Daardie slegvoel

‘n Persoon wat dalk goed kan doen op Banting, sê vir my, sy hét dit vir 3 dae gedoen. Dit was VERSKRIKLIK! Sy wou flou val. Sy het gebewe. Dit was sleg, sleg, sleg. Banting werk nie vir haar nie.

Carb flu is ‘n realiteit. Carb flue is verskriklik. Carb flu laat jou wonder, hoekom dit doen, dit wérk nie vir my nie. Banting werk nie vir my nie. Dis nie die moeite werd nie.

Ek, Toortsie weet waarvan sy praat, want ek, Toortsie, was óók baie lief vir soetgoed en brood en aartappels. Ek sou ‘n massiewe patat, in die oond gebak, alleen opeet. Ek sou ‘n hele kastrol vars gekookte beet alleen staan en opeet en bloedrooi poefies. Ek wéét hoe lekker dit is. Jy sou nie sjokolade in my huis kry nie, dis reeds opgeëet!

Die carb flue het ook destyds vir my met al sy mag getref. Ek was naar, het hoofpyn gehad, het opgestop gevoel, wou moed verloor.

Onthou, behalwe die onttrekkingsimptome wat jy beleef, moet jou liggaam nou aanpas by iets heeltemal nuuts. Jou binnewerke moet totaal verander. Jou liggaam was gewoond aan lae vet hoë koolhidrate, nou skielik kry hy nie die koolhidrate nie, terwyl hy skielik ryk kosse moet hanteer en verwerk. Dis genoeg om enige liggaam te ontstel. Wat gaan aan?

Die goeie nuus is dat carb flu regtig oorgaan. By party mense gaan dit vinniger oor as by ander, maar dit gaan oor. Dis soos om deur die Hugenote tonnel te ry. Jy was nou net in die Klein Karoo, dan gaan jy deur ‘n benoude fase in die tonnel met baie uitlaatgasse van lorries en dinge, en skielik is jy in die wynland. Net so!

Al antwoord wat ek dan het? Byt vas! Dis die moeite werd.

En dít sê ek ná 2 jaar en 11 maande van Banting. Dáárdie tyd het die slimmes gesê Banting is nie volhoubaar nie, jy kan dit nie vir langer as 6 maande doen nie, want een of ander belaglike iets gaan met jou gebeur.

Vir my werk dit. Ek kan ongelukkig nie waarborg dat dit vir jou ook gaan werk nie, maar ek kyk steeds nie terug nie.


Groete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

10 thoughts on “Daardie slegvoel

  1. O hel ek ken die gevoel. Ek word so siek dat dit voel of ek liefs agter die stoor uitgesit moet word. Dis egter die moeite werd om uit te hou en aan te hou.

    Liked by 1 person

      1. My man want as ek de-carb dan is ek ‘n monster. Ek sal sommer die kat byt omdat hy vir my snaaks kyk. Teen week 2 is my man al so dik vir my knor gesiggie dat ek dink hy sal dit sien as ‘n act of kindness 😀

        Like

Lewer kommentaar op diewithasie Kanselleer antwoord