig. Soms ook bietjie aanmoerig! nodig.😉
Mag ABBA Vader wat jou baie liefhet die pad wys. Hy sê mos daar in PS 32..I will counsel you with my eye upon you! So Sy teleskopie is op jou gerig suster. Hy weet exactly wat Hy in die seisoen in jou en om jou wil laat gebeur.. En wat jou rol daarin moet wees.
Ek bid Sy seën oor jou!
LikeLiked by 2 people
Aangename kennis Bokbaaivygie…ek is Woordnoot en ek kon sweer jy praat van my….dis asof ek lees hoe iemand my en my situasie in my huwelik ten diepste geken het. Ek moes ook leer dat ek n lewe het. Ek kon nog net nie weer so ver kom om weer sosiaal te wees soos pre-huwelik nie. Maar my eina het my in n nuwe rigting gedruk….en vandag skryf ek. En daar voel dit vir my soos heilige grond…as dit net ek en my woorde is. Daar kan ek soms laf raak, soms fantaseer maar ook net ek wees. Dankie hiervoor.
LikeLiked by 1 person
Hallo Woordnoot!
Ek is bly dit het vir jou sin gemaak…
Ja, mens moet praat of skryf ne! Om stories te deel, die bly en hartseer stories, ensoms sommer net die normale dinge van die lewe, verlig mens se eie hart, en beinvloed ander mense se lewens…. ‘Dis kosbaar dat jy begin skryf het.
Skryf se invloed in daai tyd van my lewe was om die crazy making en deurmekaar gedagtes UIT my kop en OP papier te kry. Dan kon ek daarna kyk, dit meer objektief evalueer, met God praat oor dit en my kop was daarna oper, skoner…..Dit het so baie gehelp!
Mag jy al hoe meer plekke , en mense kry wat vir jou veilig is en by wie jy jou ‘regte self’ kan wees Woordnoot! Mag iets van die joy van vriendskappe en bietjie kuier met iemand wat vir jou lief is terugkom.
Liefgroete
Bokbaaivygie
LikeLiked by 1 person
Dankie vir dit….
LikeLiked by 1 person
Whoa wat ń testimony van God se genade en liefde!💓
LikeLiked by 1 person