Gratis advertensie?

Ek het ‘n kompetisie geloods op Facebook. Baie mense doen dit so, so die idee is nie my eie nie, behalwe dat ek dit aangepas het by ons situasie. Ek het voorheen ook so ‘n kompetisie gehad met my Toortsie resepteboeke.

Die hoofdoel van die kompetisie is natuurlik bewusmaking. Advertensie. Hoekom sou ek dit dan anders doen, ek is tog nie kersvader nie!

Ek het ook mense nodig wat saamspeel en hoe meer mense saamspeel, hoe suksesvoller is die kompetisie hopelik.

Die prys is 2 nagte se verblyf by Kruinsig Plaasakkommodasie vir 10 persone. Selfsorg. Net die verblyf is ingesluit. Gaste sorg vir hulle eie kos en drank en moet self daar kom.

Tot 17 Januarie 2018 kan mense dan inskryf vir die kompetisie. Geen inskrywingsfooi. Hul moet net Kruinsig Plaasakkommodasie se Facebook Page like, die betrokke inskrywing like en op hul eie FB muur pos en 3 mense tag.

Vrywillig. Elke persoon wat dit doen, doen dit uit vrye wil. Geen geweer word teen die kop gehou nie. No strings attached.

Ja, 95% van mense hou nie van sulke speletjies nie en hul speel dan gewoonlik nie saam nie, maar die orige 5% hou wel daarvan, en hulle speel tog te lekker saam.

Sal iemand toe sowaar mense afraai om dit te doen. Gratis advertensie, s├¬ hy. Ja, ons trek voordeel daaruit in die sin dat mense nou bewus raak van ons plek, dis tog wat ons hoop. Gratis is dit beslis nie. Behalwe dat ons ‘n fooi aan Facebook betaal het om dit meer bloot te stel, is die waarde van die prys R4 400,00. So, gratis is dit nie. ­čśü

Intussen speel ons lekker saam, die wat wil. ­čśü Sou een van julle ook lus wees vir saamspeel, kyk by Kruinsig Plaasakkommodasie op Facebook en Kruinsig.com. En onthou, dis vrywillig. ­čśü

Groetnis

Toortsie

Advertisements

Kompetisietyd! Wen ‘n Toortsie Combo!

Staan ‘n kans om die Toortsie Combo te wen! Dit sluit in: 1 x Toortsie se Bantingboerekos en 1 x Hier’s die Toortsie Weer!

Om deel te neem, moet u ‘n paar dinge doen:

  1. ‘Like’ die Faceboekblad, Toortsie se Bantingresepteboeke.
  2. ‘Like’ die post waar die kompetisie aangekondig word op Facebook.
  3. ‘Share’ ook daardie post op jou eie facebook muur.
  4. In die kommentaar van daardie post, skryf ‘n slagspreuk vir Toortsie se Bantingresepteboeke en ‘tag’ 3 van jou vriende of vriendinne.

Die kompetisie sluit 19 November 2017. Die wenner sal op 20 November aangekondig word en die beslissing van die beoordelaar is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word hieroor nie.

Toortsie behou die reg voor om enige van die slagspreuke wat daar gegee is, te gebruik in die toekoms.

Enige vuil, negatiewe of lelike slagspreuke sal onmiddellik verwyder word en word nie in ag geneem vir die kompetisie nie.

Hier’s jou kans!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Toe haal ons die maskers af

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap