Oor werk

Ek is tans besig met Amos Agrimin se 40 dae gebedsfokus op die landbou oor arbeidsverhoudinge.

Die skrywer, Hennie Viljoen, bevestig dit uit die Woord dat werk nie die gevolg is van die sondeval nie en dat dit nie sleg en negatief is nie. Werk het wel swaar en moeilik geraak as gevolg van die sondeval, maar al sou Adam en Eva nooit gesondig het nie, ons steeds sou werk. God het reeds voor die sondeval al die opdrag gegee dat ons die aarde moet bewerk.

Om in vandag se tye ‘n werk te hê, is ‘n genadegawe van God. Dit was immers nog altyd ‘n genadegawe van God en deur jou werk met lus te doen, jou beste te gee in jou werkplek, verheerlik jy vir God daardeur. Dis ‘n voorreg om te kan werk, nie ‘n straf nie.

Viljoen moedig ons aan om God te dank as ons ‘n werk het. Daarmee saam vra ek dat God ons gewillig sal maak om ons werk goed te doen, dat werkneners regoor ons land hulle beste sal begin lewer sodat ons besighede weer produktief sal word, winste begin toon en meer werksgeleenthede sal skep. Ek bid ook dat werknemers en werkgewers mekaar sal eer en weer begin vertrou en dat hier weer ‘n eerlike en gesonde werkskultuur in ons land geskep sal word.

Kom, ek en jy begin weer ons volle deel doen, dalk doen ons dit reeds, kom ons steek iemand aan om weer sy of haar beste te doen in die werksplek. Kom ons raak positief oor werk en moedig ander aan en motiveer hulle om ook só te voel oor hul werk. Kom man, ons kan mos!

Onthou, ons werk is ons trots en as ons ons werk met oorgawe doen, vereer ons nie net God nie, onsself verdien ook daardeur respek by ander.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Elke vasgeleentheid is uniek

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

5 thoughts on “Oor werk

  1. Dink jy nie die sondeval het dalk net verander hoe ons werk sien nie? Eers was dit vreugde maar nou kan dit soms slawerny wees. Lees gerus in Eksodus 35:30-35 hoe die Heilige Gees mense met Sy gawes toegerus het, sodat die gemeente saam kon werk aan figuurlik gesproke tempelbou deur die letterlike tabernakel te bou. Dan sien ek my Pa, kopersmid te midde van ander talente, sy kuns beoefen.

    Ek sou graag betaal word vir die werk wat ek doen. Ons laat roltrappe herstel in die stad, of nuwes installeer, die verkeersligte in die stad kan rondomrooi gestel word om voetgangers veilig te laat kruis. Dit verminder ook die kanse van regseise teen motoriste.

    Ons verander die wêreld om ons, die MyCity bus se dienslewering het ook al veranderings ondergaan, ten goede.

    Ons lok toeriste, bring mense nader om te kom geld spandeer, dit sonder vergoeding. Dit sou lekker wees om betaal te word, maar die voorreg om te kan werk is groter as enige salaris.

    Ja, natuurlik dink ek dis onregverdig en dit voel soos ‘n klap in die gesig as ek my R1,600 by SASSA gaan haal. Om te dink wat ek vir die gemeenskap beteken.

    Aan die ander kant, geniet ek wat ek doen en daarom doen ek dit sewe dae van die week. Ja, soms werk ek rondom die klok en het al vlak 7 as Google Local Guide bereik. Twitter en Facebook asook Instagram het sterk volgelingskap op my rekeninge. Ons het nou al heelwat internetvriende in persoon ontmoet en raak betrokke in gemeenskapsontwikkeling.

    Dit is een groot vreugde, een plesier en ek dink dis hoe dit voor die sondeval was.

    Die ding is dat Jesus ons kom herstel het tot in paradystoestand. As jou werk ‘n las is, doen jy dit verkeerd of doen jy dalk die verkeerde ding. Of hoe?

    On 19 Aug 2017 18:47, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Ek is tans besig met Amos Agrimin se 40 dae gebedsfokus > op die landbou oor arbeidsverhoudinge. Die skrywer, Hennie Viljoen, > bevestig dit uit die Woord dat werk nie die gevolg is van die sondeval nie > en dat dit nie sleg en negatief is nie. Werk het wel swa” >

    Like

    1. Ek sien dit ook soos jy dit sien. Soms voel ek dalk minder lus as ander dae, maar solank ek kan, sal ek dit wat God oor my pad bring, na die beste van my vermoë doen. Dankie vir wat jy vir Kaapstad doen. Dalk, net dalk sien die regte persoon dit erndag raak en word jy vergoed daarvoor, selfs meer as wat jy ooit sou hoop.

      Liked by 1 person

  2. Dink sommer nou aan ‘n tyd tussen mielielande waar beide ek en my man deur ‘n diep beproewing gegaan het agv verdraaide praatjies van ander Christene. Toe ek my hart voor God uithuil het Hy die woorde aan my gegee; “Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en WERK rustig voort.
    Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
    Die woord werk het so ‘n vertroosting gebring. Die Here het my daaglikse huisvrou wees as voldoende gesien. Dit was nie nodig om ‘n bediening te hê om aanvaarbaar vir Hom te wees nie. Daardie jare was ek nog nuut in kind van God wees…. nou verstaan ek die genadeboodskap beter.

    Like

Gesels saam, asseblief!