Jammer, Una, dat ek nou met jou idee aangaan, maar dis wat ons in Blogland doen! Ons kuier by mekaar, ons raak opgewonde oor mekaar, ons skryf oor mekaar, en ons vat iemand se idee en hardloop daarmee voort. Dís tog hoe die Toweropstal se twee boeke ontstaan het en die daaropvolgende Towerpaleis ook nog, danksy iets wat iemand geskryf het, wat ‘n ander bogger se gedagtes laat hardloop het, en nog een, en nog een, so hier gaan ons al weer!
Una is in die moeilikheid! Net so het Kameel se kinders ook nou die dag vraagtekens gehad het oor die ‘vriende’ wat sy het, almal mense met sulke suggestiewe name, soos Lekkervurige affêre, Nie vir kinders, en wat nog alles nie! Una het ons nodig, sy sit in die tronk, en dit oor haar betrokkenheid by ‘n klomp vreemde mense met vreemde name wat oor die hele wêreld versprei is. Tipies Blogland se mense, is ons almal op ons perde, om te loop red wat daar te redde is. Hulle glo net glad nie wat sy sê nie, hulle sê dis net te dik vir ‘n daalder en Una praat nie die waarheid nie. En julle weet tog dat geen mens deesdae in ‘n Suid-Afrikaanse tronk wil sit nie!
So, gewapen met my twee Toortsieboeke en ‘n groot bak goed gedokterde Tiramisu, en Seegogga, met ‘n bak seekos, het ons dadelik op die vliegtuig gespring Pretoria toe, op Lanseria geland, natuurlik weer verdwaal soos net ek kan, maar ons is nou amper by Una. Sy het juis gesê van die manne is maar goed oorgewig, so ons gaan probeer om hulle oor te haal om Banting te doen en sommer Bloggers ook te word.
Kameel is ook op pad, sy het juis so ‘n goeie manier om mense te oortuig. Hester, met haar swak internet en al, het belowe om haar laaste Vodacomdata gebruik en vir die mense ‘n e-pos te stuur, ook om hulle te oortuig van Una se onskuld. Perdebytjie het belowe om vir hulle mooi foto’s te bring. Die ander bloggers is nog aan die koukus hoe hulle almal kan help, en julle sal maar hier in die kommentare moet help dink. Kom tyd kom raad.
So, dames en enkele here van Blogland, hier gaan ek. Hou duim vas dat die Tiramisu sy ding gaan doen!
En dit, mense is Blogging vir my! (In opdrag van Tannie Frannie). Dankie, Una, jy het my nou gered van ‘n baie saai, tipies Toortsiese, ou beskrywing oor hoekom ek van Blogland hou.
Toortsie
……………………………
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
O ek’s so bly jy het my saamgevat! Ek sal daardie ouens toor met so n bietjie heerlike seekos, ek is juis aan die alkekruk en perlemoenskulpe was . Maar wat as…. nee wag ek se liewer niks!
LikeLiked by 4 people
Oeee sê… wat as?
LikeLike
Jy loes natuurlik saam, want jy ken vir Hillbrow!
LikeLiked by 1 person
Tiramisu! Hierdie keer wil ek ook proe. As jy klaar die kommissielede en polieste om jou vinger gedraai en hulle aan Kameel/Camilla oorgelewer het, bring vir Una hiernatoe – saam met my ou bakkietjie tiramisu – sy kan hier bly tot sy van die aaklige ondervinding herstel het.
LikeLiked by 4 people
Dis ‘n uitstekende idee! 💃
LikeLiked by 1 person
Ek het ook die tiri missie goed gemis- die rum ( of was dit vodka?…..of witblits?) het mos op my kop uitgeval
LikeLiked by 1 person
Ek dink dit was Frangelico. Dis mos tannie Frannie se seun.
LikeLiked by 2 people
Oe oe oe uit eindelik n woord wat ek al gehoor het… frangelico! Dis nou die drink ene nie die seun nie. Asseblief sê my jy het nie frangelico op iemand se kop uit gegooi nie. Dit sal my hart breek.. daai is n duur lekkerte wat ons liefs moet gebruik as omkoop geskenk om Una te bevry. Ons sal natuurlik aanbied om eers daarvan te drink sodat hulle kan sien daars nie gif in nie. Miskien moet n paar van ons proe net om bietjie verwarring onder hulle geledere te veroorsaak..
