Ou Toortsie leer mos nou Xhosa. Sy het mos aanvanklik so vir twee weke Spaans geleer, maar toe eerder besluit om Xhosa te leer. Kom ek wys gou eers vir julle ‘n paar statistieke:



Indrukwekkend, né? In die afgelope week lê Toortsie tweede, die afgelope maand 5e en algeheel 360e. En ek sê hierdie ‘indrukwekkend’ met ‘n baie skerp tong in die kies! Want dit mag dalk indrukwekkend lyk, maar as jy dieper op die statistiek ingaan, lyk die prentjie heeltemal anders.
Sien, ek kry baie punte omdat ek so SUKKEL. Ek oefen en oefen die goed oor en oor en dit SUKKEL om vas te steek. Ai toggie! Veral die woorde wat ek tans leer maak glad nie sin nie. Stok en muis en skoen. Nee, ek kan nou nie eers onthou wat dit is om vir julle te vertel nie en ek het dit nou net al weer geoefen! En terwyl jy oefen, kry jy punte!
As ek na die maandsyfers kyk, lê ek mos vyfde. O, nee, hoor hier, ek het al weer loop oefen, ek lê nou VIERDE vir die maand en 356de in totaal. Ek moet bysê dat dit lyk of daar so 90 persone die afgelope maand geoefen het, en net tien die afgelope week. Dit lyk my die ouens val maar uit ook!
Ek het geoefen aan ‘n stok en ‘n muis. Ai toggie, moenie vir my vra wat dit is nie! In totaal het ek al 42 woorde geleer. MTaylor wat net bokant my lê, het 1671 woorde geleer en SBotha bokant hom, 469 woorde. Culmaer wat sesde is, het 628 woorde, en 123jc het 30 woorde in die sewende plek. Ek het dus NIKS om op trots te wees nie en van die 42 woorde ken ek seker so die helfte of hopelik meer.
Soms wonder ek by myself, is dit regtig die moeite werd? Tog onthou ek hier en daar ‘n woord. Party maak vir my meer sin. Ek salmaar nog ‘n rukkie aanhou, maar van stokke en muise, sjoe! Vir vandag gaan ek nie verder met stokke en muise en skoene foeter nie.
Toortsie
qhubeka uhamba Toorts!!!
LikeLiked by 1 person
Ban uhamba het ek al geleer en van Toorts, die eerste woord steeds nie. 😳
LikeLiked by 1 person
My huishulp sê dit beteken “Keep going” Sy klap haar tong met die eerste woord en dit kry ek nie reg nie.
LikeLike
Daai klappe probeer ek nog nie eers nie! Maar dankie, ek sal probeer.
LikeLiked by 1 person
Die ding oorrompel my! So na 4 dae se oefen steek ‘n woord tog iewers vas.
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy vorder goed….mens moet dalk net besef dat dit langer gaan vat… Maar sterkte! Jy doen dit darem! EK het nou nog nie eers na die Frans gekyk nie.
LikeLiked by 1 person
Een woordjie op ‘n slag. 😁 Doen daai ding! 😊
LikeLike
Hou aan. Eendag gaan jy jouself verbaas en ‘n kort gesprekkie voer en dan sien jy ‘n verbaasde wittandglimlag wat alles die moeite werd maak.
LikeLiked by 1 person
Ja ek hoop so. 😁
LikeLiked by 1 person
Hau!
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan hom ook nog nie! 😳
LikeLike
Ek haal my hoed af vir jou wat probeer.
LikeLiked by 1 person
Solank dit vir my sin maak, sal ek probeer aanhou, maar skielik mag ek dalk voel dit naak nie sin nie.
LikeLike
n vrou se voorreg mos
LikeLiked by 1 person
Bravo, Toortsie, vir jou toegewydheid om n konneksie met ander kulture in ons land te maak!
LikeLike
Dankie. Ek dink steeds ek bereik meer met ‘n baie vriendelike en opgregte groet wat ek die persoon glimlaggend in die oë kyk. Maar ek probeer. Dit sukkel maar erg!
LikeLiked by 1 person
Wow! Ek wil so graag weer Xhosa praat. Ek kon toe ek klein was, maar het so baie verloor met die jare. Leer jy dit op ‘n app, Toorts? Laat weet asb 🙂
Ek ken nog heelwat losstaande woorde en kan actually ‘n gesprek min of meer volg as iemand stadig genoeg praat
LikeLike
Ja dis ‘n app. Memrise. https://www.memrise.com/course/42967/xhosa-for-beginners/
As jy al woorde uit jou kinderdae ken, sal jy dit sommer maklik leer. Jy kan gratis aansluit en so iets soos 350 woorde leer, of dan betaal en natuurlik baie meer leer.
LikeLike
Dankie!
LikeLike
Die beste boek wat ek sover teëgekom het oor tale aanleer is Fluent Forever deur Gabriel Wyner. Hy kyk nogal in diepte na hoe mens se geheue werk en hoe om dit makliker vir jouself te maak om te onthou 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLike
Ek het nou by jou blog gaan inloer. Jy het lanklaas geskryf. 😊 Kry jy nie soms nog lus nie?
LikeLike
Dankie dat jy hier lees! 😁
LikeLike
Ek het nog ‘n blog by http://www.cecilialombard.co.za, maar daar is ook bietjie lanklaas geskryf 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek gaan loer.
LikeLike