Die lewe kan soms by jou verby gaan sonder dat jy dit besef

Ons pendel mos in die week na ‘n plaas tussen die berge.

Aanvanklik was ons regtig afgesonder as ons daar kom. Wag, laat ek eers verduidelik: Daar is baie mense in die buurt, maar ek het hulle mos nie geken nie!

Ek is net in die week daar en dan slurp die plaas se administratiewe werk my in en ek sien amper geen mens nie, nes altyd in die verlede ook maar. Ek loop doen my werk, kom naweke huis toe en skakel dan hier in by die gemeenskap wat ek ken.

Aanvanklik was daar geen selfoonsein, radio, televisie, internet, watter seine jy ook al wil noem nie. Net stilte. Met tyd het ons internet gekry én ‘n internetfoon. Dar het ook ‘n Vodacomversterker opgekom, so ek kan heel gemaklik aangaan met my werk. Kyk, ek sou vóór dit ry totdat ek sein kry en net daar in die pad my internetwerkies doen.

Hierdie week kom die storm en waai iewers’n kragtoring om. Dit beteken toe dat alles af is, die krag, die selfoon, internet, wat ook als. Ná 24 uur is die krag aan, maar die internet nie, daar was ‘n probleem.

Waarnatoe ek eintlik mik: Knysna het sommer naby ons afgebrand en ons was nie  regtig bewus daarvan nie. Miskien is daar ook ‘n stukkie genade betrokke, ek sou só bang wees en eintlik kon ek mos niks doen nie, behalwe bid, natuurlik.

Maar dis steeds nie te laat nie. Ek en jy en elkeen van ons kan dalk ‘n hand van hulp uitsteek deur vir hulle produkte te stuur of finansieel te ondersteun, net om vandag staande te kan bly. Daar is heelwat organisasies waarby ‘n mens betrokke kan raak, tik sommer net Knysna op Facebook in.

Vreemdeling in Jerusalem Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe and tagged . Bookmark the permalink.

10 Responses to Die lewe kan soms by jou verby gaan sonder dat jy dit besef

  1. dromer777 sê:

    Ek kan/wil my nie eers die trauma voorstel nie😢

    Like

  2. AWETHENTIQ sê:

    Ons was die afgelope week in Hermanus. Die oord se kantoordame het gesê dit was vol bespreek vir die naweek. Ons het sewe mense onder by die see gesien. Gisteroggend dop daar ‘n klein leër uit huise wat heeltyd dig toe was. Hulle pak hul tasse en vertrek met stroewe gesigte.

    Ons het twee keer gebraai, iets wat ekself jare laas kon doen. Die storm was kwaai, maar ‘n vulletjie teen 1999 of 1984. Die mense het die mees aanskoulike see gewoon misgeloop. Sensasionele berigte is aangedik en op sosiale media versprei. Die land gons. Min mense wat daar was, het dit egter regtig beleef. Net soos wat hulle Sewende Laan se karakters goed ken maar nie eens weet hoe die bure lyk nie. Dis baie anders as so ‘n stuk of vyftig jaar gelede.

    Onder by die see was dit ‘n skouspel van golwe so hoog soos huise wat teen die rotse kom breek het. Ek het ‘n vissie opgetel. Dis deur die water doodgeslaan. Wie het dit al gesien?

    On 10 Jun 2017 09:42, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Ons pendel mos in die week na ‘n plaas tussen die > berge. Aanvanklik was ons regtig afgesonder as ons daar kom. Wag, laat ek > eers verduidelik: Daar is baie mense in die buurt, maar ek het hulle mos > nie geken nie! Ek is net in die week daar en” >

    Like

  3. Kameel sê:

    My suster se oudste seun wik en weeg of hy permanent in Kanada moet bly…. en besluit om sy huwelik te red deur terug te keer RSA toe. Sy praghuis in Pta word verkoop en ‘n huis teen die bos in Knysna gekoop. Begin van die maand trek hy en sy vrou Knysna toe. Praat van ‘n smeltkroes….. dankbaar om te sê hulle huis staan nog…. mag die huwelik ook bly staan.

    Liked by 1 person

  4. Dit is merkwaardig he Suid Afrika ubuntu uitleef en produkte geskenk word vir Knysna. My suster bly ook in Knysna. Op ‘n satdium het whatsapps ne eers deurgegaan nie maar dankbaar om te se sy en haar eindom het behoue gebly

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s