Hoekom weier ons hulp???

(Hierdie bloginskrywing lê al en stof vergader, hopende om gepubliseer te word sedert April 2011!)

Man en vrou het huweliksprobleme. Vriende sien dit op ‘n afstand. ‘n Blinde voel dit met ‘n stok.

So tussendeur sal iemand wat genoeg moed bymekaar kan skraap, in hulle oor fluister of hulle nie dalk maar met iemand moet praat nie. Of hulle stel ‘n goeie boek voor wat die mense kan lees.

Gewoonlik is altwee net te slim, het nie hulp nodig nie, wil nie met iemand gesels nie, want hulle weet sommer vooraf dat die ander persoon nie sal saamwerk nie. Op die ou end is die twee uitmekaar, huilend.

Wat vir my die ergste is, is dat elkeen dan skielik dít waaroor die ander persoon die hele tyd gekla het, regstel. Gewoonlik is dit dan te laat. (Genadiglik doen hul dit dan wel, al is dit te laat. )

Hoekom is ons so trots? Hoekom weier ons so hardnekkig om hulp te kry? Is ons dan so bang vir wat die ander mense gaan sê? Is ons so bang dat daar gefluister gaan word dat ons probleme het en hulp moes kry??? Is ons selfs banger vir DIT, en eerder gewillig om als waarvoor ons ons hele lewe lank gewerk het, te verloor??

Mense, ons huwelike is uiters belangrik, dis die hoeksteen van ons lewe. Nee, God is die hoeksteen van ons lewe. Ons gesin se geluk en gesondheid hang af van die gesondheid van ons huwelik. Dis nié iets wat ons afskeep en verwag dit moet vanself reg wees nie.

Huwelik is werk. So hard soos ons aan ons beroep werk, net so hard moet ons aan ons huwelik werk. Iemand wat 40 jaar getroud is, sê: We stayed together in good times and bad times. Dís waaroor dit gaan.

En soos dit met enige ding gaan waarvoor jy hard moes werk, jy sal beloon word. Ek belowe jou dit!

Loop kry daardie hulp. Maak reg jou huwelik. Jy sal nie spyt wees nie

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings and tagged . Bookmark the permalink.

6 Responses to Hoekom weier ons hulp???

  1. Daar is tog so baie “”goeie” hulp beskikbaar. Die helpers is meestal opgeleide en profesionele mense. Ongelukkig is dit ook so dat in meeste gevalle die een wat rerig hulp nodig het, is nie gewillig om “hard” te werk vir verbetering of vooruitgang nie.

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Hoor hoor, Toortsie! So bly jy het die stof afgeskud.

    Like

  3. Kameel sê:

    Ek sê altyd grappersgewys dat my kroon in die hemel daagliks groei omdat ek dit in dié huwelik uithou. Almal in ons omgeegroep stem saam met my. Bill gee op ‘n dag die boodskap en dit gaan oor krone in die hemel. Hy sê toe ewe droogweg “Kameel I am sorry to say, but there will not be a crown for

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s