Wat jou kliënte nie wil hoor nie

Dienslewering het regtig ‘n probleem in SA geword en menige mense kan daarvan getuig. Daar was ‘n ou gesegde dat die kliënt altyd reg is, en dit is sekerlik nie waar nie en baie kliënte verwag die onmoontlike of tree onprofessioneel op. Daar is egter ‘n paar punte wat ek graag wil noem rondom dienslewering en jou kliënt.

Maak jou dienslewering jou prioriteit en jy sal verseker altyd kliënte hê. Dien hulle na die beste van jou vermoë en jy sal ‘n gewaardeerde en lojale kliëntebasis opbou.

Laat jou ja ja wees en jou nee, nee. Dit staan in die Bybel en dit is baie waar. Hou by jou beloftes. As jy vir jou klant iets belowe, kom dit ná, al verg dit wat ook al van jou. Slegs in die alleruiterste geval kan jy vir die klant vra vir uitstel, en dan met ‘n regtig grondige rede waarvoor jy op geen manier ‘n uitweg kon vind nie. Sou jy agterkom dat jy nie jou belofte kan nakom nie, laat weet die kliënt betyds. Moenie goed belowe en dan net stilbly en dit nie nakom nie.

Moenie meer werk aanvat as wat jy kan hanteer nie. Slegs jy weet hoeveel tyd jy tot jou beskikking het en wat in jou dagboek staan.

Ja, die verkeerde dinge gebeur op die onmoontlikste tye en gewoonlik sal ‘n klant dit verstaan, maar as dit keer op keer gebeur en jy geen oplossing daarvoor probeer kry nie, gaan die klant se geduld nie hou nie. Iewers gaan die klant se geduld opraak.

Die klant wil nie hoor van al die opofferings wat jy moes en moet maak om haar te dien nie. Jy het aangebied of getender om die werk te doen, jy het jou prys vasgestel, jy moet sorg dat jy dan by jou aanbod hou, selfs al gebeur daar onbeplande dinge.

Jou klant wil nie hoor hoe besig jy is nie, of van jou huislike probleme nie. Hy wil ook nie hoor van jou ander kliënte en hulle probleme nie. Solank die werk op datum is, is die klant heeltemal gewillig om te luister en te verstaan, wanneer jy die een na die ander verskoning begin gee en nie produseer soos belowe nie, wil die klant nie meer hoor nie. Al wat hy wil hoor, is dat hy en die werk wat jy vir hom moet doen, vir jou belangrik is, dat jy daaraan aandag gee en jou uiterste bes doen om dit op tyd af te handel.

Moenie vir jou klant jok nie. Moenie jou klant se intelligensie onderskat nie. Onthou, soms kan hy daardie ding selfs beter as jy doen, hy verkies net om iemand te kry om dit vir hom te doen.

Tree met integriteit op.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

20 thoughts on “Wat jou kliënte nie wil hoor nie

  1. Van waar af kom jy nou dat jy eweskielik so kwaai klink. Intussen kuier ons ander heerlik op mekaar se eilande rond. Op ernstiger noot…. ek wens jy wou vir my seun preek…. maar met sy kunstemperament doen hy dinge sy manier.

    Liked by 1 person

      1. Beslis so. Ek sien met my seun se motorhuis-besigheid gaan dit ook so. Party van die plekke wat voorraad moet verskaf verswak omdat hul te veel aanpak en nie die werkers het om te verlig nie. My seun doenself so, hy toets elke stukkie voordat hy uitstuur en hy probeer om dit eerder vroeër as later te stuur. Hy verskaf aan oorsee makliker as plaaslik.

        Liked by 1 person

  2. Jou klient is nie altyd reg nie, daardie is ‘n uitgediende konsep. Jou klient het die reg om sy probleem opgelos te kry.
    “Never let you client know more than you about your own service or product ~ (the other) Michael Jackson

    Liked by 1 person

    1. Kliënte kan soms regtig onmoontlik wees.
      Wat wel is, is dat ‘n kliënt soms vasbyt en vasbyt in die hoop dat dinge sal regkom en dan skielik ontplof omdat sy miedeloos is en dan onredelik raak.

      Like

Gesels saam, asseblief!