Soos geskryf deur Musica:
Die VVVTT se tentflappe roer onrustig. Iewers roep iemand hom. Dis Musika fluister dit saggies in sy tentwete. Sy het hom nodig. As hy nou net die tentvloer saggies kan tilt sodat die muntstuk tot onder Toortsie se vingers kan rol, kan hy effens beweeg sodat dit voel asog sy die munt vryf en dan kan hy die roepstem gehoorsaam. Soontoe……. effens af. Komaan Toorts! roer jou vingers………. en JA daar raak sy aan die muntstuk. Die towerinne voel meteens net hoe styg die VVVTT op, en die volgende oomblik land hy versigtig op Waenhuiskrans waar hy hulle delikaat op die stoep van die wit hotel neersit. Margarita, Moyito, Gin verskyn voor elkeen en hulle word verwonder deur die mooi uitsig wat die uitgaande gety van die see hule bied. Die VVVTT se tentseile sug asof verlig, nou kan hy Musika se roepstem beantwoord.

Musika sit voor die kerkorrel op die Grabouw. Die VVVTT se seile vou sag in mekaar drie kerkbanke as hy die musiek hoor wat die mooi gebou vul. “VVVTT, eks so bly jy is hier. Ek wil so graag teruggaan na my kindertyd en foto’s neem van my kleintydspeelgoed. EN net jy kan my neem. Is dit muntstuk hier?” Die VVVTT kry sy gedagtes bymekaar, toor die muntstuk op en Musika streel dit saggies. Voor sy haarself kom kry, beland sy in die lyf van ‘n 7-jarige dogtertjie op die plaas waar môre nog moet kom. In die agterplaas speel sy en haar boetie en sussie met die paaie, kampe en bruggies wat hulle in die grond gemaak het. Die klei-diertjies wat hulle die vorige dag van potklei gemaak het, wei klaar in die kampies. ‘n Paar karretjies uit ou visblikkies wag by stopstraat en die ossewa met sy dolosse vooraan ingespan, is op pad land toe. In die tent kliek Musika se selfoon om die herinneringe vir ewig vas te vat.

Sonder om die kinders te steur, styg die VVVTT op en verdwyn in die huis in tot waar Musika se ma voor die klavier sit en sing. Musika onthou van al die musieklesse, die begeleiding in die skoolsaal van die hoërskool waar haar pad kruis met die van Toortsie. Haar gedagtes spring na die klipkerk op Stanford. Die VVVTT skiet verwilderd deur tyd en ruimte om by te bly, tot waar ‘n onseker Musika in haar twintigers voor die klein orreltjie sit. Die ou tannie langs haar verduidelik van “swell” en “great” en voetnote; van hoe die vlakke met mekaar praat; van die nuwe tegniek waar een vinger ‘n ander aflos; van ‘n lang vloeiende spelpatroon. En toe…….. skakel sy die orrel aan. ‘n Betowering trek deur haar lyf en siel toe haar hande en voete en die goddelike instrument mekaar vind en ‘n lewenslange liefdesverhouding gebore word.

