Sjoe! Wat ‘n verligting! Ek het my rok vir wanneer ons Towerinne saam met die sirkus gaan optree! Ek was al só benoud, want een vir een wys die Towerinne hulle rokke wat hulle laat maak het, en ek het nog nie eers begin soek nie.
Dit laat my dink aan die rok wat ek oor die internet bestel het vir my dogter se troue. Sjoe! Dit was ‘n mooi rok! Sy was nie mal daaroor nie en dit was te groot toe dit by my aankom. Iemand moes dit vir my kleiner maak, maar daar het iets voorgeval. Inderhaas het ek op die ou end ‘n ander rok gekoop. Ek dink nou nog sy was steeds ook nie mal oor daardie rok nie. Gelukkig was ek nie die bruid nie.
Maar hierdie keer mag ek kies net soos ek wil. Ja!
So, hier is hy!
Is dit nie verskriklik mooi nie? Ek gaan net vra dat hulle die halslyn ‘n bietjie hoër gesny moet word.
Tralala!
Toortsie
Alles bet deel van ‘n spelery.
Lees die ander bloggers se bydraes by https://fresh.inlinkz.com/party/556868f82eae403d9143258e74ee97b1
O pragtig! So bly jy het ook n baie mooi rok!
LikeLiked by 1 person
Pragtig Toorts. Ons gaan omtrent uithang…. bedoelende mooi lyk. 😊
LikeLiked by 1 person
Jajaaaa. Uhm.
LikeLike
Bwahaha
LikeLiked by 2 people
Lief die rok!
LikeLiked by 1 person
Mal hieroor. 😁
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n stunning rok en jy gaan gorgeous lyk
LikeLike
Die dramatiese kleurkombinasie is baie mooi!
LikeLiked by 1 person
I love this.
LikeLiked by 1 person
Wow Toortsie! Somehow het ek geweet jy gaan vir iets met rooi! Stunning!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Rooi werk altyd. 😁
LikeLike
Mooi rooi!!
LikeLike
Hoe rooier hoe mooier. Lief die kleur. Jy gaan baie mooi lyk in die rok.
LikeLiked by 1 person
Ai ek wens ek het die geleentheid gehad om weer so iets te dra in die werklike lewe, maar dink ek mag dalk skaam wees
LikeLike
Ja, sug, mens is maar selfbeswus en tog is dit heerlik om so mooi aangetrek uit te gaan.
LikeLiked by 1 person
Ek het nie meer die moed nie.
LikeLiked by 1 person
Oulap se rooi maak mooi. Dis ‘n pragtige rok.
LikeLiked by 1 person
Dankiedankie. Hopelik sal dit mooi kuis wees. 😂
LikeLiked by 1 person
Jy gaan treffend wees in die rok. Nou hoekom skaam vir die buuste, jy moet wys. Kan jou swaaiend op die dansbaan sien in daai r9k.
LikeLike
Die buuste? Ja … dis nou ‘n ander storie daai.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, pragtig!
LikeLike
Ek is self mal oor hom. Wens dit was werklikheid.
LikeLiked by 1 person
Dis vrek mooi, ek sal maar my opwagting ook moet maak, net om te sien hoe mooi julle almal lyk
LikeLiked by 1 person
Natuurlik gaan jy ook ‘n mooi rok aanhê. 😁
LikeLiked by 1 person
Pragtige rok!
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook van hom. 😁
LikeLiked by 1 person