Iemand vra op Facebook:
If You Won 87 Million Rand today, What is The First thing you would do for Community.? Me: Practice Social Distancing…
My kop werk oortyd. Wat sal ek in ons doen om ons gemeenskap te help as ek soveel geld het? Dadelik dink ek aan die rye en rye by die sopkombuis. Honger mense. Ek wil die ekonomie aan die gang kry. Ek wil mense opvoed. Ek wil mense selfversorgend kry. So, wat sal ek doen?
Ek besef dat dit vir party mense beter is om vir iemand anders te werk, maar daar is ook baie mense wat goed vir hulleself sal kan werk as hulle net die geleentheid sou kry. Ek wil niks op niemand afdwing nie, en wil hê dat mense eerder moet doen waarin hulle regtig belangstel. Dus:
- Ek sal die vaardigheidskool in Napier befonds en help om uit te brei, kundige mense aanstel. Bussies kry om ons dorp se mense ook daar te kan uitbring. Dit uitbrei dat daar ook vir volwassenes klasse aangebied kan word.
- Lees- en skryfkursusse vir hulle wat dit graag wil doen.
- Ander vaardigheidskursusse vir volwassenes en kinders in naaldwerk, houtwerk, kosmaak, handyman, tuinbou, groentetuin maak, wat nog alles.
- Ek sal mense befonds en opleiding verskaf sodat hulle hulle eie groentetuine sal kan aanlê, ook saad en kunsmis verskaf in die begin.
- Ek sal mense help om die nodige toerusting te kry om hulle eie besigheidjies te begin: Stowe vir hulle wat wil kos maak en koekies bak vir ‘n inkomste; Naaimasjiene vir hulle wat klere wil maak; Houtsae vir die mense wat wil hout maak; Gereedskap vir die handyman. Visvangpermitte vir die vissermanne.
- Motiveringsprekers kry wat op die mense se eie vlak praat en hulle probeer motiveer tot harde werk, werksetiek.
- Mense leer van 10% van jou inkomste spaar, selfs al kry jy omtrent niks.
- Komberse uitdeel vir elke gesin.
- Bybels vir hulle wat dit benodig.
- Gratis internet sodat almal toegang het daartoe.
Nou is die geld seker lankal al op! Dit het egter my eie verstand ‘n bietjie aan die gang gesit. Ek het beslis nie R87 000 000 om uit te deel nie, maar as ek my verstand ‘n bietjie rek, is daar dalk iemand wat ek kan help om op die been te kom. Op verskillende maniere: Deur vriendelik te wees, opbouend met mense te praat, uit te kyk vir iemand se potensiaal en dit te bou, liefde te gee, mense te help deur TPM om van hulle onnodige bagasie ontslae te raak, bydra tot organisasies wat reeds goeie werk doen, boeke vir ‘n dwalende kind lees. Daar is so baie wat elkeen van ons op ons klein manier kan doen, dat as ons dit begin doen, die bydrae baie meer as R87 000 000 gaan wees.
Kom ons begin!
Toortsie
Toortsie vir President!!!!!
LikeLiked by 1 person
Nee dankie! 🤓 Chaos op sy beste!
LikeLike
Ek behoort aan ‘n minderheidsgroep wie se breine anders werk as die meerderheid. Ons aandagafleibares maak die georganiseerde mense mal. Dit sal net nie werk nie. 😀
LikeLiked by 1 person
Jy vat dit so mooi saam. Ek stem saam.
LikeLiked by 1 person
Ja dis maar ‘n opdraende stryd. Ek is dankbaar om te hoor dat die vaardigheidskool reeds goed toegerus is. Dis werklik goeie nuus. Tog is daar ook suksesverhale. Iemand wat ek ken, doen regtig goed as ek so luister. Hy was daar. So, hier en daar is daar hoop. 😊❤️
LikeLiked by 1 person
Ek wil net byvoeg: nie alle leerders in die vaardigheidskool is so nie, daar is oulike en pligsgetroue leerders ook. Daar is egter n intelligensie beperking. Wat wel dalk hier kort, is n tegniese skool vir mense met normale intelligensie wat vaardigheidskennis benodig.
LikeLike
Dit laat my dink, dalk moet ek eerder op ‘n klein tegniese skool konsentreer. Oulik!
LikeLike
Elkeen van ons het vaardighede,al is dit net lees en skryf en goeie maniere. Deel dit mildelik uit en kweek kosteloos kwaliteit burgers wat hulle man kan staan.