Weereens vryf Musika die muntstuk en die VVVTT neem haar terug na die toringkerk in Grabouw. Dis kerssangdiens en die mense se sang saam met die klank van die orrel vul die gebou. Toortsie se Neef is ‘n gemeenteganger en hy sien die orrelis raak. Neef en Musika se storie is een vir ‘n ander tyd, fluister Musika opgewonde vir die towertent. Die VVVTT begin fladder. Die towerinne se sundowners behoort nou al op te wees en hy moet terugkeer. Musika wil nog keer want sy wil nog Weskus toe, na Peddie se Baai waar jy totaal afhanklik is van die natuur as jy gaan kamp, na die Seychelles waar sy die ondersese lewe in die koraalriwwe wil gaan kyk en sy wil nog ‘n laaste draai maak by hul eerstydse strandhuis langs die wit hotel op Waenhuiskrans en ………. Maar die VVVTT glip en gly onder haar en haar vingers streel onwillekeurig oor die muntstuk. Die towerttent glip skuins, laat val haar in Neef se arms en verskiet tot op Waenhuiskrans. Die towerinne het definitief meer as een sundowner in en hulle val vrolik die tent binne, rol om en raak aan die slaap. Verlig vou die VVVTT sy seilarms om sy rykdom, styg op en verdwyn tussen die sterre.
Dolosse: https://www.publicdomainpictures.net/en/view-image.php?image=87643&picture=dolos-toys
Grondpaadjies: facebook
Waenhuiskrans foto: http://southafrica.co.za/weekend-away-arniston.html
……………….
Hierdie is nog ‘nLê-Jou-Eierbloguitdaging wat deel vorm van die Towerinne se avonture.
Skakel:https://fresh.inlinkz.com/p/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030
Ek sien ons almal sit in die wit hotel. Mooi langsteelglase en uitpakborde en gons oor die golwe wat ons deur die hotel se glas skuifdeure sien aanrol.
LikeLiked by 1 person
En Musica weet nie wat sy waag om ons daar sonder toesig te los nie! 🤪
LikeLiked by 1 person
Inderdaad.
LikeLiked by 1 person
Musica vat n vet kans oms ons met Gin ens. te los nie….as daai hotel nog staan as sy terugkom….
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam! 😂
LikeLiked by 1 person
Gelukkig funksioneer ons onder skuilname!
LikeLiked by 1 person
Dis wat jy dink! 😜
LikeLike
Baie mooi geskryf, interessante wending dat die tent ons kan verlaat om ander mense ook gelukkig te maak.
LikeLiked by 1 person
Dit maak ons tent ekstra spesiaal. 😁
LikeLiked by 1 person
Ja voorwaar, ‘n tent met deemoed.
LikeLiked by 2 people
Pragtig geskryf,Musica! Heerlik om ‘n gasblogger hier te sien. Jy kan gerus ‘n blog begin. Jy het klaar na hierdie mooi skrywe, ‘n hele klomp bewonderaars.
LikeLiked by 1 person
Ek stem!
LikeLike
Dit was ‘n lekker kykie in die verlede saam met iemand wat die groot terugverlang verstaan. Mooi geskryf, Musika.
LikeLiked by 1 person
Het ook daarvan gehou dat die vlugtende tent die vermoë het om die verlede te gaan besoek. Wie weet, dalk is dit waarheen hy moet gaan met elke Towerin. Baie mooi….
LikeLike
Ek wonder of die tent nie dit met elkeen kan doen nie en dalk kan die tent ook met elkeen gaan na ‘n plek wat glad nie bestaan nie. ‘n Verbeeldingsplek?
LikeLike
Hierdie is pragtig geskryf, Musika. Diep ook, jou woorde het aan my hart se punt getrek.
LikeLiked by 1 person
Waenhuiskrans, ek en manlief was 25 jaar gelede laas daar. Dankie dat jy dit weer moontlik gemaak het.
LikeLiked by 1 person
Pragtig geskryf Musika. Bly jy kon jou kindertyd en jongmeisiejare gaan opsoek… en in die neef se arms val.
Jy het my bietjie teruggeneem na my oupa hulle se plaas toe met die kleiosse en dolosse. 😊
LikeLiked by 1 person
Aaa, het jou tentavontuur terdeë geniet! Dankie vir die kans om na die see te sit en kyk…ek verlang…
LikeLiked by 1 person
Ek kan dink hoe jy noual sal verlang. Is daar nog geen moontlikheid van terugkeer nie?
LikeLiked by 1 person
Nie regtig nie, ek is minder moeite vir almal as ek maar net hier bly!
LikeLiked by 1 person
Frannie wat van klein Josh en sy sussie? Hulle mis jou sekerlik…. en ons ook. Jy voel te vêr.
LikeLiked by 2 people
Dankie, liewe Kameel! Ek cope maar op my gewone manier, naamlik deur ontkenning – in dié geval van die wedersydse verlange.
LikeLiked by 2 people
En jy maak die beste van dit wat jy nou het. Wel gedaan.
LikeLiked by 1 person
Dalk moet ons die tent stuur om jou te kom haal!
LikeLiked by 1 person
Aha, maar dan gaan ek eers ver draaie gooi…
LikeLiked by 1 person
Jaaaaa!
LikeLiked by 1 person
Wil jy nie vir ons in Amerika laat kuier nie? Hoe klink dit?
LikeLiked by 1 person
Die muse is maar skraps dié kant, maar ek sal bietjie dink.
LikeLiked by 1 person
Ons stuur solank die tent. 😄😎🥂
LikeLiked by 1 person
Hoe nostalgies was die kuier in die kerk met orrelspel. Ai, daardie kindertyd se spelery met dit wat tot jou beskikking was is beslis die moeite werd gewees. Ons het ook klei huise gebou en papierpoppe daarin laat speel. Daar was nie n dak op nie sodat die pop van kamer na kamer kon beweeg. Ons het self die poppies geteken en klere voor gemaak ook. Baie mooi skrywe, voel so sag en vloeiend en vol liefde.
LikeLiked by 1 person
Ons het ook paadjies gebou in die sand en met klippe en enige ding gespeel. Papierpoppe.
LikeLiked by 1 person
oe wow, die tent het ‘n omgee hart. Dankie tog! Mooi geskryf
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly ons omgeetent het jou op die hartspaaie gevat. Jy het dit soo mooi vertel. Ek hoop die Neef het jou styf vasgevang. ”
“NEEE! MADELE, CHRISTA, UNA, GAAN KEER VIR HESTER! Daar is sy sowaar al weer besig om alleen af te stap see toe met haar plakkies ! Onthou julle nog wat laas gebeur het toe sy so alleen weggedwaal het??? https://seegogga.com/2018/12/07/avontuur-op-die-suidpunt/
LikeLike
😳🤭👀🙈
LikeLike
Ek het nou weer so lekker gelees daar. Dankie Seegogga.
LikeLike
Baie mooi geskryf, ons deel graag ons tent hoor
LikeLiked by 1 person