As alles goed verloop en ek nie iets groots oorgekom het voor dan nie, sal ek op 27 Julie 2019 reeds vyf jaar die Bantingleefstyl volg. Waar ek graag die vyf jaar beklemtoon om vir mense moed te gee dat die leefstyl volhoubaar is, kom ek agter dat ek soms mense ontmoedig.
Want sien, ons kom mos al die jare so aan: Ons volg gou vir ‘n rukkie ‘n verslankingsdieet, net om die paar kilo’s af te skud en dan gaan ons mos maar weer aan met ons gewone lewe. Daai spesifieke leefstyl wat ons in die eerste plek gekry het sodat ons ‘n verslankingsdieet nodig gehad het. Ek het dit ook so gedoen.
Toe ek in 1988 by Weigh Less aangesluit het terwyl ek amptelik eintlik amper onder gewig was, het tannie Mags vir my gesê ek maak ‘n groot fout. Plaas dat ek na haar geluister het. ‘Nee tannie’, het ek beterweterig en lag-lag gesê, ek wil sommer net so 2 of drie kg verloor.’ Mooi man. Ek hét daardie 3 kg verloor, my metabolisme deurmekaargegooi, dit weer so vinnig soos wit lig opgetel, plus nog ‘n paar. En daar het die wipplankryery begin. Dan sluit ek weer aan by ‘n dieetklub, of drink pilletjies of melkskommels of gaan na die buurvrou se drilmasjien. Soms verloor ek die paar kilo’s, soms nie, maar kort voor lank is ek terug waar ek begin het, plus nog ‘n paar. Totdat ek vetsugtig was (obese).
Dus, vyf jaar gelede toe ek begin het met Banting, het ek ‘n kopskuif gemaak. Ek het gesê dis die LAASTE KEER wat ek met ‘n gewigsverliesprogram gaan begin. Hierdie keer gaan dit ‘n leefstyl word. Ek het ook besef dat die eerste keer wat ek van die bus gaan afval, dit verby gaan wees en besluit dat ek net sal moet volhou.
Die 18 kg het ek in omtrent ‘n jaar na 2 jaar se tyd verloor. Dit wys nie noodwendig so goed op my ‘before’ en ‘after’ foto’s nie omdat ek nie regtig goeie ‘before’-foto’s het nie en omdat ek so lank is. Dit is nie so ‘n massiewe verskil soos wat 18 kg by iemand het wat kort is nie.
Steeds sê ek dankie vir hierdie leefstyl. Ek is gesonder, baie meer energiek, ek voel goed en ja, ek voel goed in my lyf. Ek is trots daarop dat dit ‘n volhoubare program is en dat ek nie meer wipplank ry soos in die verlede nie. Om die waarheid te sê, ek het deesdae heeltemal te veel klere omdat die vorige jaar se klere steeds pas!


Groete
Toortsie
Jy inspireer my geweldig!
LikeLike
Baie dankie, dis ‘n eer as ek dit regkry!
LikeLike
Welgedaan! Dit wil gedoen word. 🤗
LikeLiked by 2 people
Nee wat, nou is dit soos asemhaal. Tweede natuur.
LikeLiked by 1 person
Het ek dankie gesê? 😊
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLike
jy lyk goed Toortsie
LikeLiked by 1 person
Baie dankie! 😁
LikeLike
Nou verlang ek sommer na jou!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Dit is fantasties, min mense kan volhou met ń lewensverznderende eet styl.
LikeLiked by 1 person
Dit pas perfek in by ons manier van eet. Dif is regtig nie moeilik nie. Wat vir my werk us dat ek nie kos hoef te weeg of tel nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is n leeftyd! Wow.
LikeLiked by 1 person
‘n Behoorlike leeftyd. Ek sink nie meer stysel nie.
LikeLike
You go, girl. Jy lyk sommer spiekeries en baie gelukkig ook.
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Sjoe Toortsie! Hartlik geluk, banting is waarlik ‘n ongelooflike eetplan, Prof Noakes is een van die grootste rolspelers in my lewe ook… geniet die pad vorentoe
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir die inloer ook. 😁
LikeLike