Roem wag vir die Towerinne

Kry eers die draad van die storie hier:

Bondelsgedagtes: Wakkerword op Rebusfontein

Una: Geheime en Rebusfontein

Kameel: Die Sirkus kom Rebus toe

Woordnoot: Una en mnr Barnum

Hester: Una se beenhare plaas ons op die soustrein

Toortsie: Besturende Agent van…

Tannie Frannie: Perssensuur op Rebusfontein

Christa: Sosiale media bring glorie vir Rebusfontein se sirkusster.

Woordnoot: Rebusfontein Sirkus: Dis amptelik!

…………………………………………………………………………………..

Soos Woordnoot aangekondig het, is Una met haar baie besonderse beenhare te sien by die sirkus in Carnival City op 6 – 8 September! En natuurlik, in Tipiese Towerinstyl, ag, ek hou van die alliterasie!, is al die Towerinne ingesluit in hierdie hele storie. Ons sal mos nooit ons vriendin alleen in haar nood los nie! Die groot waarheid is dat die Towerinne almal ‘n BBP sitplek gekry het met komplimente van Mnr Barnum se sirkus!

So, Towerinne, opskud. Dis tyd vir regskud. Ons moet ons uitrustings regkry! Nie sommer enige ou rokkie of pakkie nie! Nee, ons moet ordentlike uitrustings kry. Dus, Towerinne, los waarmee julle ookal besig is, gaan na die beste ontwerpers in die land en kry julle uitrustings reg vir die groot aand van Una.

En van ons! Weet julle wat? Mnr Barnum het gevra dat ons Towerinne ook ‘n item sal lewer. ‘n Lyndans in Sirkusstyl! WOW! Seegogga, met die hulp van Franco natuurlik, moet ons oplei. So dames, julle kan nie wag vir 6 September nie! Julle moet wikkel!

Dames, julle het twee weke om julle klere reg te kry, hare te laat knip en kleur, wenkbroue pluk, facials en masserings te gaan sodat julle tip top is. 29 Augustus moet julle asseblief op Rebusfontein wees sodat ons kan begin met die voorbereidings.

Op 4 September klim ons in die groen bus wat ons sal neem tot by Bloemfontein lughawe, waar ons, met komplimente van Mnr Barnum se sirkus, ontvang sal word, in die BBP sitkamer ontvang en onthaal sal word totdat die vliegtuig gereed is en ons ons eersteklassitplekke sal inneem.

By OR Tambo wag Sun International se bussie ons in, soos Woordnoot reeds gesë het en word ons tot 9 September behoorlik getrakteer.

Dit sal lekker wees om julle stories van al die trakteerdery te hoor.

Groete

Toortsie

Ns. Suiwer verbeelding van die Toortsie.

Volg die hele storie hier. Het jy lus om by te dra tot hierdie storie, doen dit! As jy ‘n Towerin is, vertel van jou ervaringe. Is jy nie ‘n Towerin nie, maar was dalk by die sirkus, vertel daarvan. Word deel van die pret, skryf, en haak jou storie ook aan by die Inlinx-skakel.

30 thoughts on “Roem wag vir die Towerinne

Gesels saam, asseblief!