Die beste van 2018?

Dr Perry vra:

Eers kan ek net dink aan my kind se troue, maar hoe meer ek dink, hoe meer wonderlike dinge kom in my gedagtes op.

Ja, my kind het die liefde van sy lewe ontmoet en is getroud.

Iewers in ‘n uiters moeilike situasie het ‘n draaipunt gekom en ons kan begin vorentoe begin kyk, voetjie vir voetjie.

Ek kon baie op myself oefen met TPM (Transformation Prayer Ministry) en ook hier en daar op ‘n kliënt en ek kan net elke keer in verwondering staan as ek sien hoe God werk met elke persoon en elke situasie.

Stadig maar seker raak ek deel van sekere groepe op die dorp. Ons hou saam VLV, hekel saam, maak saam musiek, hou bybelstudie. Een groep wat my baie opgewonde maak, is die teedrinkers, wat so dan en wan by my huis teepartytjies hou, tog te lekker. Ek ís maar iemand wat daarvan hou om te ‘behoort’, en dis lekker om deel van hierdie groepe te wees.

In 2018 was ek bevoorreg om middagslapies sommer in die kar onder ‘n boom in die Kruger Wildtuin te geniet. 😎

Ek het in 2018 gesien hoe ‘n hele huis staangemaak word op ‘n skuins erf waarop daar net ‘n miershoop was.

Ek het God sien werk. Verskeie kere. Op verskeie plekke. Ek het Sy stem gehoor, met Hom gepraat en Hy met my. Dít is verseker die hoogtepunt van my jaar.

Groetnis

Toortsie

JustJoJan

9 thoughts on “Die beste van 2018?

  1. Ek WOU ook iets goed soek en die eerste was maklik, my kleinseun se geboorte. Ek kon nog 2 goed kry….1ste, “I got away” van ‘n narsisistiese huweliksmaat ( en werk treetjie vir treetjie aan genesing)…2de, Blogland en die towerinne

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!