LikeLike
Jy sal sowaar die storie moet gaan lees. Dit was ‘n hele vervolgverhaal!
LikeLike
https://toortsie.com/2018/03/14/tiramihoe-die-voortvlugtiges-hoofstuk-5/
LikeLike
Haaaaahaaaaahaaaaaaaaa soorsie dis washj ghoet…ikh sajl noģ baja mut kry vi ali storiesjh
LikeLiked by 1 person
Hierdie is in boekvorm, want die voordraai én die nadraai hiervan is wyd. Een van die ander sal vir jou die skakel moet gee. Of hy moet sommer die inlinks skakel volg.
LikeLike
Die boeke is nog hier beskikbaar https://www.hesterleynel.co.za/booktalk/. Volgende keer moet Bondels saamspeel.
LikeLiked by 2 people
Eish…
LikeLiked by 1 person
O ja nou onthou ek.
LikeLiked by 1 person
Ja-nee soos die Ingelse sal se:”Never a dull moment!” hier in Blogland nie. My vuurpyl se masjien het moeilikheid gekry. Sal so week of twee vat voordat daar weer n geleentheid is om te kan vlieg. Julle moet maar versigtig wees daar by die tronk. Mens weet nooit wat vir mens wag daar by die ingangshek nie. Hoop jul word skoon verklaar om in te kan gaan.
LikeLiked by 4 people
Ja wat, ons het mos darem niks onderduims by ons nie, net ‘n ou onskuldige bakkie seekos en poeding!
LikeLike
Mooi man. Dit behoort te werk.
LikeLiked by 1 person
En botter kan nie in jou mond smelt nie.
LikeLiked by 1 person
Ek sal hulle oorweldig met vriendelikheid. 😁
LikeLiked by 1 person
Miskien kan jy skelmpies ‘n bakkie tiraGISmu daar in die tronksel plaas en dan wag ons vir die regte oomblik…as die tronksel se deure oopskiet, is ek gereed met my onopsigtelike Boomaway wa om vir Una weg te voer. In my wa het ons ‘n feestafel van Seegogga se kos, baie data vir Hester, sodat sy kan inluister wat in die polisistasie aangaan, ‘n spaar paar stiletto’s en pruik, ingeval ons Camilla weer moet laat herleef en dan natuurlik Tannie Frannie met ‘n broodjie vol kroonjuwele, wat ons as omkoopgoedjies kan gebruik…ingeval die ontsnapping nie slaag nie! Scrapydo se uil moet ook daar wees, want hy sal dien as afskrikmiddel vir bygelowiges wat dink dat uile die dood voorspel.
LikeLiked by 5 people
Yesss!
LikeLiked by 1 person
Jy het behoorlik aan alles gedink. Ek is nie so goed met detail nie, maar kyk net hoe help jy! 😁
LikeLiked by 1 person
En ek moet sê, seekos wat ‘n bietjie staan, is niemand se maat nie.
LikeLiked by 1 person
Hierdie plan gaan werk, Perdebytjie. Scrapy se uil sal ń groot rol speel, hier is baie bygelowe hier binne. En die kroonjuwele…Ek wag vir julle!!!
LikeLiked by 3 people
Ja ons kan dit ook mildelik uitdeel aan die personeel en wanneer hulle toilette toe begin hardloop, kan ons maklik vir Una uitsmokkel.
LikeLiked by 1 person
Net so! 😂
LikeLiked by 1 person
Toorts ek gaan jou nie weer uit die gemors kom help met Camilla se hulp nie. Die klomp se tonge sleep klaar en julle is nog nie eers by die tronk nie. Kort voor lank is daar weer gerugte van skatte en blogland in beroering…. en jy weet wat het laas gebeur. Ek hoor net die woord polieste…. dan sidder ek klaar. Gaan terug huistoe…. vat jou breipenne, en brei die beloofte truie klaar.
LikeLiked by 2 people
Ag nee man! Hoe verstaan ek jou nou?
LikeLike
Jy kom my uithaal, jy gaan glad nêrens terug nie!! Ek het gou ń vliendelike polisie outjie se selfoon geleen, en nou sien ek julle is oppad!💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃💃
LikeLiked by 2 people
Gaan lees my plan daar by Toortsie se blog. Jy moet jou vergewis van al die feite, sodat jy voorbereid is en mooi kan saamwerk.
