Honeymoon met die Here!(1)

Ek het spasie nodig …. dringend….. van my man!!

 Dis hoe ek gevoel het daai tyd, toe ek vir die eerste maal in my lewe ALLEEN see toe is. Middeljarige vrou. Vir 3 volle dae. In ‘n vriendin se strandhuis. Net stoksielalleen ek en die Here.

 Ek kon nie meer so aangaan nie. Ek het ‘op my einde’ gevoel in my huwelik. Vir jare het ek uitgehou en aangehou om hom te probeer please en hom weer bly te maak, hom terug te lok om weer met my in verhouding te kom, weer te konnekteer met my, my weer raak te sien. Ek was die bytjie wat gezoem het om sy blommetjie. Ek wou hom so graag help om uit sy gat te kom……..

 Ek ‘t hom opgehemel (sonder om vals te wees), hom geëer, hom bewonder, vir hom tee aangedra, liefde gegee sonder om terug te verwag, my mooi gemaak vir hom. Ek was ‘n ware 1 Petrus 3 vrou! Ek’t my hare verander, ‘n paar keer, om meer glamorous te lyk vir hom, dan weer om meer besadig te lyk. Dan my kleure en klere meer sanderig en  ‘aards’ gemaak. Hy hou tog nie van blomrokke nie! En ek’t al hoe valer gevoel….

 Ek het met hom probeer praat, vir hom laat verstaan ek is hier vir hom en aan sy kant, vir hom by herhaling probeer sê dinge is nie reg nie, kom ons probeer oor……Ek’t probeer maer word. Was maar altyd effe mollig en sag, maar darem nooit heelvet nie…. En toe meer seksie geraak. Ek was nog altyd maar ‘n bietjie koekerig – jy weet: ma het destyds gesê: “beige en wit bra’s en panties is ok. Die res is uit.” Maar toe raak ek ‘wild’! –  met pienk en blou en swart nommertjies….. alles om hom te plesier……maar hy’t nie eintlik note gevat nie. Of soos hy spesifiek gesê het. Hy’s nie eintlik ‘visueel’ nie. (Die beige en wit was in elk geval nooit ‘n probleem vroeër jare nie, toe was hy mal oor my, met of sonder…..) Ek wou hom net so graag weer laat lag en vreugde gee.

 Maar niks het gewerk nie.

 Hoe meer ek probeer het om versigtig te trap, hoe meer het hy grumpy geraak. En kwaai en ontevrede…..

(vervolg)

4 thoughts on “Honeymoon met die Here!(1)

    1. Nee, dìe was al lank voor midlife! Dit was ná net 7 jaar se blissful life van alles deel, beste vriende wees, baie lag, toeganklik vir mekaar wees en veilig in mekaar se ruimte beweeg. Toe daar groot krisisse in sy lewe afgespeel het. So, hy het sy redes gehad…. Die ding is net, Ekt geglo EK moet en kan hom ‘red’!

      Like

  1. Ja, ons kan net sug, soos Kameel…
    Dankie Bokbaai dat jy kom vertel. Want sien, ons drietjies hier by hierdie blog is almal gewone mense met die normale probleme – dis hoekom ons mekaar so goed verstaan!!! 😉
    Ek wil ook graag die opvolg lees…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s