Dis al ‘n hele paar jaar wat my vriendin my aanpor om ‘n fasiliteerder te word van ‘Transformation Prayer Ministry’, voorheen bekend as ‘Theophostics Prayer Ministry’. Ek was heeltyd te besig, en dalk ook huiwerig, hoekom, weet ek nie. Maar ek was regtig besig.
Tot verlede jaar wat die pawpaw die fan strike, die kalf in die put beland, en ek besef: Nou is die tyd wat ek self TPM nodig het. Ná ‘n intensiewe TPM sessie was ek ‘n nuwe mens. Ek het waarheid ontvang by die Here en Hy het vir my sekere foutiewe kernoortuigings uitgewys wat veroorsaak dat ek foute maak en onnodig pyn verduur.
Daarvandaan glo ek aan TPM soos nog nooit tevore nie en is ek self besig om dit te bestudeer. Ek wil graag ander mense help soos ek ook gehelp is.
Die wonder van TPM is dat jy dit juis op jouself ook kan toepas. Soos wat ek meer en meer daarvan leer, kom vrae in my kop op: Hoekom maak hierdie persoon my so kwaad? Hoekom kan ek hierdie muur nie afbreek nie? Wat keer my om sekere goed te doen? Dan pas ek TPM op myself toe en kom by die verrassendste onthullings oor myself uit, leuens wat ek oor myself glo al sedert kleintyd, goed wat ek die waarheid al lankal in my kop weet, maar diep in my hart die teenoorgestelde glo en dus nie vry kan kom nie.
Danksy die waarheid wat ek van die Here ontvang, raak ek stukkie vir stukkie vry en laat die die Gees toe om Sy vrug al meer in my sigbaar te maak.
Die lekker van TPM is dat jy dit op jou eie kan bestudeer. Opleiding is gratis hier beskikbaar. Ek wil dit regtig aanbeveel. Doen dit vir jouself, kom vry van die bande wat jou vashou. Of, as jy nie een is om so iets deur selfstudie te doen nie, kom by ‘n TPM fasiliteerder uit wat jou kan help, dis regtig bevrydend. Vra vir Google vir ‘n TPM fasiliteerder in jou omgewing.
Wat gaan ek met my TPM doen as ek klaar opgelei is so met my gependel deur? Ek weet nie! Ek weet nie wat die Here beplan nie, maar Hy is beslis besig met my, op pad met my in een of ander rigting waarvan Hy die eindbestemming weet. Al wat ek weet, is dat ek dit nou moet doen en gou moet doen, dat Hy my nodig het om ‘n sekere taak vir Hom uit te voer. Ek sien met opwinding uit na wat kom!
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Toortsie by Finesse: Het julle al gehoor van ‘n vreugdevas?
Toortsie by Pinterest
Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap
Het.die video geluister. Wil dit vir my man ook wys. Dankie!!
LikeLiked by 1 person
Die video is maar net een van die baie lesse. Daar is nog. As jy ondertoe scroll sal jy sien.
LikeLiked by 1 person
En hier voel ek sommer saam met jou opgewonde vir jou part. Dit is lekker om die Here se gedurige werk in mens te kan herken vir dit wat dit werklik is.
LikeLiked by 1 person