Rebusfontein

So het die Towerinne die wêreldvol getoer in ‘n wonderlike VVVTT. Ons het die wonderlikste dinge ervaar. Die mooiste plekke gesien.

Soos met enige toer verloop alles nie noodwendig altyd klopdisselboom nie. Het ons onbepland op plekke beland. Tog het ons al geleer dat ook daarin heerlike avonture opgesluit lê.

Ek moet sê, die Towerinne het hulle regtig goed gedra, soos wat ‘n mens mos van dames kan verwag, of hoe?

Tydens ons toer met die VVVTT het ons ook slegte nuus ontvang. Baie slegte nuus. Eerstens het ons mos gedink Brodina is dood, maar soos ons almal weet, het sy meer lewens as ‘n kat. Op verskillende plekke het ons haar opgemerk, altyd so op ‘n afstand. Tot ons Vuurvliegie se brief ontvang het. Sy het agtergebly in Rebusfontein. Broodina het haar met toorkuns vermom sodat ons gedink het sy is Vuurvliegie, maar glad nie was nie. Die Owerheid het gehoor van ons eskapades met die spinnekoppe en Coronamouna en vir Vuurvliegie en Antonio weggeneem na ‘n afsonderingskamp, so asof hulle twee alleen nie heeltemal alleen in afsondering was op Rebusfontein nie. Met hulle alkoholbevattende ontsmettingsmiddel het hulle Rebusfontein uitgevee. Uitgewis. Tot niks.

Die Towerinne was besonder ontsteld. Hulle geliefde Rebusfontein bestaan nie meer nie. Hulle moet vir die res van hulle lewe in ‘n tent ronddwaal. Ja, dit is prettig vir ‘n rukkie, maar almal van ons het soms vastigheid onder ons voete nodig.

Ná ons terugkeer, elkeen na sy regte lewe, het ek en my manlief ‘n draaitjie gaan ry. Toe ons naby Putsonderwater kom, vra ek hom om die Rebusfonteinafrit te vat. Sommer net om te gaan afskeid neem van ‘n plek wat was. ‘n Plek waar ons soveel pret en ander avonture gehad het. Ek sou sommer net ‘n bossie blomme daar gaan neersit.

Weet julle wat sien ek toe? Dit was alles oëverblindery! Natuurlik was Rebusfontein nog net daar! Towerinstraat. Ons huisies. Die dorpsmeent. Die put. Natuurlik heeltemal verlate en doodstil, want daar is geen mens te sien nie, maar dis daar! Towerinne! Ons plek is nog daar! Dis die beste nuus ooit! Rebusfontein wag vir enige Towerin wat ‘n nuwe avontuur in gedagte het!

Die wonderlike van Rebusfontein is dat niemand dit kan wegvat nie, want dit bestaan in ons verbeelding. Op 2 Mei 2019 is die huisies aan die Towerinne toegeken. Myne is nommer 5. Ek het nie daarvoor gevra nie. Dis as geskenk vir my gegee. Sonder voorskrifte en reëls. Op 2 Mei 2019 het ek my huisie betrek. Myne. Om vir altyd myne te wees. Daar kan ek kom en gaan soos ek wil.

Die lekker van Rebusfontein is dat ons daar onsself mag wees. Dat ons daar sommer net kan ontvlug van wat ons pla. Dat ons daar sommer net laf mag wees. Dat ons daar nie aan ‘n regering of ‘n dorpsbestuur of burgemeester of wie ook al hoef gehoor te gee nie, maar dat ons daar mag doen wat ons graag wil.

Ek het aan my deurkop gedraai en raai wat? Die deur het oopgegaan! Dit was effens stowwerig, maar ons het dit sommer gou-gou skoongemaak. Ek en manlief het besluit om sommer vir ‘n week daar te bly.

En ‘n glasie te lig op Rebusfontein. Lank lewe Rebusfontein.

Toortsie

25 thoughts on “Rebusfontein

    1. As jy ook lus het vir ‘n Rebusfonteinhuisie, stap ‘n bietjie af in Towerinstraat. Tot by nommer 17 is almal bewoon. Kyk, die deure is almal oopgesluit. Soek vir jou ‘n huisie waarvan jy hou. 😁

      Like

  1. Sjoe, hoe verlig is ek nou! Ek is rintlik op pad Rebus toe met n paar planke, hamerscen spykers, gereed om my huis weer vas te timmer en te herstel. Rk het besluit dar is geen manier wat hy sommer so poef ksn verdwyn nie- ek sal hom reg timmer. Masr lyk my dis nie eers nodig nie! Dankie vir d goeie nuus, Toorts!

    Liked by 2 people

  2. Toorts, laat weet my so oor ń paar dae of als reg is op ons dorpie. Rustig is. My sleutel is onder die matjie, maak vensters oop as julle kans kry. Ek is huidiglik “outstanding,” moet eers asem skep.

    Liked by 2 people

  3. Toortsie, dankie hiervoor. My sleutels is in die blompot by die agterdeur. Maak asseblief ook vensters oop, maar maak weer vanaand toe. My hart is nog onwillig om te gaan kyk, sy het, soos Una s’n, ook ‘n rukkie nodig om te herstel. Of wag, nadat ek Seegogga se storie gelees het, dink ek tog ek moet maar my hart bietjie laat stil wees.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s