Kry eers die draad van die storie hier:
Bondelsgedagtes: Wakkerword op Rebusfontein
Kameel: Die Sirkus kom Rebus toe
Woordnoot: Una en mnr Barnum
Hester: Una se beenhare plaas ons op die soustrein
Toortsie: Besturende Agent van…
Tannie Frannie: Perssensuur op Rebusfontein
Christa: Sosiale media bring glorie vir Rebusfontein se sirkusster.
Woordnoot: Rebusfontein Sirkus: Dis amptelik!
…………………………………………………………………………………..
Soos Woordnoot aangekondig het, is Una met haar baie besonderse beenhare te sien by die sirkus in Carnival City op 6 – 8 September! En natuurlik, in Tipiese Towerinstyl, ag, ek hou van die alliterasie!, is al die Towerinne ingesluit in hierdie hele storie. Ons sal mos nooit ons vriendin alleen in haar nood los nie! Die groot waarheid is dat die Towerinne almal ‘n BBP sitplek gekry het met komplimente van Mnr Barnum se sirkus!
So, Towerinne, opskud. Dis tyd vir regskud. Ons moet ons uitrustings regkry! Nie sommer enige ou rokkie of pakkie nie! Nee, ons moet ordentlike uitrustings kry. Dus, Towerinne, los waarmee julle ookal besig is, gaan na die beste ontwerpers in die land en kry julle uitrustings reg vir die groot aand van Una.
En van ons! Weet julle wat? Mnr Barnum het gevra dat ons Towerinne ook ‘n item sal lewer. ‘n Lyndans in Sirkusstyl! WOW! Seegogga, met die hulp van Franco natuurlik, moet ons oplei. So dames, julle kan nie wag vir 6 September nie! Julle moet wikkel!
Dames, julle het twee weke om julle klere reg te kry, hare te laat knip en kleur, wenkbroue pluk, facials en masserings te gaan sodat julle tip top is. 29 Augustus moet julle asseblief op Rebusfontein wees sodat ons kan begin met die voorbereidings.
Op 4 September klim ons in die groen bus wat ons sal neem tot by Bloemfontein lughawe, waar ons, met komplimente van Mnr Barnum se sirkus, ontvang sal word, in die BBP sitkamer ontvang en onthaal sal word totdat die vliegtuig gereed is en ons ons eersteklassitplekke sal inneem.
By OR Tambo wag Sun International se bussie ons in, soos Woordnoot reeds gesë het en word ons tot 9 September behoorlik getrakteer.
Dit sal lekker wees om julle stories van al die trakteerdery te hoor.
Groete
Toortsie
Ns. Suiwer verbeelding van die Toortsie.
Volg die hele storie hier. Het jy lus om by te dra tot hierdie storie, doen dit! As jy ‘n Towerin is, vertel van jou ervaringe. Is jy nie ‘n Towerin nie, maar was dalk by die sirkus, vertel daarvan. Word deel van die pret, skryf, en haak jou storie ook aan by die Inlinx-skakel.
Oh my word dit gaan mos moeilik wees om weer terug te keer aarde toe na so ‘n vyfster behandeling. Dit gaan groot pret wees!!!
LikeLiked by 1 person
Ek wag om te lees van al die avonture!
LikeLiked by 1 person
Ek ook 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Hier is dit nou!! My kans om my groen balrok aan te trek!!! Lyndans met die skoene gaan dalk bietjie uitdagend wees, maar ek sal probeer!
LikeLiked by 1 person
Jy kan mos ‘n ekstra paar lyndansskoene gereed hê
LikeLike
Jip…ek gaan. Dis klaar ingepak in my oornagtassie…
LikeLiked by 1 person
Jy het ‘n GROOT tas nodig!
LikeLike
Jô Woordnoot ‘n balrok!!! Ek sal nou dadelik moet gaan soek vir ‘n rok… wil nie soos Aspoestertjie lyk nie. Dit sal die eerste en enigste keer wees wat ek ‘n balrok aantrek.
LikeLiked by 1 person
Jip…n balrok met haai polfaais!! en n masker. Ons moet groot gaan.
LikeLiked by 2 people
Ons gaan ‘n paar tabberts nodig hê. Onthou, ons is ‘n paar dae daar en dis etes en alles.
LikeLike
Oe Toortsie…my valise gaan dan dalk te klein wees…sug
LikeLiked by 1 person
Ek wil net hoor, kan ek ook ń balrok aanskaf, of gaan ek net in sirkusklere rondloop?
LikeLiked by 2 people
Jy sal presies weet hoe jou rok moet lyk sodat jy genoeg been ook kan wys.
LikeLike
😂😂😂
LikeLike
Jammer ek lag Una…. ek dink jy sal ‘n pragtige silwer baaikostuum moet aantrek sodat daardie haredos op hulle beste kan vertoon. Mnr Barnum sal sekerlik sorg vir die regte klere.
LikeLiked by 2 people
Kameel…amper stuur ek jou kommentaar bin toe!!!😉😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Hopenlik nie aspris nie. 🤔
LikeLiked by 2 people
☺xxx
LikeLiked by 1 person
Dink julle ons kan ons groen keile ook opsit vir die lyndans, of moet ons dit liefs eenvoudig hou?
LikeLiked by 1 person
Ja, ek het nog nie die geleentheid gehad om myne te dra nie.
LikeLiked by 2 people
Ek dink my ouma sou gesê het ag herder… nou sit ek en ag herder want ek sien al hoe sukkel ek met kuil, balrok en highpolvy om net regop te bly en Al’s bymekaar te hou
LikeLiked by 1 person
😁 Jy gaan perfek wees. 😊
LikeLike
Oooojinekietog
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Ek dink solank en kyk solank. Ons is in die hoofstad vir die naweek. Nur-Sultan.
LikeLiked by 1 person
Oeps, waar laat dit my? Ek besit net langbroeke!Sal ‘n ou katpakkie met blinkers ook doen?
LikeLiked by 1 person
Beslis nie. Balrok.
LikeLiked by 1 person
Ek is altyd links van die regering… wag en sien.☺️
LikeLike
Ek weet dit sal uitsonderlik wees.
LikeLiked by 1 person