Hulle sê dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel. Dis die klein dingetjies wat ‘n huwelik laat skipbreuk ly, nie groot goed nie.
Deur verskriklik baie genade van die Here, deur harde werk, die keuse om lief te hê, lekker tye, moeilike tye, 700 sakke sout, is ons 33 jaar getroud en sal ons, soos van dag een af, probeer om die tyd saam te verdubbel, alhoewel, ek dink die uitdaging begin groot lyk, omdat die lewensjare dalk te min kan wees.
Ons was so ses of sewe jaar getroud, toe ek ‘n praatjie van tannie Myrtle van Deventer bygewoon het. Ek het my lewe lank vir haar ‘n besonderse plek in my hart.
Sy praat toe oor die huwelik, en sê een belangrike ding: Moenie van jou man skinder nie.
As mens pas getroud is, is alles nuut, vreemd, verg dit soms groot aanpassings. Ek onthou hoe ek geskinder het tussen my maats. Oor onbenulligheidjies. Oor sy ma wat kos anders kook as my na, die lawwe goetertjies wat sy pa doen, my nan se eie vreemde maniertjies. My eie snaakse maniertjies het natuurlik staatsgeheim gebly.
Die probleem is, daardie onbenulligheidjies wat jy snaaks vind en gaan oorvertel, bly nie snaaks nie. Dit raak irritasietjies wat jy, sonder dat jy dit besef, aanblaas.
Sonder dat jy dit besef, saai jy giffies in jou eie huwelik, laat jy toe dat dinge wat eintlik nie ‘n invloed op jou huwelik moet hê nie, jou huwelik begin afbreek.
Ja, soms sal ek vir ‘n vriendin iets sê omdat dit dalk op daardie oomblik nodig is, maar wees waaksaam oor wat jy van jou huweliksmaat sê. Moenie hom afbreek of slegmaak of beskinder by jou maats nie. Dis net nie die moeite werd nie.
Dink eerder aan sy positiewe eienskappe, hoe mooi hy vir jou sorg, hoe lekker dit is as julle tyd saam deurbring, hoe lekker sy warm lyf langs jou in die bed is op ‘n koue wintersnag, hoe lekker julle saam voor die kaggel sit, hoe trots jy op jou man is.
Ek het hierdie raad van tannie Myrtle ernstig opgeneem, en vandag is ek nie spyt daaroor nie. Ja, daar was opdraendes, slaggate, storms, heeltemal te veel om op te noem, maar vandag is ek bly en dankbaar dat ons gehou het by wat ons belowe het, through sickness and poor, bad days and good days. Eer jou man.
En terwyl ek nou vir dames geskryf het, mans, kan julle maar ook hierdie inskrywing ernstig opnoem. Wees lief vir jou vrou.
Vir my is dit dag een van die volgende 33 jaar! ❤️
Groetnis
Toortsie
Baie geluk,Toortsie! Mag julle nog baie jare saam wees. Dis waar wat jy sê…lojaliteit aan jou maat is baie belangrik.Soms wil mens iewers skinder, maar uiteindelik moet mens maar met mekaar kommunikeer en self die probleem oplos.
LikeLiked by 1 person
En nou het jy geskinder, en is die probleem dalk al lankal opgelos, maar daardie persoon dink dat dit sleg gaan.
Dankie vir die gelukwensing.
LikeLiked by 1 person
Geluk vir julle, Toortsie! Jy bly vir my ń voorbeeld van ń pragtige vrou.
LikeLike
Ag dankie. Jy is dierbaar. Jy straal weer sagtheid, maar sterkte, uit.
LikeLike
Seënwense vir die.volgende 33 jaar!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Welkom 😊
LikeLike
Dit is inderdaad baie waardevolle raad wat die tannie uitgedeel het, en dit werk duidelik. Baie geluk met 33 jaar, en alles wat mooi is vir die pad vorentoe
LikeLiked by 1 person
Ek onthou ek het so koud geword toe sy dit destyds gesê het. Ek was skuldig!
LikeLiked by 1 person
Ek is soms tog maar skuldig.
LikeLike
Baie geluk Toortsie en ek wens vir julle nog baie goeie jare toe. Skinder? Mmmm. Nee, ek sal nou nie juis sê ek skinder nie, maar party grappies is te goed om nie te deel nie! Ek “skinder” natuurlik altyd in sy teenwoordigheid, want hy hou daarvan om my siel uit te trek – tit for tat.
LikeLiked by 1 person
Klink vir my reg. 😁
LikeLike
Baie geluk!!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie 😁
LikeLike
Baie geluk Toortsie. Ek is altyd jaloers op mense wat in vandag se tyd nog in n gelukkige huwelik is!!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Nie aldag maklik nie, maar die moeite werd om vas te byt.
LikeLiked by 1 person
Beide van ons het seker maar by tye gevoel om die pad te vat en ons kon goed lawaai maak in ons jongdae, gelukkig het ons mekaar deur die krisisse getrek. Groot genade van die Here.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n groot voorreg om saam met die genade deur die jare te kom!
LikeLiked by 1 person