Kameel – Dis hoekom ek blog

Lê-jou-eier – Skryf Safari

images (1)Blogland kom asseblief tot bedaring – en vir elke blogger wat met sy tassie gereed staan om Una tot hulp te snel – Una is nie in die tronk nie!!! Tipies Toorts, het sy weer iets gehoor en dadelik kombuis toe gehardloop om daardie dodelike tert te maak om die polieste mee om te koop. Nou sleep sy nog vir Seegogga saam met haar die afgrond af. Julle weet wat laas gebeur het, die fiasko wat dit veroorsaak het!!! Wil julle weer met die gereg deurmekaar raak? Dink mense dink. Hester het haar draad verloor… anders kon ek my nou tot haar gewend het om die sweep hier op blogland te laat klap, en almal tot bedaring te bring.

Perdebytjie gaan rustig voort, neem jou fotos en kom wys dit vir ons.
Lekkervurig los jou vuurwa en speel krabbel saam met Rots.
Positief gaan voort met die reëlings om The Naked Lady te koop.
Ekmyself geniet jou boer en sy plaas…. en onthou om te dans.
Sonell berei voor vir jou volgende motiverings praatjie.
Scrapy jou bors is hopenlik beter. Gaan stap met Trompie, en lees vir Bea ‘n storie.
Rondomtaliedraai ek hoop werklik jou oog is beter. Soek solank na fotos om ons mee te vermaak.
Abrie begin skryf aan daardie beloofte blogs. Tussen hakkies…. ek weet nogsteeds nie of jy ooit uit daardie bos uit teruggekom het nie.
Bondels…. jy is nuut hier. Leer een ding vinnig… hierdie blogland familie is nie so onskuldig soos hulle klink nie. Gaan lees self waartoe hulle in staat is.

My kop is klaar dronk, en so ontsteld soos ek nou is kan ek nog minder dink. So as ek iemand hier oorgeslaan het… “sorry.”  Laat ek nou maar Una se Kieter uit die sak laat. Una sit in haar Baliwinkel en hallusineer. Dis niks ernstigs nie…. blykbaar het haar liefde vir blogland na haar kop toe gegaan, en nou sien sy gesigte. Virgo reken sy sal oor ‘n paar dae weer piekfyn wees. Tannie Frannie gaan intussen na haar kyk. Ek wonder nogsteeds oor daardie uitgeholde brood met diamante in…. tsk, hoe dwaal my gedagtes. Vir Toorts en Seegogga wat nou hier in ons deel van die wêreld ronddwaal is net een goeie donderslag nodig om hulle terug te kry in die Kaap. Maar nou is dit winter…. so die tyd sal moet leer.

N.S Toorts vra blog ek dan nou net om haar in toom te hou. Ek gaan nie stry nie… ek lief dit om haar siel uit te trek. Maar nee, ek het begin blog om ontslae te raak van baie opgekropte emosies. In die proses raak ek toe lief vir die mense in blogland. Elkeen is uniek, en op sy eie manier spesiaal. Julle maak ‘n groot deel uit van my lewe. Dankie daarvoor.

Kameel

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

Advertisements

66 thoughts on “Kameel – Dis hoekom ek blog

    1. Gaan jy die donderslag toedien Frannie? 😀😀😀😀 Ek is raadop met Toorts. Jy en Una gaan lekker kuier…. lei haar maar versigtig terug na die wêrklike lewe.

      Liked by 2 people

    1. Toortsie, ek is in aanhouding, nog nie formeel aangekla nie. So daar is nog nie bail ter sprake nie. Hulle hou my in die kamertjie met die venster totdat Lekkervurigeaffêre inkom. Vir ondervraging. Ek is regtig nie by die winkel nie; en ek voel hel alleen. Julle moet my kom haal, asb, en daarna na Frannie toe vat. Maar genade, kom net met jul versterkinkies.

      Liked by 1 person

          1. Una jy is in ‘n droom vasgevang. Virgo sê oor ‘n paar dae is jy weer piekfyn en met ons. Tannie Frannie kyk mooi na jou. Camilla bly mos nou in Oostenryk…. sy kan onmoontlik nou hierheen kom. Dit voel seker soos ‘n nagmerrie maar dit sal verby gaan.

            Like

        1. Kameel, ek en jy het ń kode-woord, onthou. Ek is hierdie keer regtig in die moeilikheid, hulle is agter ons vorige mmm oefening aan. Die plaas/tonnel/… Kode-woord Ben. Kom help my. Niemand glo ons blogvriende is onskuldig nie, omdat almal vreemde name het.

          Ek word net hier in Harties aangehou, nog nie opgesluit nie. Maar Camilla, ek het haar nodig. Vir oulaas…

          Liked by 1 person

          1. Hester! Praat met Kameel! Perdebytjie! Seegogga! Waar is julle? Ek vermoed Kameel is ook gevange geneem en in hulle mag, dis dié dat sy ons afraai om vir Una te gaan help, en as ons te lank wag, gaan die seekos nie meer reg wees nie en julle weet wat gebeur met die Tiramisu as dit te lank gebêre word.

            Like

              1. Ons het die week nie wifi nie. So ek sê totsiens vir eers. Miskien loer ek ten duurste nou en dan in…. maar dit sal nie baie kan wees nie. Mooi week vir jou.

                Liked by 2 people

          1. Ek weet nou nie of gewoond raak so goed is nie. Ek ken julle nie, net vir Una maar ek lief julle nes julle is. As gewoond raak maak dat dinge verander dan moet dit liefs net so bly. Julle verskil in crazy graad but i like it en voel baie tuis…

            Liked by 2 people

    1. Toorts en haar konkoksies spel moeilikheid Positief. Sowaar as dinge weer soos laas by Toweropstsl hande uitruk gaan bly.ek saam met Camilla in Oostenryk…. en los julle klomp vir die Mafia. Hester vra klaar of sy Pablo moet stuur.

      Liked by 3 people

  1. Kameel ek het besluit om my uit hierdie een uit te hou, Una sal oorleef.
    Jy is reg daar is ‘n paar 2de aflewerings wat ek sluld. Sal hopelik nog daarby uitkom (en by ander skrywes – is jy dan nou terug op Toortsie.com – jammer ek moet nog opvang as ek iets gemis het).

    Liked by 1 person

    1. Weet nie presies hoe dit werk nie…. maar ek Kameel se Gebabbel is ‘n tweede blog by Toortsie. Toe ek dié een plaas het ek (onwetend) nie gekyk onder wie se naam ek plaas nie. Sal seker nog die trieks van die trade leer. 😊 Geniet jou verlof… êrens gelees jy gaan met verlof.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s