Gratis advertensie?

Ek het ‘n kompetisie geloods op Facebook. Baie mense doen dit so, so die idee is nie my eie nie, behalwe dat ek dit aangepas het by ons situasie. Ek het voorheen ook so ‘n kompetisie gehad met my Toortsie resepteboeke.

Die hoofdoel van die kompetisie is natuurlik bewusmaking. Advertensie. Hoekom sou ek dit dan anders doen, ek is tog nie kersvader nie!

Ek het ook mense nodig wat saamspeel en hoe meer mense saamspeel, hoe suksesvoller is die kompetisie hopelik.

Die prys is 2 nagte se verblyf by Kruinsig Plaasakkommodasie vir 10 persone. Selfsorg. Net die verblyf is ingesluit. Gaste sorg vir hulle eie kos en drank en moet self daar kom.

Tot 17 Januarie 2018 kan mense dan inskryf vir die kompetisie. Geen inskrywingsfooi. Hul moet net Kruinsig Plaasakkommodasie se Facebook Page like, die betrokke inskrywing like en op hul eie FB muur pos en 3 mense tag.

Vrywillig. Elke persoon wat dit doen, doen dit uit vrye wil. Geen geweer word teen die kop gehou nie. No strings attached.

Ja, 95% van mense hou nie van sulke speletjies nie en hul speel dan gewoonlik nie saam nie, maar die orige 5% hou wel daarvan, en hulle speel tog te lekker saam.

Sal iemand toe sowaar mense afraai om dit te doen. Gratis advertensie, sê hy. Ja, ons trek voordeel daaruit in die sin dat mense nou bewus raak van ons plek, dis tog wat ons hoop. Gratis is dit beslis nie. Behalwe dat ons ‘n fooi aan Facebook betaal het om dit meer bloot te stel, is die waarde van die prys R4 400,00. So, gratis is dit nie. 😁

Intussen speel ons lekker saam, die wat wil. 😁 Sou een van julle ook lus wees vir saamspeel, kyk by Kruinsig Plaasakkommodasie op Facebook en Kruinsig.com. En onthou, dis vrywillig. 😁

Groetnis

Toortsie

19 thoughts on “Gratis advertensie?

    1. Nee wat. Ek speel net saam met die lekker mense. 😁
      Die oompie het my laat dink aan die dag in Londen. Ek en my broer loop op die sypaadjie en verwonder ons aan die mooi. Goud orals. ‘n Man kom verby en sê vir my, ‘dis alles plastiek’ en loop aan. Ek dog, ‘tjorts, is dit nou jou werk om die mooi van almal se ervaring te steel?’ Plastiek of te not, dis steeds mooi!
      Mooi dag vir jou.

      Like

  1. Het jou kompetisie gesien Toorts…. sou ek die prys wen hoe gemaak om tien mense in die Kaap te kry?
    Jou London ervaring het my aan die “alles wat blink is nie goud nie” laat dink. Maar mooi bly mooi nê!!!

    Liked by 1 person

  2. Ja wat, dis soos die lotto spelery. Hierdie is gratis jy hoef nie iets te betaal nie en jy staan nog n kans om te wen ook! Ek het self n hele paar jaar n lekker inskrywing gemaak en sowaar toe wen ek n week vakansie in gastehuis naby Witrivier vir twee! Heerlik! As ek hierdie wen gaan ek al die bloglanders kans gee om daarheen te gaan! Hoe hul daar kom is hul probleem, nê?

    Liked by 1 person

  3. Toortsie ek wou nog vra, hoe en waar konsdig julle die wenner aan? Ek wonder altyd met enige kompetiesie of iemand ooit regtig wen want n mens skryf in en hoor net nooit ooit weer n worord nie

    Like

    1. Ek is op hierdie oomblik besig om dit te verwerk. Al die name word opgeskryf, in’n boks gegooi en die wenner word getrek. Die oomblik as ek klaar is, word die persoon in kennis gestel. Dan rus die onus op hom/haar om die prys op te eis.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!