Seën doelbewus

Ons dominee is besig om met ons bybelstudiegroep ‘n reeks te doen oor sewe dinge wat Jesus gedoen het wat Hom geliefd gemaak het, sewe gewoontes wat ons ook kan navolg.

 

Die eerste een was dat Hy tot seën van ander was. Ons word uitgedaag om doelbewus mense te seën, veral dalk op maniere wat in die ander persoon se liefdestaal is, nie noodwendig in ons eie liefdestaal nie.

 

As deel van die uitdaging moet ons ‘n meetbare besluit neem oor hoé ons elkeen dit gaan toepas in die week wat volg. God maak my bewus daarvan dat ek die laaste tyd baie liggeraak is en dus makliker my humeur verloor. Deur meer geduldig met ander te wees, is ek tot seën vir hulle wat saam met my werk.

 

Ons kan op baie maniere ander seën:

 

Ons kan ons tyd en geselskap aanbied aan iemand wat moedeloos en eensaam voel. Ons kan vir ‘n arm vrou en haar kind wat in die reën stap, ‘n geleentheid aanbied en selfs ‘n effense ompad ry om hulle nader aan hul huis te kan aflaai. Ons kan ‘n bakkie oorskietkos vir ‘n duimryer langs die pad gee, of ‘n woord van bemoediging vir ‘n moedelose persoon. Dalk kan ons ‘n klein takie vir iemand doen wat dit nodig het of wat van ‘n drukkie vir ‘n velhonger persoon? ‘n Klein geskenkie of selfs ‘n blommetjie beteken vir iemand baie. Bied hulp aan vir die oorwerkte persoon. Ons kan vir iemand bid.

 

Ek het daarop gekonsentreer om mense te seën en ek dink ek het dit reggekry. Ek kan selfs nog meer doen.

 

Wat van jou? Vir wie kan jy in hierdie week tot seën wees? Ek gaan ook in hierdie week my oë oophou vir plekke waar ek mense kan seën, selfs al voel ek dalk dat hulle dit nie verdien nie. Juis dan, want ek verdien ook nie al die seën wat ek ontvang nie.

 

Come on, don’t be in a trance, start today and begin and bless people! It is worth every effort.

 

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Elke vasgeleentheid is uniek

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap and tagged . Bookmark the permalink.

16 Responses to Seën doelbewus

  1. seegogga sê:

    Dis goed om herinner te word hieveel seeninge mens het om te gee.

    Liked by 1 person

  2. Skeletor sê:

    O ja ag nee kyk wat. Wens net die kerk van vandag wil besef Jesus was baie meer lus om te sëen en lief te hê as wat jy was om te oordeel en verdelg…

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Ooooo ek lief hierdie een; net ‘n glimlag is ‘n seën!!!

    Liked by 1 person

  4. travel460 sê:

    Praktiese uitleef van my geloof, ek hou daarvan. Jy kom herinner my ook aan ñ paar dinge. Dankie Toortsie.

    Liked by 1 person

  5. dromer777 sê:

    Toortsie jou blog en boek is vir my tot seën. Nou wag ons net vir no 2…want ek is hopeloos van die bus af!😣

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s