LikeLiked by 1 person
Ja, jy moet versigtig wees vir bakkies seekos en tiramisu. Dis dalk goed dat dit ‘n bietjie staan, jy weet, maar dan moet jy dit eerder vir die ander aanbied.
LikeLiked by 1 person
Natuurlik kom ons! Ek fokus mpu daarop en gaan nie toekaat dat iemand nou my loskop gedraai gaan kry nie!
LikeLike
Ek plaas my blog oor ‘n rukkie dan sal jy sien hoekom. Ek ruik lont…. en ‘n klomp moeilikheid as jy nie terugdraai Kaap toe nie.
LikeLiked by 1 person
Ek is mos maar goed met in die mieilikheid trap!
LikeLiked by 1 person
😀😀😀😀 Jy wat tussen die beesmis rondtrap moet juis versigtig wees. Toemaar…. ek lief dit om jou siel uit te trek… en hierdie was ‘n heerlike geleentheid.
LikeLiked by 2 people
Ek is gedeyermineerd om vir Una daar uit te kry, beesmis ofte niet!
LikeLiked by 2 people
Ai, ai Toorts…. het jy nie my blog gelees nie. Una is nie in die tronk nie.
LikeLike
Het gaste gehad. Sal loop lees.
LikeLiked by 1 person
Kameel! 🧐 Kom by! Dis nie sommer net iemand wat in die moeilikheid is nie, dis Una! Ons Una. Ons kan haar nie net los nie, ons MOET haar help!
LikeLiked by 2 people
Jy het alweer op die band wagon gespring. Wees net kalm…. Una is ok.
LikeLiked by 1 person
Ek het juis weer ‘n pruik en stiletto’s gereed vir jou, ingeval sy weer haar sexyverskyning moet maak…alles in my Boomaway wa.Bring net ekstra grimering en naellak. Ek is ‘n plein Jane en het nie sulke goedjies in voorrad nie.
LikeLiked by 2 people
Camilla het net oë vir Marco…. daar doer in Oostenryk. Ai, hoe romanties ☺
LikeLiked by 3 people
Glad nie romanties nie – dis nou behoorlik ‘n cop-out! Ca-mill-la, Ca-mil-la, Ca-mil-la….Waar’s jy in Una se uur van nood??
LikeLiked by 2 people
Hulle kyk darem nie te sleg na my nie…dalk omdat ek meubel stukkies links en regs belowe. Mens moet doen wat mens moet doen. Dankie Toortsie, jy en Seegogga gaan hulle om jul pinkies kan draai. Veral met die verversinkies…
LikeLiked by 1 person
Ons is skoon opgewonde!
LikeLike
Ek ook!! Seegogga se kos! Jy gaan hulle om jou pinkie draai met jou banting-resepte.😁
LikeLike
Spelling! Ag wat, dis die tronk hierdie.
LikeLiked by 1 person
Ek voel sulke koue rillings teen my ruggraat af. Die bloggers maak my bang! Ek kan nie dam toe kom nie, maar ek sal vir Pablo bel en sê Una sit in Tamatiestraat – dalk help hy uit.
LikeLiked by 3 people
Oe nee! Hou asb vir Pablo hier uit.
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Doen dit, dankie Hester.
LikeLiked by 2 people
Toortsie het hierdie plan ge-veto.
LikeLike
Ek vertrou daai Pablo net mooi niks.
LikeLiked by 1 person
As ek vir Pablo reg opgesom het, het hy vele seuns benewens Carlos-met-die-tanne. Vra hom om vir ons so ‘n ou bendetjie bymekaar te sit? Daai kommissielede het dalk meer as tiramisu nodig om van Una se onskuld oortuig te word…
LikeLiked by 1 person
Of jy kan ‘n paar diamante uit die broodjie gebruik om hulle om te koop?
LikeLiked by 2 people
Ons moet starag met daai diamante, dis nie onbeperkte voorraad nie!
LikeLiked by 2 people
Jinne julle het my kop nou behoorlik deurmekaar. Dyidelil het ek nie genoeg inligting om kop of stert uit te maak nie…hyg hyg
LikeLiked by 1 person
Sak op ander dag weer deel word van die komplotte ek is van mening jy het alles onder beheer
LikeLike
Ek? Mens! Weet jy waarvan jy praat?
LikeLike
Seegogga het gelukkig die situasie gered!
LikeLiked by 1 person