LikeLike
Skielik dink ek sommer aan die wonderlike werk wat jy en jou man met die brugkinders gedoen het. 👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Jy moet net sien hoe selfstandig hulle raak!
LikeLiked by 1 person
Ek glo jou.
LikeLiked by 1 person
Jy is propvol oulike idees Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Maar steeds is dit net idees. Dit help veel!
LikeLiked by 2 people
Dis ‘n begin. Hoe kan jy beplan as jy nie ‘n idee het waar om te begin nie?
LikeLiked by 2 people
Ek is lui, jong.
LikeLiked by 1 person
My probleem ook. Nie lui per se nie, maar baie suinig met my tyd. Ek het baie me-time nodig vir oorlewing.
LikeLiked by 1 person
Mooi so Toorts! Ek sal kom help hoor…
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Toorts, die Vaardigheidskool gelukkig nou goed toegerus en almal wat kwalifiseer kan daarheen gaan en het vervoer en goed gekwalifiseerde onderwysers. Hulp ivm toekomsvisie en die blootstelling aan n suksesvolle lewe met goeie waardes sal egter baie van hulp wees. Ek dink egter kleuterskole en ouerleiding kan dalk op die lang duur duur die mees suksesvol wees. Dankie dat jy soveel goed gaan doen met jou geldjie. Mmm ek sal diep moet dink…
LikeLiked by 2 people
Jy moet sê wat jy dink. Jy is heeltemal reg oor kleuterskole.
LikeLike
Kleuterskole en goeie dagsorg waar kinders onderrig word.
LikeLike
Daardie kleuters help en versorg klink na n goeie plan. Ons doen hier cooking for babies. Dan kom kookvaardigheid en groentetuin ook handig in. Alles deur mense wat vaardig is agv hulp wat jy en ander hul geleer het.
LikeLike
Ek is net lui deesdae. Ek wil sommer net die geld gee. Ander kan die werk doen.
LikeLike
Weet jy, dis maar so as mens ouer word. Jy het eintlik so aanhoudend besig gebly gedurende jou vroëer jare dat daar nou n stadium is van bietjie rustiger raak.
LikeLiked by 1 person
Ek raak geensins rustiger nie, maar wil nie meer so oral betrokke wees nie. 😁
LikeLike
Dis eintlik beter gestel. My rustigheid is ook baie min. Moet besig wees met wat ook al maar nie meer vir ander nie. Nou is dit vir myself. Het begin met kreatiewe skryf van kinderboeke en dis heerlik en baie interessant. Ek moet sommer my Engels ook byhou wat ook goed is.
LikeLike
Ek wil nie meer deur ander gedruk word nie. Doen graag iets as ek self lus voel.
LikeLike
Dis die lekker daarvan om op jou tyd en jou eie manier te werk aan dit waarvan jy hou.
LikeLiked by 1 person
R87m is kleingeld. Ons was besig om $235 miljard te besteen om mense se lewens te verander en ek het projekte bygesit en dit geneem na $275 miljard. Ek sou daaruit ‘n klein persentasie kry wat my uit my ellende van ongeskiktheid sou kry.
Ek het 32 gemeenskapsprojekte geindentifiseer bo en behalwe die totale herbou van plattelandse dorpe wat sou insluit infrastruktuur, watervoorsiening en rioolsuiwering, hernubare energie, wifi reg deur die dorpe, lugambulans, herboude vliegveld, verskeie skole, kolleges en Bybelkollege sou insluit, verskeie kolleges en klinieke elders en toe die eerste geld kom, dubbeld waarvan jy praat, toe loop die Christenvennoot daarmee weg, Raai wie het toe geld vir ‘n advokaat…………….
As mens geld gee, moet dit gaan waar ordelike bestuur plaasvind, waar mense by begrotings kan hou.
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig ja
LikeLiked by 1 person
Ons het oulike bestuurspraktyke toegepas en regtig baie ver gekom toe ek dertig jaar gelede met tientalle miljoene gewerk het en oor elke enkele sent is daar vooraf besin en agterna rekenskap gegee. Robert Le Tourneau, die man wat die bulldozer en damskrop en boorplatforms en duisende ander goed ontwerp het, het 95% van sy inkomste aan die Here teruggegee. En die 5% wat oorgebly het was baie te veel vir sy groot, uitgebreide familie. Maar hy het die aangesig van die aarde herskep, honderde gemeenskappe gebou, tegniese kolleges, Bybelskole, ens., laat bou. Die Here kon hom met baie vertrou…..en hy was net basies geletterd.
LikeLiked by 1 person